'n
Besondere boek: No
chopping sheep is tydens die Aardklopfees 2006 in die Boeke-oase bekend gestel.
Louisemarié Combrink vertel van die boek en gesels met die kunstenaar,
Ian Marley. |  |
'n
Naam soos No chopping sheep vir 'n boek is nie tipe ding wat homself voordoen
aan gewone mense nie. Daarvoor is iemand soos Joshua Marley nodig. Hy is vyf en
het op sy pa se aandrang probeer sin maak van al die tekens by die ingang van
die Walter Sisulu-botaniese tuin in Roodepoort (dis nou tekens soos "geen
honde", "geen roller-blades", en so aan). Die laaste van die tekens
bevat toe 'n vet boom net 'n byl by. "Look, daddy, no chopping sheep." Ian
Marley was aan die woord by die Boeke-oase waar hy oor die oorsprong van sy tweede
artist's book gesels het wat deur Corina van der Spoel beskryf word as uniek en
besonders. Ian beskryf die proses van boekmaak, maar staan eers stil by
kunsmaak. Vroeër, vertel hy, sou hy epiese kunswerk maak wat hy gevoel het
sou inskakel by die een of ander "hogere" diskoers van die kontemporêre
kunswêreld, en sou hy deur kuns, kritiek lewer op die euwels van die mensdom.Nadat
Joshua sy opwagting gemaak het, het sy werk heelwat meer begin fokus op sy privaatwêreld
en sou hy die pret van kunsmaak herontdek. No chopping sheep is 'n
boek wat aanvanklik as kinderboek gekonseptualiseer is, maar Ian erken dat sy
sin vir humor - saam met Joshua se verbeelding - 'n paar makabere draaie gooi
("I've got a real sick sense of humor...") sodat die eindproduk eintlik
'n prenteboek vir volwassenes is. 'n Boek van vier-en-'n- half meter by 10 cm,
gelamineer, opgerol, in 'n blik. Teen R690 en slegs tien kopieë, ook 'n versamelaarsitem.
Vertel van hoe die boek begin het
Om
hierdie boek te druk - vier en 'n half meter - was nie 'n grap vir die drukkers
nie, en toe was die boek reeds afgeskakel van ses-en-'n- kwart meter by 13 cm.
Ek's nie baie logies nie. Ek doen hierdie goed en moet later die tegniese probleme
uitsorteer. Joshua se gesegde van "No chopping sheep" het gedagte laat
ontstaan, en ons het saam die storie ontwikkel oor tyd. Hoe
verloop die storie?
Die storie begin by reuse-byl soos die een
op die teken waar die naam vandaan kom. Daar's skapies wat oor die veld hardloop;
hulle is op 'n missie want hulle moet deur die landskap kom sonder om opgekap
te word deur byle wat oral op hulle jag maak.
Little Bo-Peep is te sien
sonder 'onderware' (die Engelseman se manier van praat). Die skape word dan opgekap
(op die prent is die skape soos polonie gesny). Die gekapte spring dan in 'n ondergrondse
skaapherstelwerkswinkel. Hier word hulle herstel. Die segmente word vasgewerk,
maar die werkswinkel word deur wolwe bedryf en daarom word van hulle ledemate
gesteel en van hulle wol ook. Die gesteelde wol word verwerk in kledingstukke
vir die wolwe, wat gesien word op 'n wasgoedlyn. Daar hang 'n woldeurtrekkertjie,
'n balaklawa, 'n hele skaappakkie, asook 'n skaap. 
Die
wasgoedlyn word beman deur 'n aasvoël. Daarnaas is 'n bord wat aandui: No
refunds. As jy nie ordentlik reggemaak is nie, is dit "tough".
Die
arme reggemaakte skape se uitmergeling is nie oor nie. Eers hol hulle verby 'n
boom met wolf spiders. Dan is daar wolwe in skaapsklere wat die skape wat oorbly,
oor 'n krans jaag. Al die skape wat oor die krans hardloop, word gevang in 'n
wolfmasjien, wat halfdier, halfmasjien is. Hierdie masjien verwerk die skape dan,
hulle word skaapengeltjies met vlerke of ouma se skaapwors. (Dis nie die hele
storie nie - koop die boek vir die res!) Wat van
dit van 'n mens om so 'n boek te maak?
My boeke gebeur in die
winter as dit te koud is om in die studio te werk. Ek sit voor die TV en teken.
Hierdie boek bestaan uit 11 tekeninge (dis behalwe 'n hele hoop konseptekeninge)
wat so 10 ure elk gevat het. Toe ek die goed ge-scan en op Photoshop begin aanmekaarsit
het, het ek opgehou boekhou van hoeveel werk daarin gegaan het, want dit het baie
langer gevat as die tekenwerk.
No chopping sheep is beskikbaar by
Ian Marley. Kontak hom by: GFOIRM@puknet.puk.ac.za 
Ian
Marley met sy kunstenaarsboek Dyslexic Alphabet. |