|
|
| (Ver)jaarverslag
- Storiewerf ná vier jaar |
| Franci
Greyling |
Storiewerf
is in April 2004 vier jaar oud, en dis 'n goeie tyd om bietjie verslag te lewer
en voorraad op te neem.
Storiewerf is 'n webtuiste
vir die bevordering van plaaslike (veral Afrikaanse) kinder- en jeugboeke en jong
skryftalent, met as bykomende doelstelling die bevordering van Afrikaans op die
Internet. Dit is aktief sedert April 2000. Die
webtuiste bestaan uit twee dele. Die afdeling vir volwassenes bevat in hoofsaak
inligting, terwyl die afdeling vir die jongklomp ook geleentheid vir kreatiewe
deelname bied. Nuwe afdelings en inhoud word na behoefte bygevoeg.
-
Storiewerf
bestaan tans uit 28 onderafdelings en ongeveer 420 bladsye. -
Die maandelikse
nuusbrief word aan ongeveer 450 intekenare gestuur. -
Meer as 40 kinder/jeugskrywers se besonderhede is reeds in Skrywers opgeneem,
en 16 onderhoude is in Kuierby met skrywers gevoer. -
In 2003
is die afdeling Navrae bygevoeg en Oondvars herstruktureer. -
Die Vonkelfiksie-skryfkompetisie
is, met Lapa en Tafelberg as borge, vir die derde keer met sukses aangebied. Die
wenverhale in op Vonkelfiksie geplaas. -
'n Bangmaakstorie-kompetisie is saam met Louise Prinsloo hanteer. Bydraes hiervan
is in Grilgrot! en Versfabriek geplaas. -
Ten minste 50 boeke geborg deur Tafelberg, Human & Rousseau en Lapa Uitgewers
is in 2003 as pryse in verskeie kompetisies weggegee.
Storiewerf
word deur 'n wye verskeidenheid gebruikers besoek, waaronder skole. Buitelandse
besoeke kom veral uit Nederland (7%), België (4%), Italië, Namibië
en Nieu-Seeland. Kommentaar van gebruikers getuig van
die waarde wat Storiewerf vir hulle het. Gedurende 2003 is 225 866 bladsyversoeke
ontvang ('n gemiddeld van 18 822 per maand en 618 per dag). Konstante groei vind
plaas. In November 2003 is gemiddeld 794 bladsye per dag versoek. (Statistiek:
Report Magic.) Storiewerf
is die intellektuele eiendom van Franci Greyling. Sedert 2003 word dit ook aan
die Vakgroep Skryfkuns en die Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PU vir CHO)
gekoppel. Hierdie assosiasie het wedersydse voordele, waar onder bemarkings-,
publikasie-, dienslewering en navorsingsgeleenthede. Die eienaarskap bly egter
onveranderd. Verskeie
medewerkers verskaf op vrywillige grondslag inhoud en inligting. Gereelde
medewerkers is onder andere Martie Preller (Balkie), Marianna Brandt (Haasbekkies)
en Maritha Snyman (resensies) en Jaco Jacobs (onderhoude). Uitgewers betrokke
is Lapa Uitgewers (Miemie du Plessis) en NB (Louise Steyn en Carina Diedericks-Hugo).
Die grafika is deur Piet Grobler gedoen. Skryfkunsstudente van die Noordwes-Universiteit
lewer ook bydraes. Op die Jongklomp se deel word kreatiewe bydraes van die jong
skrywers geplaas. Die
bestuur en onderhoud van Storiewerf behels -
Skakeling met skrywers, uitgewers en ander medewerkers -
Skep, verkryging en redigering van inhoud -
Skep en manipulering van grafika -
Ontwerp en bou van bladsye en plasing op Internet -
Administrasie van kompetisies -
Hantering van navrae en deurgee van bestellings -
E-poslys en nuusbriewe -
Bemarking Bemarking
word op verskeie wyses gedoen. In 2003 is onder andere die volgende geleenthede
gebruik: -
Maandelikse nuusbrief -
Radio-onderhoud op Wêreldboekedag -
Boekmerkies en uitstallings by geleenthede soos Aardklop en konferensies -
Referate
waarin Storiewerf as illustrasiemateriaal gebruik is, is op twee konferensies
gelewer, nl. IRSCL (Noorweë) en SA Kinderboekkonferensie (PUK).
Kommentaar
van gebruikers wys dat Storiewerf in 'n behoefte voorsien en tot 'n groot
mate in sy doel slaag: Ek
wil net lees, lees, lees!!!!! Baie dankie vir Storiewerf op die WEB. Skep vir
ons nog meer lees pret en leesgenot. Dit is wonderlik om in ons mooiste Moedertaal,
Afrikaans te kan lees en ons kennis te kan verbreed. Louise Conradie (12) Ek
wil net sę ek dink die webblad van julle is baie opwindend! Ek is mal oor lees
en dit is vir my verskriklik lekker om al die nuutste boeke hier op die webblad
te kyk. Ek dink julle is uitstekend!!!! Sumari Marais (12) Ek
sien my bydrae is aangeteken op Storiewerf, en dit is baie, baie, nogmaals baie
wonderlik. Ek geniet dit om op Storiewerf te werk dit is wonderlik. Danie van
der Walt (13) My
naam is Nico, ek is 10 jaar oud en ons bly in Australia. Dis lekker om Afrikaans
op Storiewerf te lees. Dit
was so wonderlik verfrissend toe ek julle tuisblad oopmaak en die wonderwęreld
van lees weer soos 'n kind kon ervaar. Maryna Niemand. Dit
voel of ek 'n pot goud ontdek het met die webwerf. Ek is 'n onderwyseres en altyd
op soek na inligting. Groete uit die Langkloof. Riana Ferreira.
Dis 'n heerlike webwerf,
lyk aanloklik en sal sweerlik selfs lui lesers aanspoor om 'n boek te gryp. Baie
dankie vir julle geesdrif en harde werk om kinders aan die lees te kry en aan
die lees te hou! Marita van der Vyver. Ek
wil julle komplimenteer met julle webruimte. Dit was so lekker om hier te wees
en 'n geweldige maklike werf. Ek het nie verdwaal soos in so baie ander plekke
nie, al wat verdwaal het was die tyd wat ek hier spandeer het! Glo my ek sal gereeld
inloer. Nickey Pelser Ons
kry eintlik verbasende navrae van mense wat van ons via Storiewerf verneem het,
o.a vanaf Queenstown, Senekal en selfs een uit Texas! So dis duidelik dat mense
jou webwerf besoek en dat daar reaksie kom. Anna Spaarwater, Listeners' Library
Pretoria. Ek
is 'n finale jaar student in Onderwys. Dis altyd lekker om te sien watter boeke
nuut op die mark is en wat ek kan aankoop om te gebruik in die klas eendag. Dankie
vir julle puik webblad. Deandra Marais. Storiewerf
het nou vandag my Blou Maandag opgekikker. Al die stories op dié werf, maak my
werf hier by die Puk en by die huis so vol lekker stories. Nou is ek ook sommer
lus en van on-erdse dinge aan, soos boomklim! Doe so voort! Etta de Beer. |  | |
Franci Greyling is sedert Junie 2002 verbonde aan die Noordwes-Universiteit | | Terug
na Dinkskrum |
 |
|