|
Alet woon in Pretoria saam met haar man Nic, haar seuntjie Adriaan en tienerdogter,
Christine. Sy is mal oor diere. Sy het vier katte en vier honde en sal enige tyd
nog katte wil hê. Sy is ‘n Afrikaansonderwyseres in die hoërskool, maar hou nie
nou skool nie. Sy is mal oor donker sjokolade, tienerboeke lees, skryf en Rock-
en alternatiewe Afrikaanse musiek. Verder maak sy graag tuin en kyk dikwels goeie
flieks (want sy is ‘n sucker vir ‘n goeie storie). Saamskryf Alet
en Nerine Ahlers het begin saamskryf toe hulle besef het dat daar nie genoeg lekker
tienermeisieboeke op die mark is nie (dit was voordat Maasdorp en Reënboogrant
herdruk is). Hulle skryf die tienerboeke altyd saam. Nerine tik op haar skootrekenaar
en hulle praat saam en besluit woord vir woord wat om te skryf. Dit is ‘n ongelooflik
opwindende ding om so saam te skryf. ‘n Mens druk mekaar verder as wat jy as individu
sou dink of waag. Dit veroorsaak dat die karakters en situasies by enige persoonlike
ervarings verbygroei. Die twee boeke wat reeds verskyn het, is - Selfone,
skelms en sjokolade - 2006 (Lapa)
- SMS’E, skurke en spinnekoppe - 2007
(Lapa)
|