|
Christiaan Frederik Beyers-Boshoff op Potgietersrus gebore. Hulle
verhuis na Pretoria waar hy sy skoolloopbaan by die Afrikaanse Hoër
Seunskool voltooi. Aan die Universiteit van Pretoria ontmoet hy
sy vrou, Petro Maritz. Hulle het vyf kinders. As professionele en
kommersiële skrywer was sy werkywer legendaries - tot agtien uur
per dag.
C.F. Beyers-Boshoff het tientalle tydskrifverhale, kortverhale
en ontspanningsromans geskryf wat grootliks bygedra het om boekklubs
en 'n uitgewery soos J.P. van der Walt en Seun Edms. (Bpk.) te vestig.
Veral verwerf hy bekendheid vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling,
Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke,
Catch me a dream en Karate Olympia is in Amerika verfilm en versprei.
Hy het ook televisiedraaiboeke vir die Amerikaanse mark geskryf.
Duisende kinders onthou hom vir sy Jasper-reeks wat hy glo, sommer
oor die skouer, vir sy sekretaresse gedikteer het. In die Jasper-reeks
(1959 -1976) verskyn 8 titels . Die meeste van die titels het 'n
paar herdrukke beleef.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
|