|
Christien Neser (neé Lilian Christien Brink)
is op 22 Nov 1956 in Pretoria gebore. Sy bring haar laerskooljare
in Bloemfontein deur en matrikuleer aan Menlopark Hoërskool,
Pretoria.
1975 - na Tukkies om Spraakterapie te studeer
1978 - behaal die graad BA (Logopedika)
1979 - begin werk as Spraakterapeut in diens van
die Onderwysdepartement; 3 maande na Parys, Frankryk om by onder
prof Hecaen te studeer in breinbesering en rehabilitasie.
1979 - trou in Parys, Frankryk, met Thys Neser
80's - gaan woon in Sandton, 3 kinders word gebore
(Louise, Michael en Chris); maak kinders groot en doen deeltyds
spraakterapie, studeer aan UNISA vir 'n BA in Linguistiek.en Frans
1995 - intensiewe taalkursus (Letterkunde) aan die
Université Catholique d'Angers, Frankryk, gedurende September
1996- BA Hons in Frans (cum laude) UNISA
2000, 2001, 2002, 2005, 2008 - skryf revues vir
Bryanston Parallel Medium
2002- voltooi kursus in Kreatiewe skryfkuns by
RAU
2003 - MA (Toegepaste Linguistiek) cum laude (RAU)
- studietema: Vertaling en verwerking van die fabels van La Fontaine
- begin om die fabels te gebruik as deel van 'n taalverrykingsprogram
vir graad Een leerders.
2005 - skryf in vir kursus in Duits by die Goethe
Institut.
2006 - voltooi Zertifikat Deutsch by Goethe Institut
2007 - sit Franse studie voort; Romanse skryfkursus
van die ATKV, Potch (September),
2008 - leer basiese Spaans en stap die Inka roete,
skryf DisneyToyi-Toyi (blyspel)
2009- Kinderboekskryfskool, Woordfees, Stellenbosch;
Kondensmelk, 'n jeugverhaal, word gepubliseer deur Lapa; Optelgoed
word opgeneem in Sweef (Lapa).
Voorliefdes: my man en kinders, tale, skryf,
lees, Britse humor, Franse flieks, sudoko, ons stoute Jack Russels,
vakansies in ongerepte plekke, vriendinne, stap, ski, tandem- en
bergfietsry.
Publikasies:
- Kondensmelk (2009) 'n jeugverhaal word gepubliseer deur
Lapa;
- Optelgoed word opgeneem in Sweef (Lapa)
- Koshuiskoffie (2011) Lapa
|