|
Die Boekprinses (1996), Joubert se eerste kinderboek, is
'n moderne sprokie waarin Siemoeraaia en haar seunsmaat, Tinnik,
allerlei opwindende avonture beleef. 'n Pers arend met likkewaanpote
verskyn op 'n dag op die speelgrond en ontbied die twee kinders
na Lowerdal, die koninkryk van Prinses Sonduin. Lowerdal is in die
mag van die bose prinses Spinnenag en die enigste manier om dit
te verbreek, is om die tande van Prinses Sonduin se goue kam op
te spoor. Saam trotseer die twee kinders buitengewone gevare om
die koninkryk te red en ontmoet hulle in die proses 'n verskeidenheid
wonderbaarlike en bekoorlike wesens.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
|