|
Eleanor Elizabeth Baker is gebore op 21 Augustus 1944. Sy behaal
haar meestersgraad in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria
cum laude. Sy gee aanvanklik onderwys, maar skryf later voltyds.
Weens haar man se beroep, bring sy en haar gesin lang periodes oorsee
deur, o.a. in België, Nederland en Kanada. Hulle het twee kinders.
Baker debuteer in 1972 met Wêreld sonder einde en
sedertdien het daar verskeie romans uit haar pen verskyn, waaronder
Die nes (1995), Verbeelde werklikheid (1996) en Weerkaatsings
(1984). Laasgenoemde is in vyf tale vertaal.
Die roman bly Baker se gunsteling genre, maar sy waag ook haar
hand aan ander genres waaronder draaiboeke en jeugboeke. Sy ontvang
die Scheepersprys vir jeuglektuur vir Daar is spore op die maan
(1991).
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- 'n Bootjie oor die see (1982)
- Die Nels van Groenewoud (1983)
- Daar is spore op die maan (1991)
Scheepersprys vir jeuglektuur vir Daar is spore op die maan
(1991)
|