|
Op ongeveer 10-jarige ouderdom wen ek 'n limeriek kompetisie in
Die Huisgenoot, die limeriek word in Huisgenotjies geplaas en ek
ontvang met trots 'n tjek van R5.
Op daardie stadium was ek reeds aan die skryf en het baie papier
gemors. Met die grootmaak van my dogter het my skryfwerk begin fokus
op kinderrympies en verhale.
Liefde vir diere, die bewaring van die natuur, avontuur en die pret
van reis bly sentrale temas in al my werk. Ek doen baie navorsing
oor alles waaroor ek skryf en meng my stories met ware feite. Die
seerower stories, byvoorbeeld, is al twee gebaseer op regte karakters
en die ware geskiedenis van seerowery in die Indiese Oseaan.
Ek glo dat die wetenskap net so wonderlik is as enige fantasie en
dat die wêreld n baie opwindende plek kan wees, as jy net
jou oë oophou.
Kwalifikasies: MBChB, MMed (Microbiol.Path) cum laude, FC Path
(SA), DPhil (Social Science Methods)
Beroep: Hoofspesialis en Professor in die Afdeling Geneeskundige
Mikrobiologie, Departement Patologie, Stellenbosch Universiteit
en Tygerberg Hospitaal
Gepubliseerde werk:
Boeke
2009: Meerkat restaurant en ander diererympies, LAPA
2010: Speurhond Willem op reis, Tafelberg uitgewers
2011: Speurhond Willem en die Seerowers, Tafelberg uitgewers
2011: Anna Atoom en die Seerower se Dolk, Tafelberg uitgewers
2011: Speurhond Willem en die Wilddiewe, Tafelberg uitgewers
Bydraes tot bundels:
2009: Nuwe Kinderverseboek, Tafelberg uitgewers (drie kinderrympies)
2010: Sweef. LAPA (kortverhaal)
2010: Toulopers, LAPA (twee gedigte vir tieners)
Werk reeds in die publikasieproses:
2012: Speurhond Willem in die Ruimte, Tafelberg uitgewers,
vir vrystelling in Februarie
2012: Anna Atoom en die Magnetiese Meermin, vir vrystelling
in die eerste helfte van die jaar.
Beplande skryfwerk vir 2012:
Die Engelse vertaling van die Anna Atoom reeks, sowel as die derde
en finale boek in hierdie reeks.
Speurhond Willem in New York, Speurhond Willem in die Amasone.
Kompetisies amper gewen:
2009: Speurhond Willem op reis kom tweede in die Kleinburger
se jeugverhaal kompetisie.
In 2010 word die werk genomineer vir die M.E.R. prys vir jeugliteratuur
|