|
Elkarien is op Ermelo gebore en het daar gematrikuleer. Na skool word sy 'n
Tukkie en bly met tussenposes een omdat sy 'n ewige student is. Sy studeer eers
vir 'n BA en doen daarna honneursgrade in Sielkunde en Afrikaans. Sy het
by Beeld, Die Burger en later as vryskutjoernalis vir verskeie publikasies gewerk,
onder meer Rooi Rose, Loerie en vir Tukkie-tydskrifte. Sy het sowat agt
jaar in die buiteland gewoon waar haar man as diplomaat in Engeland, Oostenryk
en die VSA gewerk het. Sy het 'n ruk lank Afrikaans aan die Universiteit van Wenen
gegee. In 2003 voltooi sy haar meestersgraad in Afrikaans voltooi. Haar
eerste jeugroman, Dans op die rand van die krans, het in Desember 2002
by Protea Boekehuis verskyn. Tans is sy 'n deeltydse dosent by die Eenheid
vir die Ontwikkeling van Taal aan die Universiteit van Pretoria. Sy het
drie kinders, wat aan die Universiteit van Bradford in Engeland, Tukkies en as
matrikulant aan die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria studeer. Haar
liefdes is letterkunde, teater, fliek, reis, voetslaan. |