|
Elsa Meiring Hamersma word in Pretoria groot waar sy ook 'n BA-graad
aan die plaaslike universiteit behaal. Sy verwerf 'n Hoër Onderwysdiploma
en 'n M. Ed.-graad met lof. Aan die Randse Afrikaanse Universiteit
behaal sy 'n doktorsgraad in linguístiek. Haar spesialisgebied
is tweedetaalonderrig, Afrikaans, sowel as Engels. Sedert 1990 is
sy ook betrokke by tweedetaalonderrig aan volwassenes aan die RAU.
Elsa Hamersma skryf ook kortverhale vir tydskrifte. Sy hou van naaldwerk
en reis, is getroud met André Hamersma en het drie kinders.
Die teken van Crux (1997) is wetenskapsfiksie en speel af
aan die einde van die twintigste eeu. Die sestienjarige sendelingdogter,
Mia Basson, wen 'n internasionale opstelwedstryd, wat haar en nog
ander wenners van dwarsoor die wêreld na Washington in die
VSA neem om onder andere om aan 'n TV-debat deel te neem en die
Amerikaanse president te ontmoet. Hier raak haar lewe op 'n vreemde
wyse verweef met dié van die Centauriërs, welwillende
besoekers van 'n ander sonnestelsel, wat besig is met 'n studie
oor die primitiewe aardlinge. Hamersma het ook die Sanlamprys vir
dié roman ontvang.
Later ontvang sy ook 'n tweede prys in 'n wedstryd van FNB/Kagiso-uitgewers
vir die ongepubliseerde Die hart van Hillbrow.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Die teken van Crux (1997)
- Die hart van Hillbrow
Sanlamprys vir Die teken van Crux (1997)
Tweede prys in 'n wedstryd van FNB/Kagiso-uitgewers vir die ongepubliseerde
Die hart van Hillbrow.
|