|
Engela van Rooyen
(Linde) is op 11 Augustus 1939 gebore te Kakamas teen die Oranjerivier (Grootrivier)
in die distrik Kenhardt (Kaap-Kolonie). Haar voorouers was pionier-koloniste in
'n besproeiingsnedersetting. Die
skryfster het plaaslik skoolgegaan en is vir verdere studie na Stellenbosh vir
'n B.A.-graad en onderwysdiploma. In latere jare, tydens 'n verblyf op Potchefstroom,
het sy B.A.-Honns en 'n M.A. aan die PU vir CHO verwerf. Engela
van Rooyen het reeds as student begin publiseer, en het gedurende die eerste jare
uitsluitlik tydskrif- en radiowerk gelewer. Twee van haar radiohoorspele is met
pryse bekroon. Haar eerste roman was Die Wenteltrap. Sy publiseer 22 jeugverhale
waarvan sommiges wyd voorgeskryf is, en talle ligter werke onder die name Engela
Linde, Louisa du Toit en Barend Bornman. Etlike
van haar jeugboeke is wyd voorgeskryf vir gebruik in skole. Haar
jongste en honderste publikasie is Vuur op die Horison - 'n verhaal wat
in hoofsaak oor die Anglo-Boereoorlog handel. Engela
van Rooyen is getroud met 'n predikant. Die egpaar het vier kinders en ses kleinkinders.
Hulle woon sedert hul aftrede in Pretoria. Publikasies:
Jeug- en kinderboeke Tafelberg
- Kaboep en Koer
- Gesie
van Sonsig
- Gesie
maak lig
- Gesie
in Villa Musica
- Gesie
in diep water
- Middelmannetjie
- Die
môreboom
- Die
duiwe van Botala
Jutalit
- Jat kry vlerke
- Die
Niemands van Langelaan
Human
& Rousseau - Joepie
maak plek
- Jan
Môre en die hamer /
Johnny Later & his hammer
Daan
Retief - Koenie
se ontdekking / Stevie's treasure
- Die
ding /The thing
- Die
koning/boswagter en die reënboog / The king, the forester and the rainbow
- Spore
/Tracks
- Die
nuwe woud / The new forest (Ook vertaal in Xhosa, Setswana en Zoeloe)
Perskor
- Omkeer op Wolwekop
- Janie
in Akkerhof
Aktua NGKBH
- Die kokkewiet
roep
- Figure
uit die Nuwe Testament
|