|
Ettie Bierman is 'n gebore Johannesburger wat by die Onderwyskollege
in Pretoria drama studeer het. Sy hou 'n paar jaar skool en word
toe lugwaardin. In 1971 begin sy voltyds skryf. Sy is getroud met
Roelf van Rensburg, self ook jeugboekskrywer en voormalige uitgewer.
Hulle het afgetree en bly tans op Chrissiesmeer.
Haar eerste roman, Waardin in die wolke (1973) beskryf sy self
as 'n eiesoortige biografie (Bierman, 2000). Daarna volg meer as
honderd ontspanningsomans en 21 jeugboeke wat die gewilde Bienkie-reeks
(1987 - 1988) insluit.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Armaansie (1979)
- Bienkie-reeks
- Dingo (1996)
- Eenspoor (1981)
- Elke hond kry sy dag (1975)
- Leeu, leeu hoe laat is dit? (1976)
- September (1984)
- Sommer net Sam (1985)
- Tien en elf (1979)
- Waardin in die wolke (1973)
- Wreker (1986)
|