|
Fanie Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het in 1987 gematrikuleer
aan Goudveld Hoërskool. Daarna het hy vir twee jaar diensplig
gedoen. Hy skilder en skryf voltyds.
Die skryfgogga het op skool al gebyt, maar het 'n ruk lank doodgeloop.
Dit was eers van 1998 dat hy weer begin skryf het. As mens 'n afleiding
kon maak uit al die Nee-dankie briefies van die uitgewers en tydskrifte,
was dit dalk eerder 'n gerondploeter as 'n geskryf.
In 1999 kom daar toe 'n paar skryfsuksesse terwyl hy in die Kaap
bly. Sy eerste kortverhaal word in Sarie gepubliseer en hy word
aangewys as is 'n finalis in die De Kat, Human & Rousseau kort-kortverhaal
kompetisie.
In 2000 trek hy Bloemfontein toe en nog kortverhale word gepubliseer.
Een van sy radiodramas, Die Losprys word ook in daardie jaar bekroon
met die tweede plek in die Sanlam/RSG radiodrama kompetisie vir
beginners.
In 2002 word nog 'n radiodrama, Oupa Rooijan kry 'n girlfriend uitgesaai
op RSG. Aan die einde van 2002 word, Agter geslote deure, ook 'n
radiodrama bekroon met die tweede plek in die Sanlam/RSG radiodrama
kompetisie vir ervare skrywers.
Sy eerste boek, Slym, word in 2004 gepubliseer by Lapa Uitgewers.
Dit vertel die verhaal van die eerste wurm wat in 'n paddakonsert
optree.
Die volgende boeke het alreeds uit sy pen verskyn:
- Klou - 'n superheld met kolle (2011) Lapa Uitgewers
- Nova: Vuurdoop (2011) Lapa Uitgewers
- Nova: Die Begin (2010) Lapa Uitgewers
- MindF**k (2010) Ransom Publishing
- 13 Spookstories - saam met medeskrywers Francois Bloemhof
en Jaco Jacobs (2010) Lapa Uitgewers
- Slym en die beker van geluk (2009) Lapa Uitgewers
- Kaptein Hamerkophaai (2009) Tafelberg Uitgewers
- Onderwêreld (2008) Tafelberg Uitgewers
- Die geheime bestanddeel in Petra Pienk se piesangbrood (2008)
Human & Rousseau Uitgewers
- Klits Kronkel en die Vloek van die Swart Jakkals (2008) Tafelberg
Uitgewers
- Miserella (2007) Human & Rousseau Uitgewers
- Klits Kronkel en die Vlammende Swaard (2007) Tafelberg Uitgewers
- Slym en die Gogga-sirkus (2007) Lapa Uitgewers
- Geraamte in die klas (2006) Human & Rousseau Uitgewers
- Spoke en ander gruwelike goed (2005) Human & Rousseau
Uitgewers
- BreinBliksem (2005) Tafelberg Uitgewers
- Slym (2004) Lapa Uitgewers
|