|
Freda Linde is
gebore op Swellendam en het grootgeword op haar ouerplaas tussen Bonnievale en
Swellendam, 'n pragtige omgewing wat die agtergrond vorm van haar eerste boek,
Terug na die Mimosas, 'n bundel essays en sketse. Letterkundiges
van destyds soos proff. F.E.J. Malherbe en Gerhard Beukes het in hul besprekings
in die pers in in Ons Eie Boek die werk as iets nuuts in Afrikaans verwelkom.
Vandag is dié 'baanbrekersbundel' egter so te sê vergete en is Freda
Linde tot buite die landsgrense bekend as kinderboekskrywer. Daar
het 32 boeke van haar verskyn, waarvan 29 kinder- en jeugboeke is. Haar eerste
kinderboek wat in 1959 verskyn het onder die titel van Swiera van die Waterkant
word deur dr. Lydia Snyman beskryf as "die eerste kinderboek in Afrikaans
met 'n simboolstruktuur". Sy
ontvang in 1965 die C.P. Hoogenhout-toekenning vir haar kinderboek Snoet-Aleeen,
maar dis eers agt jaar later, in 1973, dat sy talle toekennings begin kry. Sy
is o.a. vyf keer bekroon deur die S.A. Akademie vir Wetenskap en kuns en vier
keer deur SAIBI en is verreweg die mees bekroonde kinderboekskrywer in die land.
Freda
se joernalistieke loopbaan begin in 1937 by die Unie-Volkspers se koerant Die
Suiderstem, waar Uys Krige voor hy oorlogskorrespondent geword het, haar aangemoedig
met haar skryfwerk. Sy skryf later baie essays, sketse en gedigte onder skuilname
soos J. van Velden e.a. vir die U.V.P. se tydskryf Die Naweek. Einde
1954 volg sy vir Audrey Blignault op as redaktrise van Die Huisvrou tot sy in
1960 'n redaksiepos by HAUM aanvaar. In 1964 word sy uitgewersredaktrise vir John
Malherbe, destydse uitgewer van kinderboeke, en redigeer Afrikaanse vertalings
van oorsese bekroonde boeke. Sy
besluit einde 1971 om permanent te vryskut en besoek Namibië (destyds nog
Suidwes) 'n paar maande later. Hierdie besoek word die inspirasie vir haar drie
keer bekroonde boek, Die Singende Gras. Hoewel
geëtiketteer as kinderboekskrywer, skryf sy wel af en toe vir volwassenes
en bydraes van haar is opgeneem in dertien Afrikaanse prosaversamelings. Ook poësie
is nog steeds 'n belangrike deel van haar lewe. Sy
was sekretaresse van die Ingrid Jonker Gedenkfonds vir die aanmoediging van jong
digters sedert die ontstaan daarvan in 1965 tot 1971. Sy
het meer as 150 kinderboeke van buitelandse skrywers, hoofsaaklik prenteboeke,
in Afrikaans vertaal vir plaaslike uitgewers. Van haar oorspronklike boeke het
ook 'n aantal in vertaling verskyn - oorsee sowel as plaaslik. Publikasies
- Terug na die
Mimosas - 1944 (Unie-Volkspers) Essays en sketse
Hersiene en vergrote
uitgawe - 1958 (HAUM) - Swiera
van die Waterkant
- 1959 (HAUM)
Heruitgegee as Vlug na Sonnige Oewer - 1982 (Qualitas) - Vreemdeling
in my stad
- 1962 (Tafelberg-Uitgewers) Essays
- Die
Rooi Haan - 1963 (Simondium)
- Snoet-Alleen
- 1964 (John Malherbe
- As
jy kan fluit op hierdie maat
- 1964 (John Malherbe) Verse vir kinders
- Dakkuiken
- 1965 (John Malherbe)
- Botter-aas
- 1966 (John Malherbe) Prenteboek
- Die
Stadmusikante
- 1967 (John Malherbe) Prenteboek
- Ken
Jy die Kierangbos
- 1967 (John Malherbe)
- Stadsmuis
en Veldmuis - 1969 (John Malherbe) Prenteboek
- Maraaia
Prima-donna - 1970 (John Malherbe)
- Jos
en die Sog - 1971 (John Malherbe)
- Jos
en die Bok - 1972 (John Malherbe)
- Jos
en Klos - 1973 (John Malherbe)
- Die
Kraai wat Jantjie was - 1973 (Tafelberg-Uitgewers)
- Die
Singende Gras
- 1973 (Tafelberg-Uitgewers)
- By
die oog van die Fontein -
1974 (Human & Rousseau) Berymde spreuke
- In
die Boog van die Sekel - 1975 (Tafelberg-Uitgewers)
- Die
Kokkewiet en sy Vrou - 1977 (John Malherbe)
- Die
Sirkus - 1979 (Die Kinderpers van S.A.) Rympies
- Die
Gesiglose e.a. Eenbedrywe - 1980 (HAUM) Vir volwassenes
- 'n
Tuiste vir Bitis - 1980 (Qualitas)
- Mevrou
Hesseltein se Duiwe - 1985 (Tafelberg-Uitgewers)
- Strepie
en Kurfie - 1987 (Qualitas)
- Die
Fluitspeler - 1987 (Daan Retief-Uitgewers)
- Maanwys
- 1989 (Anansi) Prenteboek
- Pienke
- 1991 (Daan Retief-Uitgewers)
- 'n
Vlieër in die Wind - 1998 (Anansi)
- Eenders
en Anders - 1999 (Tafelberg-Uitgewers)
Oorspronklike
boeke wat in vertaling verskyn het - Das
Taubschen auf dem Dach - 1968 (Schwabenverlag, Stuttgart)
- Toto
and the Aardvark
- 1969 (Doubleday & Co., New York)
- The
Red Rooster - 1969 (Constantia-Uitgewers, Kaapstad)
- The
Musicians of Bremen
- 1972 (John Malherbe, Kaapstad)
- Flucht
in die Wuste - 1978 (Thienemanns, Stuttgart)
- The
Singing Grass - 1975 (Oxford University Press, Londen)
- Jesha
- 1978 (Gamsberg Uitgewers, Windhoek)
- !
Nais kha Namib !oa - 1979 (Gamsberg Uitgewers, Windhoek)
- Schnuffel
- 1981 (Maierverlag, Ravensburg)
- Maraaia
Prima donna, the Story of a Street-cat
- 1982 (John Malherbe, Kaapstad)
- The
Flute Player - 1987 (Daan Retief Publishers)
- The
Princess of the Park - 1988 (Dias Publishers)
- Polly
Pink -
1991 (Daan Retief Publishers)
- Mrs
Hesseltine's Pigeons
- 1988 (HAUM, Pretoria)
Bekronings
- 1965 - C.P. Hoogenhout-toekenning
vir Snoet-Aleen
- 1973
- Tienie Holloway-medalje vir Jos en die Bok
- 1974
- C.P. Hoogenhout-toekenning vir Jos en Klos
- 1974
- Scheepersprys vir jeuglektuur vir Die Singende Gras
- 1975
- C.P. Hoogenhout-toekenning vir By die Oog van die Fontein
- 1976
- W.A. Hofmeyrprys vir Die Singende Gras
- 1978
- C.P. Hoogenhout-toekenning vir Die Kokkewiet en sy Vrou
- 1983
- Scheepersprys vir jeuglektuur vir 'n Tuiste vir Bitis
- 1985
- Tienie Holloway-medalje vir Die Keiserkroon
- 1989
- Alba Bouwer-prys vir Strepie en Kurfie
- 1990
- Goue medalje van die Namibiese Kinderboekforum vir Die Singende Gras
(retrospektief toegeken)
- 2000
- M.E.R.-prys vir Eenders en Anders
Ander
pryse en toekennings - 1982
- Silwer medalje van die uitgewer Qualitas vir Vlug na Sonnige Oewer
- 1987
- Toekenning vir 'besondere prestasie en dienslewering' van die Hoërskool
Jan van Riebeeck
- 1961
- Eerste prys in Die Landstem se Letterkundige wedstryd van 1960 vir twee
versamelings essays.
- Sy
het oor die jare ook verskeie pryse in ander letterkunde wedstryde verower. Die
mees onlangse was 'n eerste prys in Daan Retief-Uitgewers se kinderboekwedstryd
van 1990.
|