|
Reeds as kind het Frieda de Villiers prosabydraes gelewer in tydskrifte
en skooljoernale. Later publiseer sy tientalle kinderverhale in
Afrikaanse kindertydskrifte. Haar bydraes tot die radioprogram vir
kleuters, Siembamba, word gepubliseer onder die titel, Siembamba-stories
(1970).
In 1957 verskyn drie boeke in die Bergarend-reeks: Bergarend ontmoet
die smokkelaars van Vaaldam, Bergarend en die swart kewer en Bergarend
in die vallei van die spinnekop. Dit is spanningsavontuurverhale
met die student, Arnold Bergh, in die helderol. Haar ander romans
sluit in: Die kermis-komper (1985), Suidpunt-fietstoer (1987), Operasie
Maanligmotors (1988) en Vissers moenie in die water mors nie (1991).
In Die kermis-komper en Operasie Maanligmotors raak kinders aktief
betrokke by die probleme van 'n plaaslike fabriek waar die meeste
van hulle pa's werk.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Siembamba-stories (1970)
- Bergarend-reeks
- Bergarend ontmoet die smokkelaars van Vaaldam
- Bergarend en die swart kewer
- Bergarend in die vallei van die spinnekop
- Die kermis-komper (1985)
- Suidpunt-fietstoer (1987)
- Operasie Maanligmotors (1988)
- Vissers moenie in die water mors nie (1991)
|