|
Gert Cornelius Basson is gebore in Brakpan. Vanaf 1953 tot 1964
beklee hy verskeie poste as joernalis. In 1964 word hy aangestel
as hoof van Belletrie by Voortrekkerpers/Perskor. Vanaf 1973 is
hy vir twee jaar die redakteur van die jeugtydskrif, Patrys en word
daarna bestuurder van Perskor se drie boekklubs: Voortrekker, Dagbreek
en 707. Vanaf 1981 tot 1986 is hy bestuurder-uitgewer by Juventus,
Femina en Folio waarna as hoofuitgewer by J.P. van der Walt tot
sy aftrede in 1999 werk. Hy is getroud met Cillah, 'n mode-ontwerper
en het 'n seun, wat in die VSA films vervaardig en 'n dogter wat
'n veelsydige kunstenaar is. Dié drie is volgens hom sy beste kritici.
Sy eerste verhaal is in die Jongspan gepubliseer toe hy in standerd
drie was. Hy skryf later 'n hele aantal spanningsverhale vir volwassenes,
radiodramas en tydskrifverhale. Benewens romanskrywer is hy ook
'n kortverhaalskywer en die samesteller van verskeie kortverhaalbundels.
Sy jeugboeke verskyn onder verskillende skuilname. Die Nagvalke
(1960) verskyn aanvanklik onder sy eie naam, maar word 1992 en 1995
herdruk onder die skuilnaam Dirk de Beer.
Prinses Dou-ogies (1964) is die enigste boek wat onder Gert Basson
se eie naam verskyn. Sy vrou Cillah, het die illustrasies gedoen.
Onder die skuilnaam Cor Lindeque verskyn SarieMarie Moe - Waarnatoe
(1980), Boetaman se Opperaffertrapper (1982). Sarie Marie Moe -
Waarnatoe?
Die Snoerkie-stories het eers as tydskrifverhale verskyn, Vyf van
hulle is later gebundel is as Snoerkie-hulle in die Okkiebokkiebosveld
(1996).
Dis egter met die Swart Kat-reeks dat Gert Basson as Chris Sasner
die harte van Afrikaanse seuns in die tagtigerjare verower. Die
reeks bestaan uit vyf boeke (1982 - 1987) wat elk drie Swart Kat-avonture
bevat. Twee boeke van die reeks is in Engels vertaal. Die reeks
is word ook verwerk as vier baie suksevolle televisiereekse.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Die Nagvalke (1960)
- Prinses Dou-ogies (1964)
- SarieMarie Moe - Waarnatoe (1980)
- Boetaman se Opperaffertrapper (1982)
- Sarie Marie Moe - Waarnatoe?
- Snoerkie-hulle in die Okkiebokkiebosveld (1996)
- Swart Kat-reeks (1982 - 1987)
|