|
Gert Jacobus Joubert is op 4 Januarie 1907 in Kestell gebore. Die
gesin verhuis van hul plaas in dié omgewing na 'n plaas in
die Ermelo-distrik. Hier verlaat hy die skool na standerd 9 en gaan
voltyds boer op die plaas, Onverwacht. Uit sy tweede huwelik is
twee seuns gebore. Vir sy skryfwerk het Joubert ryklik geput uit
die kontrei en sy ervarings as boer.
G.J.Joubert se bekendste en grootliks outobiografiese werk, Oupa
Landman se viool (1951), word voorafgegaan deur twee bundels
met sketse en kortverhale teen 'n landelike agtergrond. Dié
bundels is, soos Oupa Landman se viool, nie spesifiek vir
kinders bedoel nie. Oupa Landman se viool is dikwels herdruk
en wyd voorgeskryf vir skole.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Oupa Landman se viool (1951)
Scheepersprys in 1964 vir Oupa Landman se viool
|