|
Janie Ooshuysen het met ses onderskeidings aan die Hoër Meisieskool
Bloemhof gematrikuleer en daarna aan die Universiteit van Stellenbosch
gestudeer. Sy het eers skoolgehou en later Engels gedoseer aan die
Athlone Kollege in die Paarl. Ongeveer vyftien jaar gelede het sy
begin om voltyds te skryf. Vandag het sy meer as veertig kinder-
en tienerboeke agter haar naam. Sy is veral bekend vir haar gewilde
Ouma Hester-stories, die Harry Potter-vertalings en die splinternuwe
Bessie Hemelbesem-reeks. Sy is medeskrywer van nege skoolhandboeke,
het 'n groot aantal boeke geredigeer en vertaal en hou dikwels praatjies
by leeskringe en biblioteke. Sy is al talle male bekroon, onder
andere met die Akademie-prys vir haar Harry Potter-vertalings en
die C.P. Hoogenhout-prys vir Juffrou Luisenbosch en die breinwassers.
Kwalifikasies:
1977: B.A., Stellenbosch. Hoofvakke: Engels, Afrikaans-Nederlands,
Sielkunde. 1978: H.O.D., Stellenbosch.
Publikasies:
EIE PUBLIKASIES:
- 1995: Kara en die Blafdemper (Human & Rousseau)
- 1996: Ouma Hester en die Getaway-kar/Grandma Duckitt and the
Getaway Car; Ouma Hester en die Zeppelin/Grandma Duckitt and the
Zeppelin; Juffrou Luisenbosch en die breinwassers/Ms Bugbuster
and the Brainwashers (Human & Rousseau)
- 1997: Drome op Duinebaai; My hart behoort aan jou; Professor
Experimento se verskriklike formules/Professor Experimento's Frightening
Formulas (Human & Rousseau)
- 1998: Sersant Spochter se ongelooflike leuenverklikker/Sergeant
Spoofer's Incredible Lie Detector; Ouma Hester en die Intergallactic
V-919 Supercomet/Grandma Duckitt and the Intergallactic V-919
Supercomet (Human & Rousseau)
- 1999: Eggo's van gister (Human & Rousseau)
- 2000: Skaduwee van die dood (Human & Rousseau)
- 2001: Dans met die sekelmaan (Human & Rousseau)
- 2004: Die verlore eiland; Daar is vlooie in my bed; Die towerpotlood
(LAPA)
- 2007: Bessie Hemelbesem en Oom Sak Sarel se testament; Bessie
Hemelbesem en die skat van Smokkelaarsbaai (LAPA)
VERTAALWERK
Vanaf 1998 -
- Helen Brain: Tamara; Noem my Kat; Kry 'n Vlieëkoekie (ook
betrokke by redigering van bronteks); Carmen Toetoeka en die Vloek
van Isis Huis (ook betrokke by redigering van bronteks), (almal
Human & Rousseau); Oupa se kajuit (Maskew Miller Longman);
Boorkewers (MML)
- J.K. Rowling: Harry Potter en die towenaar se steen; Harry Potter
en die kamer van geheimenisse; Harry Potter en die gevangene van
Azkaban; Harry Potter en die beker vol vuur; Harry Potter en die
orde van die feniks (almal H&R)
- Eoin Colfer: Artemis Fowl (H&R)
- C.S. Lewis: Die perd en sy seun; Prins Kaspian (H&R)
- Marianna Brandt: Marcus Starmouse in the Soyuz TM3... 2...1
(H&R)
Vertaalwerk prenteboeke:
- Leon de Villiers: Cheeky (ook betrokke by redigering van bronteks:
Parmant) - (LAPA)
- John Ryan: Pokkel wil smokkel (H&R)
- Lennie Goodings: Eendag as ek groot is (LAPA)
- Keith Faulkner: Die platbekpadda (LAPA)
- Sheryl Leach: Barney se boek vol drukkies (LAPA)
- Stephen White: Barney sê asseblief en dankie (LAPA)
- Emma Thomson: Lili die wensfeëtjie: vriende, wense, geluk,
verjaarsdae (LAPA)
Vertaalwerk tegnies:
- Sheila G. Storey: Basiese nematologie en beginsels van aalwurmbeheer
(studiegids)
- Kent Goodway: Jou krieketafrigter (H&R)
SLEGS REDIGERING
- Mariëtte Booysen: Waar is weg (LAPA - wenner van tydskrifkompetisie:
Baba & Kleuter, 2001)
- Eben de Jager: Die kraai padda (naaswenner van tydskrifkompetisie:
Baba & Kleuter, 2002)
SKOOLBOEKE - OPVOEDKUNDIG
- Heinemann: Betrokke by opstel van nuwe handboekreeks: Afrikaans
vir ons, graad 7 tot graad 9 (Afrikaans tweede taal)
- The Humane Education Trust: vertaal agt werkboeke in Afrikaans
vir gebruik in skole
- Louise van der Merwe: Grietjie se storie; Helde en leeuemoed
(vertalings)
TOEKENNINGS
- 1996-97: C.P. Hoogenhouttoekenning - Ouma Hester en die Dreadnought
Merk 111; Juffrou Luisenbosch en die breinwassers
- 1997: ATKV-toekenning - Drome op Duinebaai
- 1997: Children's Book Forum: Honour Book Award - Kara en die
blafdemper; Ouma Hester en die Getaway-kar; Ouma Hester en die
Zeppelin
- 2002: Akademieprys vir Vertaling - Harry Potter-reeks
- 2002: IBBY-toekenning vir vertaling - Harry Potter en die towenaar
se steen
- 2003: SAVI-kategorietoekenning - Harry Potter en die beker vol
vuur
|