|
John Coetzee is op 25 November 1931 in Florida, Transvaal (Gauteng) gebore.
Hy was skolier aan die Marist Brothers College in Johannesburg en het later deeltyds
aan UNISA studeer waar hy die BA-graad in tale verwerf het (Afrikaans-Nederlands,
Engels, Duits, Frans, Portugees). John het vir agt jaar as elektrisiën
by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens gewerk en 22 jaar as vertaler en
hoofvertaler by Iscor-hoofkwartier, Pretoria. Hy stel van kleins af belang
in skryfwerk. Skryf van jongs af gediggies en kortverhale op later leeftyd 27
gepubliseerde jeugboeke, waarvan die meeste fiksieverhale is, met 'n gekiedkundige
Suid-Afrikaanse agtergrond. Die stof vir die skryf van dié jeugboeke verkry
die skrywer deur middel van reise na die plekke waar die verhale plaasgevind het
en eie navorsing en onderhoude met deskundiges op die verskillende vakgebiede. John
is getroud en het drie kinders en drie kleinkinders. Stokperdjies is sang, klassieke
musiek, lees en wandel. Publikasies:
- Buks en die Stropersbende - 1970 4 herdrukke Tafelberg
- Buks
en die Dinamietramp - 1972 6 herdrukke Tafelberg
- Waar die Hoogoonde
Gloei - 1972 2 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir die Universiteit van Stellenbosch
1973-1974)
- Buks en die Goudsoekers - 1973 3 herdrukke Tafelberg
(Voorgeskryf vir std 8, Departement van Onderwys en Opleiding 1979)
- Die
Ongeluk by Loskrans - 1974 1e uitgawe Tafelberg
- Mensies in die
Dorsland - 1975 1e uitgawe Tafelberg
- Die Brand by Wilgemeer
- 1977 1e uitgawe Tafelberg
- Buks en die Runderpes - 1977 2 herdrukke
Tafelberg
- Struben se Goue Vallei - 1978 10 herdrukke Tafelberg
(Voorgeskryf vir std 8, Departement van Onderwys en Opleiding 1984)
- Buks
en die Geheim van Zimbabwe - 1980 1e uitgawe Tafelberg
- Berg van
die Bosduiwe - 1981 1e uitgawe Tafelberg
- Die Goue Ring - 1981
1e uitgawe Tafelberg
- Accident on Rocky Pass 4) - 1982 14 herdrukke
Tafelberg (Voorgeskryf vir Departement van Kultuur en Onderwys verskeie jare)
- Struben's
Golden Valley 5) - 1984 2 herdrukke Tafelberg (Voorgeskryf vir Onderwyskolleges
verskeie jare)
- Buks en die Rooi Woestyn - 1984 1e uitgawe Tafelberg
- Die
Ysterpad See toe - 1986 1e uitgawe Tafelberg
- Flint and the Red
Desert - 1986 1e uitgawe Tafelberg
- Flint and the Dynamite Train
- 1987 1e uitgawe Tafelberg
- Trekspoor in die Wildernis - 1989 1e
uitgawe Tafelberg
- The Mystery of Cloud Mountain - 1989 1e uitgawe
JP vd Walt (Naaswenner: Volkskasprys vir Jeuglektuur 1989)
- Vlam van
die Goudvelde - 1991 1e uitgawe JP vd Walt
- The Message - 1991
1e uitgawe Tafelberg
- Agon en die Donker Planeet - 1993 1e uitgawe
Tafelberg
- Die Gedoente op Planeet Boris - 1996 1e uitgawe Tafelberg
-
Crash Flight - 1994 1e uitgawe Kagiso
- The Burning River - Skuilnaam:
John Quest - 1987 1e uitgawe De Jager-HAUM
- The Golden Rhinoceros
- Skuilnaam: John Quest - 1990 1e uitgawe De Jager-HAUM
|