|
Kowie is gebore
op 'n plaas, Uitsig, in die Cederberge. Sy begin haar skoolopleiding aan Laerskool
Vogelfontein, 'n plaasskool in die Cederberge. Vanaf st. 4 gaan sy na Hoërskool
Clanwilliam waar sy gematrikuleer het. Sy
studeer vir onderwyseres aan die Opleidingskollege, Wellington, gee onderwys vir
st. 1 en 2 en los later af by verskillende laerskole. Begin werk as Administratiewe
Sekretaresse in 1968. Sy werk ook by instansies soos SAW in Roelandstraat, Krygkor
in Strand en Helderberg Munisipaliteit in Somerset Wes. Tans
is Kowie vryskut skrywer en doen ook afloswerk by personeelagentskappe. Sy
woon in 'n dorpshuis kompleks in Bellville en het twee seuns, Jan en Jacques wat
albei getroud is. Die spesiale man in haar lewe is Frank Maritz. Stokperdjies
is die skryf van lirieke en veral jeugverhale. Neem Latyns-Amerikaanse danse by
Fred Aistare dansskool. Speisale
onderskeidings: Ontvang 'n meriete toekenning as oudleerling van die Hoërskool
Clanwilliam, vir haar aandeel in die uitbouing van Afrikaans in die woord en lied. "Ek
is baie lief vir die natuur en gaan sit soms alleen in die ou kerkie by Churchhaven
wanneer ek diep stilte soek en baie spesiale leiding nodig het of wanneer ek 'n
baie moeilike besluit moet neem of worstel met 'n bitter swaar probleem." Skryfwerk:
My eerste versie geskryf toe ek 11 jaar oud was - verskyn in die destydse Byvoegsel
tot die Burger met die titel, My perdjie. Begin met skryf van stories waarvan
sommige uitgesaai is oor radio vir Siembamba en Wielie Walie in 1983/4. Lirieke
- Skryf lirieke
van sommige van Randall Wicomb se liedjies.
- Die
eerste, Kosmosblomme, kom op langspeler 1982/3
- Daarna
verskeie liedjies, o.a. Graaff-Reinett, Riversdal se Heide, Kopersmid
(die verse nie die refrein nie), Middelburg, Patensie, Rypsomer-liefde
(skryf dit vir Frank), wyle Danie Craven se 80ste verjaarsdag
- Temaliedjies
van TV Program: Boeregebruike.
- Skryf
'n lied vir Leonie van Niekerk vir haar Christelike CD, Jesus, ons Hoop
- Skoolliedere
vir Klein skooltjie by Upington, Voorbereidingskool Worcester, Voorbereidingskool
Durbanville.
Publikasies
- 1983 - Willem
en die Bruin Hings (Waterkant Uitgewers)
- 1984
- Avontuur in die Cederberge (Waterkant Uitgewers)
- 1985
- Jacques Roux se vuurdoop op Ceres (Waterkant Uitgewers)
- 1986
- Operasie Blou
Disa/Operation Blue Disa (Daan Retief Uitgewers) Finalis van Jeugboek wedstryd
- 1986
- Koba - (Waterkant Uitgewers)
(Stellenbosh Universiteit gebruik die
boek vir hul studente) - 1986
- Onheil
op Eselsrus
(HAUM)
- 1986
- Op die spoor van blou goud (HAUM)
- 1986
- Onheil op Eselsrus (HAUM)
- 1987
- Rooi Somer (Waterkant Uitgewers) (Novelle vir volwassenes. In 1988 genomineer
vir die ATKV-prys en eindig onder eerste 5)
- 1989
- Die pad
oor die berg kom huis toe
(Tafelberg)
- 1989
- Drie loop saam (Waterkant Uitgewers)
- 1990
- Wie se hart kan dit dan hou (Tafelberg) Verwerf die Sanlam brons medalje
vir jeuglektuur 1989
- 1994
- Somersproete (Juta - Ekonopret reeks)
- 1995
- Wanneer tekkies blom (Waterkant Uitgewers)
- 1996
- Moyeni die Aandwindjie (Juta - Sterboekie vir graad 2)
- 1998
- Moyeni the evening Breeze (Juta)
- Mia-Meraai
(Volwasse roman) verskyn teen Junie 2000 by JP van der Walt.
|