| Lize
Roux het op ’n Karoo-plaas grootgeword en sy verlang nog steeds terug daarheen.
Een van haar heel eerste kleintydfoto’s is van haarself op hul perd, Goldie, met
haar pa wat die teuels vashou. Sy is die skrywer van die Stalmaats-reeks wat deur
LAPA-uitgewers uitgegee word. Die reeks handel oor Anri Marais en haar maats se
wedervaringe by ’n ryskool. |