|
Margaret Bakkes is bekend vir haar tydskrifverhale, romans en kortverhale.
In 1989 verower sy die Helpmekaarprys vir ontspanningslektuur vir
die historiese roman Susanna die geliefde (1988). Kroniek van die
sewe blou waens: die kort lewe van Gert Maritz (1989) word veral
deur jongmense geniet.
Bakkes is op 'n plaas in die Stormberge gebore, en dié kontrei
spreek mee in My ouma in kaneel (1986). Dit is 'n outobiografiese
vertelling waarin Magriet se grootwordjare op die platteland in
'n tyd met min moderne geriewe beskryf word. Die kortverhaalbundel
Wat op die middag verwoes (1977) word in 1981 en daarna wyd in skole
in Kaapland voorgeskryf is. In dié bundel speel dood en ontnugtering,
dikwels geplaas teen die agtergrond van die Boere-oorlog 'n prominente
rol. In die studenteroman By omdraai verby (1975) moet Nicolene
kies tussen die rustige Louw en die opwindende dwelmverslaafde Riku.
In Terug van die doringpad (1990) moet Ciska self 'n plaas bestuur
en probeer om haar weerbarstige kinders, veral Adrian, te hanteer.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- By omdraai verby (1975)
- Wat op die middag verwoes (1977)
- Susanna die geliefde (1988)
Kroniek van die sewe blou waens: die kort lewe van Gert Maritz
(1989)
- My ouma in kaneel (1986)
- Terug van die doringpad (1990)
|