|
Mari Taylor skryf
onder haar nooiensvan Grobler. Sy is 'n beeldende kunstenaar en toneelspeler sowel
as digter en skrywer. Sy is op Uitenhage gebore, waar sy steeds woon en het een
dogter, Cecily, 'n musiekonderwyseres. Marie
het vir vyf jaar Grafiese Skonekuns aan die Port Elizabethse Technikon studeer
en haar Nasionale Diploma en Hoër Nasionale Diploma in kuns verwerf. Sy het
ook vir een jaar lank aan 'n Diploma in Tegnologie gewerk. Sy het al heelwat uitstallings
in Kaapstad en die Oos-Kaap gehou. Daar
is reeds sewe van haar boeke deur Tafelberg gepubliseer, asook heelwat van haar
werk in versamelbundels. Etlike van Mari se stories is oor Siembamba, SAUK uitgesaai,
sowel as twee reekse. Daar is ook al van haar kortverhale in Die Huisgenoot
gepubliseer. Joti, die Griekse Boertjie, het al een van haar lirieke opgeneem
en die Dorfling Trio was kategorie-wenners met een van haar lirieke, Mayibue
i Afrika by 'n Crescendo kompetisie. Daar het ook onlangs een van haar lirieke
as titellied op Louis van Rensburg se nuutste CD Jy Mag Maar verskyn. Mari
is ook baie bedrywig op amateur-toneelgebied. Sy het al in heelwat vertonings
opgetree, as regisseur opgetree en self toneelstukke geskryf. Haar kleurvolle
karakter, Meraai Maltees, 'n komiespel waarvan sy self die rol vertolk, word gereeld
vir liefdadigheidsvertonings bespreek.
Publikasies:
- 1990:
Jan Blom
Pluk Paddavere (Tafelberg)
- kinderboek
- 1990:
Wat Sigbaar is in Amber (Tafelberg) - digbundel
- 1991:
Die Huis met Groen Oë (Tafelberg) - jeugboek
- 1994:
Verjaarsdag-taxi (Tafelberg) - jeugboek Naaswenner ATKV
- 1997:
Isinye, die Grootmaak-kind (Tafelberg) - jeugboek
- 1997:
Lulama's Magic Blanket (Tafelberg) - kinderboek (Vertaal in Afrikaans,
Xhosa, Zoeloe, Noors, Deens en Sweeds)
- 1997:
Musa's Journey (Tafelberg) - kinderboek (Vertaal in Afrikaans, Xhosa, Zoeloe,
Noors, Deens en Sweeds)
Lys
van publikasies in versamelbundels: - 1988:
Die Sonroepertjies (Tafelberg) - kinderrympies
- 1995:
Stipppe Stappe Stories (J.L. van Schaik) - kinderboek
- 1997:
Poskaarte (Tafelberg/Human & Rousseau) - bloemlesing
- 1999:
Die Afrikaanse Poësie in Duisend en Enkele Gedigte (Saamgestel deur
Gerrit Komrij, Uitgewery Bert Bakker) - bloemlesing
- Millennium
Moment (Poetry Institute of Africa - Unique Publications)
- Honderd
Dichters (Internationaal Forum, Nederland)
Lys
van toekennings: - ATKV-Kinderboektoekenning
vir 1991 vir die Huis met Groen Oë in die kategorie 8-9 jaar
- ATKV-Kinderboektoekenning
vir 1995 vir die bydrae tot die wenboek Stippe Stappe Stories in die kategorie
3-5 jaar.
- Sertifikaat
van Erkenning toegeken deur ATKV Despatch vir buitengewone bydrae tot die Afrikaanse
Skryfkuns
|