|
Marita van Aswegen is gebore op 19/5/49 in die omgewing van Nylstroom. Gaan
skool in Fouriesburg, Hobhouse en matrikuleer te Hoërskool Clocolan. Behaal
die graad B.Soc.Sc aan die Vrystaatse Universiteit en doen 4 jaar lank maatskaplike
werk. Trou in 1973 met 'n boer bly nou reeds 33 jaar op 'n plaas buitekant Bloemfontein.
Behaal die graad BA by Unisa (Afr/Ned en Kommunikasiekunde) in 1981.
Skryfrekord: Verskeie sketse vir die radio, kortverhale en vervolgverhale
vir tydskrifte, artikels en humoristiese sketse vir tydskrifte. IETS
OOR MY SKRYFWERK: Ek skryf omdat ek daarvan hou. Ek skryf graag oor
dit wat ek daagliks sien en belewe en meng dit dan met magic. Mense, veral kinders,
fassineer my. Ek glo aan mense se vermoëns om op te staan en die lewe in
die gesig te kyk. Ek is in 'n wêreld waar kinders misbruik word, waar hulle
min het. Tog het hierdie kinders eienskappe wat my aangryp. Ek skryf vanuit die
landelike, verarmde omgewing waarbinne ek bly en vanuit die maatskaplike agtergrond
wat deel van my toerusting is. As 'n mens op 'n Vrystaatse plaas met sy baie droogtes
bly, kry jy nie baie kans om die werklikheid te ontvlug nie. Dit is om jou jy
moet dit daagliks hanteer. Daarom het my stories baie keer 'n groot stuk werklikheid
in. JEUGBOEKE
- 1998: Roer jou riete Pampas.
(Van Schaiks) (Op voorgeskrewe lys van skole vir 5 provinsies)
- 2004: Phahamela
mapoqo Pampase (vertaling van Roer jou riete) (Van Schaiks) (Op voorgeskrewe
lys vir skole in Vrystaat)
- 1997: Dans Tshipo, dans (KWELA)
- 1997:
Dance Thispo, dance. (KWELA)
- 1997: Tjeka, Tshipo, tjeka!
(KWELA)
- 2004: Hulanye se vergissing (MML) (op voorgeskrewe lys
van skole)
- 2004: Wawiel vir Velile (MML) (Op voorgeskrewe lys van
skole)
- 2004: Mengelmoes (Van Schaiks) (Op skolelys).
- 2004:
Thukulatshe (Van Schaiks, vertaling in Suid-Sotho van Mengelmoes. Op voorgeskrewe
lys.)
- 2006: Na die land van melk en McDonald's. Actuapers.
BOEKE
Nag
van die Tweede Son (grootdruk): Hartbees Uitgewers. 2004 KORTVERHALE
IN BUNDELS - Akuut/Jaargang 2 nr 1.
- So op jou gemak: 1998
(J.P. van der Walt)
- Lugspieëlings: 1999 (Ravan Press) (Vir skole
voorgeskryf)
- Reënboogmense: 1999: Hodder & Stoughton
- Dit
kom van ver af: 2002: Litera.
- Opreg uit die hart: Cum Boeke.
- Uit
die donker na die lig:Cum Boeke
- Van Spoke gepraat: Tafelberg.
- Afrikaans-is-lekker:
Via Afrika. (op skolelys)
- Leesfees (Graad 7):MML (skolelys)
- Leesfees
(Graad 8) MML (skolelys)
- Die melkweg het 'n ster laat val.
- Impact(Grade
9)
LITNET - 2001: Kortverhaal: GELYKOP.
- 2002:
Kortverhaal: Die Vangs.
Boeke wat ek self uitgegee het: O
Tsamaya o se robale/ Wakkerloop. Ke ngwana ya ratang Thapelo/Ek is 'n kind
wat wil bid. Pulani se storie/ Pale ya Pulani. |