|
CV ten opsigte
van Jeugliteratuur Prof.
M.E. Snyman, B.A(UP), BA(Hons)(UP), HOD (UNISA), MA(UP), DLitt(UP) - mede-professor
Oorspronklik
'n onderwysers in tale - Afrikaans, Engels en Frans - met spesialsering in Letterkunde
- het Prof. Snyman met haar doktorale proefskrif die veld van mediakommunikasie
begin ondersoek. Na haar permanente aanstelling by die Departement Afrikaans (UP)
in 1993 bied sy hoofsaaklik Mediageletterdheid aan. Sy raak betrokke by en inisieer
verskeie geletterdheidsprogramme. Sy stel veral belang in die wyse waarop inligting
aan ontwikkelende gemeenskappe oorgedra kan word. Ten einde die doel te bereik,
ontwikkel sy bepaalde kundigheid in die veld van die resepsie-ondersoek en doen
sy navorsing oor die ontwikkeling van modelle waardeur inligting optimaal aan
'n verskeidenheid gehore oorgedra kan word. 'n Ander belangstelling van haar is
jeugliteratuur en sy het veral bekendheid verwerf oor haar leserstudies op die
gebied. Prof. Snyman sluit in 1999 by die Departement Inligtingkunde aan om die
vak Inligting vir ontwikkeling aan te bied en haar navorsing in resepsiestudie
verder uit te bou. Publikasies:
Jeugboeke -
1995. Reënboogrant: Skelmstreke en kattekwaad. Midrand: Perskor, p110.
- 1996.
Reënboogrant: Die
balletkonsert.
Midrand, Perskor. p141.
- 1996.
Reënboogrant: Alleen tuis. Midrand: Perskor, p150
- 1996.
Reënboogrant: Nag van Angs. Midrand, Perskor. p135.
- 1997.
Reënboogrant: Die hanswors. Midrand. Perskor, p132.
- 1997.
Reënboogrant: Teddie se geheim. Midrand. Perskor, p143. Wen hiervoor ATKV-prys
1999. (Snyman, M. & Hattingh, L)
- 1998.
Reënboogrant: Die ontvoering. Midrand. Perskor, p138. (Snyman, M. & Hattingh,
L.)
- 1998.
Lekker lawwe lagboek. Pretoria: Fantasi.
- 1999.
Lekker lawwe lagboek 2000. Pretoria: Fantasi.
- Herskryf
Oloff die Seerower en Oloff en die Seewraak in 1999 vir Fantasi.
- Vertaal
die Fabels van La Fontaine (Verskyn in 1999 by Fantasi)
Navorsing
oor jeugliteratuur -
Snyman, M.E. 1994. "Die Afrikaanse jeugliteratuur: 'n herbesinning". Tydskrif
vir Letterkunde, XXX11:1, Augustus, pp39-54.
- Snyman,
M.E. 1994. "Vat 'n gap met Saartjie". Die Suid-Afrikaan, no 51, Desember, p49.
- "Afrikaanse
ontspanningliteratuur vir die jeug." Die Burger. 1 Mei, p4.
- Snyman,
M.E. 1996. "Reeksboeke vir kinders: 'n wolf in skaapsklere?" Die Kaapse Bibliotekaris.
Vol 40 No 6, Junie/Julie, pp12-16.
- Snyman,
M.E. 1999. "Hoekom en hoe ek vir jongmense skryf." Stilet. 11/1, p 107 -115.
- Snyman,
M.E. 1999. "Ou Afrikaanse reekse weer uitgegee." Drielande(n)punt: forum voor
Afrikaanse en Nederlandse jeug(d)literatuur. Maart, p 9.
- Doen
op die oomblik navorsing oor die reeksboek in Afrikaans as deel van 'n projek
om 'n Afrikaanse jeugliteratuurgeskiedenis te skryf .
Resensent:
Resenseer sedert 1996 jeugboeke vir Beeld. |