|
Marzanne Leroux
van der Boon (Sasja) is in Somerset-Wes gebore, was in die Boland op skool, het
aan 'n Opleidingskollege en deur UNISA verder studeer as onderwyseres. Sy het
by verskeie skole gewerk, betrokke by die Begaafde Kind-projek van die tagtigerjare
en tot 1993 by die Rudolph Steiner Waldorfskool in Constantia as Afrikaansonderwyseres
werksaam. Tans is sy deeltyds werksaam by ATICC (Vigssentrum) as berader. Sy is
ook op die uitvoerende bestuur van die ASV (Afrikaanse Skrywersvereniging).
Sedert 1974 is 16 romans van haar gepubliseer, asook talle kortverhale en
sketse. Vier van dié publikasies was jeugromans. Sy het al twee geskiedkundige
romans vertaal en doen gereeld ander vertaalwerk. Twee van haar romans asook 'n
novelle is bekroon. Sy en haar man reis dikwels vandaar dat haar romans dikwels
teen 'n buitelandse milieu afspeel. Publikasies
- Elizabeth
se kind. 1973. N.G. Kerk-uitgewers.
-
Die Weerloses. 1974.
Human & Rousseau.
- Seisoen
op 'n verlate strand.
1974. Human & Rousseau.
- Kennis
van die lig. 1975. Tafelberg-uitgewers.
-
Lente van die rooi papawers. 1976. N. G. Kerk-uitgewers.
-
Ver land van vrede. 1977. Tafelberg-uitgewers.
-
Aandmis oor Paternoster. 1983 Tafelberg-uitgewers.
-
Tyd van herkenning. 1984. Waterkant-uitgewers.
-
Die blywendste seisoen.
1985. Waterkant-uitgewers.
- Dosyn
dae dosyn maande.
1987. Tafelberg-uitgewers.
-
Klaprose teen die wind. 1992. Tafelberg-uitgewers.
-
Soos honde van die hemel.
1995. Tafelberg-uitgewers.
Publikasies
- Jeugboeke -
Somernagdroom. 1981. Tafellberg-uitgewers.
- Die
wag vir die somer. 1983.
Tafelberg-uitgewers.
-
Langebaan/Parys-retoer.
1986. Tafelberg-uitgewers.
- Luc
en Libertine. 1998. Tafelberg-uitgewers.
|