|
Persoonlike
inligting: Gebore
op 3 November 1962 in Sutherland. Gematrikuleer in Vredenburg aan
die Weskus. Voltooi BA Tale sowel as Hoër Onderwysdiploma aan die
Universiteit van Stellenbosch.
Geen
kriminele rekord tot dusver. Getroud met Rudi van Rooyen, advokaat
by die Kaapse Balie. 'n Dogter, Sabina, is in 1996 uit die huwelik
gebore. Woon in Groenpunt waar sy voltyds skryf en deeltyds werk
as boekeredakteur.
Werksondervinding:
Onderwys
- Umtata Hoërskool, Transkei : 1985
Uitgewersbedryf
- Perskor, Kaapstad : 1986-1988 (Redaksie) Delos, Naspers : 1988-1990
(Redaksie); Juta Uitgewers : 1991 - 1993 (Redaksie) Vlaeberg Uitgewers
: 1994 (Uitgewer).
Vryskut
sedert 1995 - Vryskut boekredakteur (hoofsaaklik Opvoedkundig).
Sy is ook medewerker van MyTyd, die leefstylbylaag in Rapport.
My bydraes draai om die leefstyl rondom lekker kos.
Ander
aktiwiteite:
- Skryf
'n vervolgverhaal in Klein-Burger (1999) met die titel Die
Komperprinses.
-
Behartig maandelikse lesersdae vir Klein-Burger by skole tydens
1999, in samewerking met skryfster van Craft-boeke, Zaresa Bosman.
-
Doen boek- en filmresensies vir Klein-Burger gedurende 1999.
-
Voltooi opknappingskursus in Poësie by die Letterkunde Sentrum,
Stellenbosch, Augustus 2000.
-
Voltooi die drie-maande skryfkursus op SkryfNet onder leiding
van Petra Muller en George Weideman. (Die verhaal is opgeneem
in Douspoor, Tafelberg Uitgewers, 2000)
Publikasies
tot dusver
Kinderliteratuur
-
Onkel en Pops (Garamond)
-
Houtpapegaaie praat mos nie (Garamond)
-
Lila langs die rietkuil (Garamond)
-
Die groen koei (Garamond) (Hierdie titel is weer herdruk
- sagtebanduitgawe - deur Biblionef, 2001)
Bogenoemde publikasies is ook vertaal in Engels, Zulu, isiXhosa,
Sesotho en Twana.
-
Maaneiers (Afr) / Moon Eggs (Eng) (Human & Rousseau)
- Bekroon met ATKV-prys 1996
-
Troetelengel (Afr) / Pet Angel (Eng) (Juta Sterstories)
-
Mister Ben wou gaan boemel (Juta Sterstories)
-
Fantoli (Afr) / Phantele (Eng) (Juta Sterstories)
-
Hasie uit die hoed (Juta Sterstories)
-
My ouma is 'n model (Juta Sterstories)
-
Babbels - die lui sirkusnar (Juta Sterstories)
-
Sollie die Skipper (Juta Sterstories)
-
Bloudans (Juta Sterstories)
-
Wat is drakie? (Juta Sterstories)
- My
kat se naam is Maandag (Juta Sterstories)
In 2011 word sy as die wenner van Lapa se Jeugromankompetisie aangewys.
Die roman, Ek was hier, is tans in produksie en behoort die
lig te sien aan einde van 2011.
Verder verskyn 'n prenteboek later in 2011 die jaar by Lapa, met
die titel Leah se meermin.
Volwasse
literatuur
-
Fokus tans voltyds op die skryf van kortverhale en 'n roman.
-
Debuut-kortverhaalbundel, met die titel Om te vlerk, verskyn
by Human & Rousseau, Junie 2001.
-
Aangewys as wenner van die De Kat/Human & Rousseau Vonkfiksie
Wedstryd - Maart 1999. Die publikasie Vonkfiksie verskyn met die
wenverhaal, Tollie Hans, sowel as Vier Akker daarin
opgeneem.
-
Kortverhaal, Offerblomme, word opgeneem in 'n kortverhaalbundel
Douspoor, Tafelberg, Kaapstad, November 2000.
-
Ontvang met bogenoemde verhaal die tweede prys in Maart 1996 in
die De Jager/HAUM Literêre kompetisie.
-
Ontvang die RAU Debuutprys vir Letterkunde, 2001, vir Om te
vlerk op 22 November 2002.
Verdere studies
Sy voltooi haar MA-graad in Skeppende Skryfkuns in 2005 aan die
Universiteit van Kaapstad, onder mentorskap van prof. Etienne
van Heerden.
Haar hooftesis Chinchilla, 'n roman vir volwassenes, verskyn
in 2006 by Human & Rousseau.
Chinchilla word gekortlys vir die M-Net-prys in die daaropvolgende
jaar.
|