|
Naomi Meyer is op 13 April 1975 in Tygerberghospitaal in die Wes-Kaap gebore.
Sy word groot in ’n huis waar stories en taal ’n groot rol speel; haar ma, Maretha
Maartens, is self ’n skrywer. Naomi matrikuleer in 1993 aan die Hoërskool
Sentraal in Bloemfontein en kwalifiseer haar daarna as prokureur. Gedurende haar
studies, kombineer sy soveel tale moontlik met die regsvakke. Terwyl sy ná haar
klerkskap in Kaapstad vir die Staat werk, doen sy aansoek vir die kursus Skeppende
Skryfwerk by die Universiteit van Kaapstad onder Etienne van Heerden en voltooi
ook haar meestersgraad (met lof behaal) onder sy leiding. Sy raak betrokke by
LitNet en die Taalsekretariaat en haar mini-tesis se titel is: LitNet se SêNet
as postmodernistiese, achroniese gespreksruimte: ’n ontleding van die tydperk
Januarie 1999 – Oktober 2001. Sy woon vanaf 2002 in Ierland saam met haar
man, ’n sielkundige, waar sy kontraktueel by ’n regsuitgewer betrokke was, regsassistentswerk
by ’n een-man-prokureur verrig het en die afgelope drie jaar viool by ’n musiekskool
gee. Publikasies - 2006:
Ruik jy die filmster? (Tafelberg)
|