|
Nelia
Engelbrecht is in Klerksdorp gebore en getoë. In 1981 behaal
sy 'n BA Kommunikasiekunde-graad aan die voormalige Potchefstroomse
Universiteit vir CHO.
Deur
die jare het sy vir verskeie publikasies as joernalis gewerk en
talle artikels en berigte gepubliseer. In 1994 begin sy fiksie skryf.
Sy het tot dusver ongeveer 67 kortverhale in verskeie vrouetydskrifte
en kortverhaalbundels gepubliseer.
Haar man is 'n dosent aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.
Nelia is 'n korporatiewe skrywer/redigeerder by die universiteit
se Korporatiewe Sake en Verhoudinge.
Publikasies:
- Kortverhale
in verskeie tydskrifte.
- Kortverhaal
opgeneem in 'Vuur', 'n bundel met kortverhale oor die Anglo Boereoorlog;
(1999)
- Kortverhale
en 'n gedig opgeneem in Contentlot.com se publikasie, 'e-rupsie'
(2001)
- Haar
eerste liefdesverhaal, Die liefde van 'n leeftyd, verskyn
by Camelia Uitgewers aan die begin van 2003.
- Haar
tweede liefdesroman, Liefdesvlug, verskyn in Julie 2003
by Lapa.
- In
2005 verskyn haar derde liefdesverhaal, Die Ier se ultimatum
by Lapa (Romanza-reeks)
- Haar
eerste kinderboek, Alicia en die Zitzappers, het in Augustus
2007 by Human & Rousseau verskyn.
- 'n
Tweede kinderboek, Die seun met die blou hare, verskyn
einde van 2007 by Lapa.
- Daarna volg nog 'n kinderboek, Dieter en Madame Zenobia,
uitgegee deur Human & Rousseau
- Haar eerste jeugverhaal, Pandora se boks, verskyn in
2009 by Tafelberg
- 'n Prenteboek sal na verwagting later in 2010 by Human &
Rousseau verskyn.
Kompetisies:
- Algehele
wenner van Klerksdorp Record se Jongskrywers Kompetisie in 1994
en weer in 1997.
- Wen
die vrouetydskrif, Sarie, se nasionale kortverhaalwedstryd in
1999 met die verhaal "Die binnekant van 'n pruim"
- Wen
Contentlot.com Skrywerskompetisie in 2001 (Eerste in Vonkfiksie-afdeling
en derde in Kortverhaal-afdeling)
- In 2009 is sy een van die finaliste in die Tafelberg/Sanlam-kompetisie
vir jeugverhale met die boek: Pandora se boks.
- In 2010 ken die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
die Scheepersprys aan haar toe vir Pandora se boks.
ATKV-Skryfskool:
Sy
het vir 'n aantal jare as groepleier opgetree by die ATKV se Herfs-Skryfskool
op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit.
|