|
Nerine woon in Pretoria saam met haar man en twee dogters. Hulle het twee honde,
‘n semi-Boerboel en ‘n Maltees. Sy is ‘n taalonderwyseres en gee op die oomblik
Afrikaans en Duits in die hoërskool, hoewel sy eintlik ‘n Franse juffrou is. Sy
is mal oor lees en skryf, vertaalwerk, nougat, stap en hou graag vakansie by die
see en in die wildtuin saam met haar gesin. Sy skryf ook sketse, kortverhale en
radiodramas. Saamskryf Nerine en Alet Steenkamp het begin saamskryf
toe hulle besef het dat daar nie genoeg lekker tienermeisieboeke op die mark is
nie (dit was voordat Maasdorp en Reënboogrant herdruk is). Hulle skryf die tienerboeke
altyd saam. Nerine tik op haar skootrekenaar en hulle praat saam en besluit woord
vir woord wat om te skryf. Dit is ‘n ongelooflik opwindende ding om so saam te
skryf. ‘n Mens druk mekaar verder as wat jy as individu sou dink of waag. Dit
veroorsaak dat die karakters en situasies by enige persoonlike ervarings verbygroei.
Die twee boeke wat reeds verskyn het, is - Selfone, skelms en sjokolade
- 2006 (Lapa)
- SMS’E, skurke en spinnekoppe - 2007 (Lapa)
|