|
PHILIP DE VOS is in Bloemfontein gebore, maar woon reeds sedert
1967 in Kaapstad waar hy in 'n pre-adolessente stadium vasgevang
sit. As kind wou hy 'n clown in 'n sirkus word of andersins 'n matroos,
maar in plaas daarvan beland hy toe vir 15 jaar in die onderwys.
Hy het ook al 40 verskillende operarolle gesing: altyd mannetjies
met boggels of dié wat hakkel, want hy was nog nooit so mooi
soos Steve Hofmeyr nie.
Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens 'n mier
met opset doodgetrap nie. Hy het ophou vleis eet nadat hy die rolprent
Babe die pratende varkie gesien het, en het ophou vis eet nadat
hy Finding Nemo gesien het. Sy geliefde swart Staffie wat in 2009
dood is se naam was Winnie, en hy huil nog
partykeer as hy aan haar dink.
Hy skryf ook so nou en dan 'n versie of andersins 'n boek wat ietwat
dikker is en dink dat skrywe hom miskien half aan die lewe hou,
want ryk sal hy nooit word nie, want daar staan êrens geskryf:
Rhyme doesn't pay. In 2004 is Mallemeuleman met 319½ van
sy versies gepubliseer. Sy konsentrasievermoë is dié
van 'n muskiet en die dikste boek wat hy nog ooit gelees het, is
Triomf van Marlene van Niekerk.
Hy dink die beste boek wat hy nog ooit geskryf het is TRAZOM, ook
bekend as Tot siens, Tommasino, maar hy twyfel of enige ander mense
so dink of in elk geval selfs van hierdie boek weet.
Piet Grobler het die meeste van Phiip se boeke geïllustreer
en is seker een van die min mense wat regtig weet wat in sy kop
aangaan.
Hy is lief vir foto's neem en het alreeds tien eenmanuitstalling
van sy foto's gehad en sy beste verjaarsdagpresent toe hy nog klein
was, was 'n Donald Duck-kamera. Hy het 'n fotoboek met die titel
Milieu gepubliseer, en party mense dink miskien hy is 'n soort names-dropper
oor al die bekendes in hierdie boek.
Sestien komponiste het alreeds musiek vir sy versies geskryf en
in 1998 is sy eerste (en laaste) CD Brommer in die Sop (en ander
lieflike en loflike liedjies) uitgereik waarin hy self die Albie
Louw-toonsettings van sy versies sing.
Hy is nie baie netjies nie en probeer al vir baie jare om die huis
aan die kant te maak en dinge weg te gooi, maar glo nie dit sal
ooit gebeur nie.
Publikasies
- O
Togga! 'n Gogga - 1984 Tafelberg
- Brommer
in die Sop - 1986 Tafelberg
- Wolfgang
Amadeus Muis - 1986 Tafelberg
-
Karel van Krieketstraat - 1988 Tafelberg 1990
-
Daar's Bitterals in die Heuningwals - 1988 Tafelberg
-
Belladonna Prima Donna - 1989 Tafelberg
-
Die Worcester Asporcester - 1989 Tafelberg
-
Vincent van Gogga - 1990 Tafelberg
-
Trazom - 1993 Queillerie
-
Oxford Storieboom-reeks: 1994 Oxford University Press
Sproete en Snoete
Warrelwind se kind
Giere en grille
- Van
Rand en Sent tot Insolvent - 1994 Juta
-
Moenie 'n mielie kielie nie - 1995 Human & Rousseau
-
Die Deng van Gauteng - 1996 Human & Rousseau
-
Karnaval van die Diere
- 1998 Human & Rousseau
-
Carnival of the Animals
- 1998 Human & Rousseau
-
pret @ internet -
1998 Queillerie
-
Kat se Blad -
1999 Human & Rousseau
-
Beware of the Canary - 2000 Human & Rousseau
- Boekmense (skrywersfotos) as deel van CD Rom Verswêreld
- 2000 Logos
- Limericke vir die Lekkerte 2003 Kagiso
- Mallemeuleman 2004 Human & Rousseau
- Milieu (fotoboek) - Protea Boekhuis - 2006
Rymvertalings
-
Die dag van die Reënboog - 1989 Human & Rousseau
-
Grilkrokodil
- 1989 Human & Rousseau
-
Pret met vorms
- 1989 Human & Rousseau
-
Vang die Hoed - 1989 Oxford University Press
-
Sarie en die Spinnekop - 1989 Oxford University Press
-
Daar's geen rus op die goudgeel bus - 1990 Human & Rousseau
-
Almal Saam - 1991 Human & Rousseau
-
Daar's 'n yslike bries as 'n olifant nies!
- 1991 Human & Rousseau
-
Eerste Rympies vir Kleuters -
1992 Human & Rousseau
-
Een Ouma wat Glimlag -
1992 Human & Rousseau
-
Die Loraks
- 1993 Hodder & Stoughton
-
Sussie Seekoei red 'n apie
- 1994 Tafelberg
-
Sussie Seekoei speel speurder - 1994 Tafelberg
- Die
Groot Sangboek - 1994 Rubicon
-
Propvol Tjokvol - 1994 Rubicon
-
Wanja se VreemdeWinternag
- 1994 Rubicon
-
Beerjolyt - 1997 Human & Rousseau
-
Ek Sien - 1998 Human & Rousseau
-
Die Goorgomgaai - 1999 Human & Rousseau
- Die
Spree met Foete - 2002 Human & Rousseau
- Is
daar plek op jou besem?
- 2002 Human & Rousseau
- Vier
kartonboekies - 2003 Human & Rousseau
- Muisie
my meisie - 2003
Human & Rousseau
- Missy
mouse
- 2003 Human & Rousseau
- Vrydag
is my dag
- 2003 Human & Rousseau
- Hik!
hik! hik!
- 2004 Human & Rousseau
- Die
Tyd is om!
- 2004 Human & Rousseau
- Die
wolf wat outjie geskree het
- 2004 Human & Rousseau
- Die Lelike eendjie (Andersen) - 2004 Human & Rousseau
- Die Herderin en die Skoorsteenveër (Andersen) -
2004 Human & Rousseau
- Die Teepot (Andersen) - 2004 Human & Rousseau
- Die Keiser se nuwe Klere (Andersen) - 2004 Human &
Rousseau
- Die Tonteldoos (Andersen) - 2004 Human & Rousseau
- Die Prinses en die Ertjie (Andersen) - 2004 Human &
Rousseau
- Moeder Gans se rympies en stories - Human & Rousseau
2007
- Formula Three two one - Human & Rousseau 2007
- Lula die koei wat anders was - Human & Rousseau
2007
- Mag ek in jou doek loer? - Human & Rousseau 2008
- Kameelperd wat so lag - Human & Rousseau 2008
- Freya Fiemies - Human & Rousseau 2008
- Ons hou partytjie - Human & Rousseau 2008
- Saamleesstories vir snuiters - Human & Rousseau
2008
- Die Goorgomgaaitjie - Human & Rousseau
- Tom se superhero onderbroek - Human & Rousseau 2009
- Elsa en die Watsenaampie - Macmillan 2008
Toekennings
-
Eugène Marais-prys vir Daar's Bitterals in die Heuningwals
1989
-
ATKV-kinderboektoekenning vir Vincent van Gogga 1989
-
M.E.R-prys vir Moenie 'n Mielie Kielie nie 1996
-
Mondiprys vir strokies in De Kat 1996
-
Alba Bouwer Prys vir Moenie 'n Mielie Kielie nie 1998
- IBBY internasionale toekenning vir vertaling van Die Spree
met Foete
- IBBY toekenning vir vertaling vir: Die Wolf wat Outjie geskree
het
|