|
Piet Grobler is gebore in Nylstroom, Limpopo-provinsie in 1959. Studie
& loopbaan: BA en BD(Teologie); Universiteit van Pretoria (1984), Hons. B
Joernalistiek; Universiteit van Stellenbosch (1990) N6 Grafiese Ontwerp; Kaapstadse
Tegniese Kollege (1993) MA Beeldende Kuns (cum laude); Universiteit van Stellenbosch
(2004). Hy was vir 5 jaar predikant in die Nederduitsch Hervormde Kerk en
vir 5 jaar grafiese ontwerper en grafiese redakteur by Sanlam se reklame- en publikasie-afdeling.
Werk sedert 1996 as vryskut illustreerder en -kunstenaar. Tans is hy deeltydse
dosent in illustrasie aan die Cape Peninsula University of Technology. Piet besit
n studio galery vir narratiewe kuns (Hoi Hannelore! en ander verhale) in
Stellenbosch. Hy het ongeveer 60 boeke (opvoedkundige boeke, prenteboeke
en ook volwasse literatuur) geïllustreer. Byvoorbeeld: - Moenie
n mielie kielie nie, Karnaval van die diere, Kat se blad, Beware of the
canary (Philip de Vos)
- Aan tafel met Nettie Pikeur
-
Ouma Hester-reeks (Janie Oosthuysen)
- Olinosters op die dak
(Marita vd Vyver)
- Sannie Langtand (Alex DAngelo)
-
Kwinksinnig (Johan Combrinck)
- Rampe in die ruigte (Hennie
Aucamp)
- Liewe Heksie (Verna Vels)
- Dr MeDiSyn en die
keiser se seun (Roberto Piumini)
- Meisie my muisie (Lida Dijkstra)
-
Die Spree met Foete (Annie M. G. Schmidt)
- Net één
slukkie, Padda! (Piet Grobler)
- Accidente Celeste (Jorge Lujan)
-
Oh, the colours! (Jorge Lujan)
- Fussy Freya (Katherine
Quarmby)
Tentoonstellings van werk Piet reeds verskeie
kunsuitstallings in Suid-Afrika gehou bv (eenpersoonstentoonstellings) by die
Universiteit van Stellenbosch, Universiteit van Bloemfontein, die Klein Karoo
Nasionale kunstefees (feeskunstenaar in 2001), Kunsthal-Rotterdam in Nederland,
Stellenbosch (Dorpstraatgalery) en Pretoria (Tina Skukan) en groepsuitstallings
in galerye in Kaapstad, Bellville, Stellenbsoch, Pretoria, KKNK.
Kinderboekillustrasies
is ingesluit in tentoonstellings in Italië, Japan, Engeland, Oostenryk, Slowakye
en Portugal. Toekennings nasionaal:
- Tienie Holoway-medalje
van die Suid-Afrikaanse akademie vir Wetenskap en kuns, 1997 (vir Olinosters
op die dak deur Marita vd Vyver)
- Tweede plek: Mondi-toekennings 1997,
saam met Philip de Vos vir gesamentlike strokiesprent in De Kat
- IBBY-erelys
2002: Dr MeDiSyn en die keiser se seun deur Roberto Piumini en 2006 vir
Makwelane en die krokodil deur Maria Hendricks
- Vivian Wilkes Award
2003 (van die South African Childrens book forum) vir Net een slukkie
Padda (Piet Grobler)
- ATKV-toekenning (2003) vir Net een slukkie,
Padda
- M.E.R toekenning (2006) vir Mia se Ma (Marita vd Vyver)
-
Feeskunstenaar van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2001
Toekennings
iInternasionaal: - Silwer medalje: Noma Concours, Japan 1997
vir Hier is ek (Ann Walton) en in 2003 Vir Sun Canary, Moon Canary
deur Piet Grobler (ongepubliseer)
- Brons medalje: TIBI, Iran (1999) vir
Karnaval van die Diere (Philip de Vos)
- Octogone de Chêne, Frankryk
(1999) vir Karnaval van die Diere (Philip de Vos)
- Primo Alpi Apuane,
Italië (2000) vir Karnaval van die Diere
- Bronsmedalje 2003:
Internasionale Biennale vir Illustrasie, Bratislava, Slowakye vir Net één
slukkie, Padda! en die Spree met Foete
- Neem
deel aan n slypskool van die Biennale vir Illustrasie, Bratislava in Slowakye
in 1999
- Ontvang n stipendiaat van die Internasionale Jeugbiblioteek,
München vir navorsing in 2001
- Gekies tot die beoordelaarspaneel
van die 2006 NOMA Concours (UNESCO), internasionale biennale vir prenteboekillustrasie
in Tokyo, Japan.
Slypskole en referate
- Het
slypskole in illustrasiewerk gehou vir skoolkinders by die KKNK te Oudtshoorn,
Universiteit van Stellenbosch en by die Internasionale Jeugbiblioteek in München,
Duitsland.
- Aanbiedings gelewer by die internasionale IBBY konferensie
in Kaapstad (2004) en by die African Research Society for Childrens Literature
se konferensie te Gaberone, Botswana (2002).
Werk
opgeneem in die volgende versamelings
- Nasionale Pers
-
Rand Aksep Bank
- BIB (Biennale for Illustration, Bratislava) -versameling,
Slowakye
- Universiteit van Stellenbosch-versameling
- Klein Karoo
Nasionale Kunstefees-versameling
- Nelson Mandela Metropolitan Art Museum,
Port Elizabeth
|