|
Prevot van der Merwe se eerste jeugroman, Skoenlappers vlieg
voor brekfis (1992), is 'n speur-spanningsverhaal wat teen 'n
agtergrond van spioenasie, verraad, musiek en liefde afspeel. Deon
en Elize se lewens is in gevaar, vermoedelik vanweë hulle pa
se betrokkenheid by 'n hoogs geheime militêre satellietprojek.
In Poppe wil nie altyd dans nie (1993) ondersoek twee tieners
die moord op hulle geliefde kunsonderwyseres met behulp van die
raaiselagtige skilderye wat sy aan hulle nalaat.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Skoenlappers vlieg voor brekfis (1992)
- Poppe wil nie altyd dans nie (1993)
|