|
Ria Jordaan het ook vir volwassenes geskryf, maar het slegs een
jeugverhaal gepubliseer. Wynand se oorlog (1989) speel in
die Anglo-Boereoorlog af en handel oor 'n jong seun wat, na sy pa
se vertrek op kommando, op die plaas agterbly om na sy ma en sussies
om te sien. Wynand is 'n hoofkarakter waarmee die leser kan identifiseer.
Hy ontwikkel van 'n voortvarende jongeling wat baie graag wil gaan
veg tot iemand wat besef dat oorlog smart bring en dat daar goed
en sleg aan alle kante van 'n oorlog is. Dit is een van die min
verhale oor die Anglo-Boereoorlog waarin die perspektief van 'n
swart seun op die oorlog aangebied word.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
|