|
Sjané van
Aswegen was vir jare spraak- en drama onderwyseres aan die meisiekole, LaRochelle
en Girls High, in die Paarl. Sy
het vir agt jaar lank in Radiodramas in Kaapstad ateljee deelgeneem, en was ook
een van die beoordelaars op Kaapse Eisteddfod. Sjané
is 16 jaar gelede getroud met Robert van Aswegen, boer van Celeryfontein. Hy is
onlangs oorlede. Sy woon steeds op die plaas. Mietjie
van Muisdam is Sjané se eerste boek en is met die hand geskryf omdat
daar geen elektrisiteit (of rekenaars) op die plaas is nie. Publikasies:
- Mietjie
van Muisedam
(Tafelberg).
Mietjie is voorgelees op Suid-Kaap Stereo en was ook
een van die gekeurde boeke vir die ATKV-kinderlektuurprys |