|
Ek is gebore op Worcester, en matrikuleer aan die Hoërskool Outeniqua
op George waar ek die see en sagte groen berg oneindig lief leer kry. Studeer
aan die Onderwyskollege op Oudtshoorn en hou skool in die Karoo en op Stellenbosch.
Getroud met Ben, 'n fassiliteerder in lewensvaardighede. Woon in Somerset-Wes
op die oewer van die Lourensrivier. Gebruik elke moontlike geleentheid om verre
lande, tale en kulture met ons rugsakke te verken. Het nie kinders nie, maar wel
drie katte wat die huis regeer. Ek het onlangs uit die onderwys bedank om voltyds
te skryf en vertalingswerk te doen. Ander stokperdjies sluit in perdry, joga,
tuinmaak, ultra-staproetes en rugsakreis. Publikasies: Kinderboeke - Lena
se bottelboom (Lapa)
- 'n Ster met strepe (Lapa)
Beide word
ook in Engels uitgegee en laasgenoemde is vertaal in Xhosa, Zoeloe, Sepedi en
Setswana Kortverhale verskyn in
Mense
is Mense (Lapa) - Braaivleis in die bos en ander verhale (Aktuapers)
-
Die Selfoon en ander verhale (Aktuapers)
- Biltong en Barakat (Tafelberg)
Toekennings en/of pryse 2005 - Lena se bottelboom
was in 1995 op Exclusive Books se "Publisher's Choice"-lys 2006 - Eervolle
vermelding by Noma Awards for publishing in Africa 2007 - Finalis by ATKV se
Veertjie-toekennings |