|
A.J.J. Visser is
op 31 Mei 1925 in die Karoo, op Laingsburg, gebore. Hy studeer op Stellenbosch
en hou 15 jaar skool in die Boland. Vanaf 1964 was hy verbonde aan tersiêre
onderwysinrigtings tot hy in 1976 inspekteur van Onderwys (Departement van Nasionale
Opvoeding) word. In 1980 word hy as adjunk-direkteur van die Departement Nasionale
Opvoeding na Suidwes-Afrika gesekondeer. Hy is voorsitter van die keurraad by
die Departement Onderwys en Kultuur in Pretoria tot aftrede in 1985. Hy woon tans
in Pretoria. Publikasies: Die
volgende bundels poësie van hom verskyn: - Kaleidoskoop
(1957)
- Labarint
(1960)
- Lig
en donker (1966)
Kinderverse:
- Stories klein
en versies fyn (1966)
- So
klink Afrikaans, 'n bloemlesing (1967)
- Hier
kiep-kiep en hiep-hiep daar (1981)
- Die
harlekyn verskyn (1983)
Digwerk
is opgeneem in 'n 20-tal bloemlesings, waar onder: - Die
Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte (G.Komrij)
- Groot
Verseboek (D.J. Opperman)
- Nuwe
kleuterverseboek (D.J. Opperman)
Het
ek my verbeel of
hoor ek 'n orkes wat deur die strate speel? (Die
sirkus uit D.J.
Opperman se Nuwe Kleuterverseboek.) |