|
Empie Maritz (néé
Jansen van Rensburg) is op 15 September 1922 op Bethal gebore. Sy gaan van graad
1 tot matriek skool op Carolina waar haar ouers in die distrik boer. Gaan tuis
in die skoolkoshuis. Opleiding
as verpleegsuster. 1) Diploma in Verpleegkunde aan die Algemene Hospitaal, Pretoria
1944. 2) Diploma in Verloskunde aan die Verre Oosrandse Hospitaal Springs 1945. Getroud
met Brigadier Danie Maritz. Gesin: Een seun - dr. Danie Maritz (oogspesialis te
Benoni), getroud met Esmé Jonck. Drie kleindogters. Skryfwerk:
Begin skryf op hoërskool - net vir kamermaats - nie vir publikasie. Jare
daarna slaaptydstories vir my kleuterseun. Dink eers ernstig aan skryf toe eerste
van stories in Patrys gepubliseer word. Stokperdjies:
Tennis, reis (binnelands sowel as buitelands). naaldskilder, lees-lees-lees. Uit
Empie Maritz se pen het verskyn: Jeug- en kleuterboeke (21); Romans (23);
Radio Hoorspele vir Jeugprogramme (2); Radio Vervolgverhale vir Jeug (2); Jeugboeke
verwerk vir radio (3); Bydraes vir versamelde werke (3); Praatjies vir SAUK Vrouerubriek
(4 reekse van 8 elk); Praatjies vir SAUK vroegoggendprogam (1 reeks van 20); Boeke
verfilm (1); Op TV gebeeldsaai (2); talle artikels vir tydskrifte; kortverhale
vir jeugtydskrifte. Totale
geubliseerde boeke (44); Herdrukke (54); Amptelik voorgeskryf vir skole (9) -
'n onbekende aantal gebruik as aanvullende leesstof. Publikasies:
Jeugboeke - Koraalkop
se dogters - (J.L. van Schaik Uitgewers) Geskryf vir 'n wedstryd
deur uitgewers. Derde prys.
- Drie
en die Inbreker - 1964 (Voortrekkerpers)
- Drie
en Husse met Kraakore - 1964 (Voortrekkerpers)
- Drie
op die Smalle Weg - 1964 (Voortrekkerpers)
Herdruk 1983 met titel Husse
met kraakore. - Die
geheim van die Pers Blom - 1964 (Afrikaanse Pers)
- Vuiste
en Besluite - 1982 (Pat Lubbe uitgewers)
- Dilemo
van die Loeloeberge - 1962 (Afrikaanse Pers)
- Vlam
in die Namib - 1975 (Tafelberg Uitgewers)
- Angsvlug
uit Angola - 1978 (Tafelberg Uitgewers)
- Sy
Hond en sy Spantou
- 1981 (JP van der Walt Uitgewers)
Herdruk 1989 met titel Spantou (Marius
Lubbe Uitgewers)
- Spore
en Speurders - 1980 (Pat Lubbe Uitgewers)
- Avontuur
op Mars - 1980 (Retief Uitgewers)
Verwerking van Die Geheim van die
Pers Blom. - Angel
van die Wesp - 1983 (Tafelberg Uitgewers)
- Gelukbringer
- 1986 (Boekateljee Uitgewers)
- Sewe
in Een Slag
- 1987 (Retief Uitgewers). Kleuterboek. Op televisie gebeeldsaai 1989 en 1994.
Vertaling: Seven in one blow - 1988 (Retief Uitgewers)
- Raai,
raai wat is haar naam? - 1988 (Retief Uitgewers) Kleuterboek. Vertaling: Guess
the baby's name - 1988 (Retief Uitgewers)
- Gesoek:
Dinosourus van die Drakensberg
- 1989 (H.A.U.M. Uitgewers)
- Eiland
in die Wind - 1990 (Tafelberg) Kortlys vir Sanlamprys.
- Windvlug
- 1995 (Benedict Boeke)
Bydraes
vir versamelde werke: - Staal
Burger - 1966 (Perskor)
- Stories
vir dogters - 1968 (JP van der Walt Uitgewers)
- Kaleidoskoop
vir Dogters - 1970 (JP van der Walt Uitgewers)
Radio
Vervolgverhale vir Jeugprogram: - Die
Blou Vlam
- 1967
- Avonture
op Kommando - 1970
Jeugboeke
vir Radio verwerk: - Husse
met Kraakore - 1964
- Die
Geheim van die Pers Blom - 1965
Hoorspele
vir SAUK-Jeugprogram: - Die
Meisie sonder Glimlag - 1962 (Heruitgesaai 1964)
- Wit
Maskers in die Nag
- 1963
|