|
François Bloemhof skryf boeke vir volwassenes, tieners en jong lesers.
Sy werk is in al drie kategorieë meermalig bekroon. Dit het alles in
graad nege begin, toe sy Engels-onderwyseres hom 97% gegee het vir 'n kortverhaal.
Toe kom die groot vasbyt, want hy het jare lank (grusame) Engelse kortverhale
vir tydskrifte gestuur en hulle kon dit nie gou genoeg terugstuur nie ... tot
hy vir die grap 'n lighartige Afrikaanse verhaal vir Huisgenoot geskryf het en
sy vriende se name daarin gebruik het. Dit is aanvaar en sedertdien het hy al
"so iewers oor die tweehonderd" tydskrifverhale gelewer. Hy beskou
sy boeke egter as sy "eintlike produkte". Hy het weggetrek met 'n Sanlam/De
Kat-prys vir Die nag het net een oog en sy eerste vier boeke is ten spyte van
groot verskille as "rillers" beskou. Met die fantasieroman Storieboek
was dit egter duidelik dat hy hom nie so maklik wou laat klassifiseer nie. En
hoe later hoe kwater. Hy het ook vir tieners begin skryf en geniet baie
sukses op hierdie terrein, ondanks omstredenheid omdat hy kwessies aanraak wat
ver van dié in die ou Trompie-boeke verwyder is. Verder gaan 'n veelbekroonde
Rillers-reeks by Human & Rousseau vir jong lesers van krag tot krag. François
se raad vir beginnerskrywers is: "Skryf net die ding en klaar." Publikasies
Sy volwasse romans is: -
Die nag het net een oog
- 1991
-
Die duiwel se tuin - 1993
- Koue
soen - 1994
- Bloedbroer
- 1995
- Storieboek
- 1996
- Mooidraai
Basuin: 'n tydskrifroman - 1997
- Nagbesoeker
- 1997
-
Hostis: met oorspronklike CD-klankbaan
- 1998
- Klipgooi
- 1999
- 'n Tweede asem vir Jan A - 2001
Vir
tieners: - Slinger-slinger
- 1997
- Die
wit huis - 1998
-
Die dae toe ek Elvis was - 2000
- Nie
vir kinders nie - 2005
Vir
jong lesers: - Middernagland - 1996
- Die
vrou met die pers oog*- 1996
- Donkerwoud*
- 1996
- Die
waterding* - 1997
- Kamer
13* - 1998
- Die
speletjie:* met interaktiewe rekenaarspeletjie - 1999
- Kry
vir jou, ou Langklou* - 2000
- Hospitaaltyd* - 2002
- Agent
Snoet en die Botterdiamant (comic) (by Lapa) - 2002
- Vampiere in
Londen* (2004)
- Agent Snoet en die Kattekwaad (comic) (by Lapa)
- 2005
* in Human & Rousseau se Rillers-reeks Vir nog
jonger lesers:
- Die dom towenaar
- 1994
- Sakkie
en die Toffiewolf
(by Juta) - 1994
-
Middernagland
- 1996
- Dinnie
Kaboef
(by Juta)- 1997
- K-TV Holiday Fun (pret- en aktiwiteitsboek)
- 1997
Vir kinders in Nasou se Storiestraat-reeks (slegs te
koop as deel van die reeks): - n Dag om te vier! - 2003
- Wie
wil wat wees? - 2003
- Spinnekoppe in die huis - 2003
- Blink gedagtes
(saam met Johan van Lill) - 2003
As samesteller: - Donker
veld: spanningsverhale (by Lapa) - 2002
- Die boek van spoke (by Tiara,
slegs vir Leserskring) - 2004
|