|
Lien in ‘n neutedop:
Gebore in Pretoria in 1940, gematrikuleer aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool,
Pretoria in 1957. Is nou getroud met dr Johann de Jager. Ek het twee dogters,
twee skoonseuns en vier kleindogters. My stokperdjie is houtbeeldhouwerk, en ek
is ‘n kroniese leser van alles waarop ek my hande kan lê. Kwalifikasies
BA (UNISA).
Ek het 'n lang loopbaan in die Staatsdiens gevolg, waaronder ek verskeie vreemde
dinge gedoen het - soos fossiele onder ‘n mikroskoop voorberei vir navorsing.
- Sedert 1981 was
ek ‘n bedryfsjoernalis, onder meer:
- Redakteur
van die kindertydskrif SKIPPER vir die Departement Omgewingsake
-
Redakteur van FOCUS, die in-huis nuusbrief vir die RGN
-
Redakteur vir FORUM,die in-huis nuusbrief van die ou Transvaalse Provinsiale Administrasie
(ook verskeie ander publikasies)
-
Redakteur van BULLETIN, nuusbrief vir die Sielkunde- vereniging van Suid-Afrika.
-
Redakteur van MONITOR, nuusbrief vir die SA Mediese en Tandheelkundige Raad
- Redakteur
van INTERFACE,nuusbrief vir die maatskappy Technicare
-
Redakteur van KRUIN KOERIER, gemeentemaandblad.
Ek het ook ‘n verskeidenheid draaiboeke vir dokumentêre videos geskryf, kinderwerk
gedoen vir radio, ‘n reeks oor padveiligheid vir kinders vir die destydse Bophutatswana,
poppeteater, en ‘n verskeidenheid artikels vir ‘n verskeidenheid tydskrifte, veral
oor toerisme en natuurbewaring. Noudat
ek nie meer voltyds werk nie, het ek weer hard begin skryf - daar is twee manuskripte
by die uitgewers op die oomblik, ons sal maar sien wat die publikasiemoontlikhede
is. Publikasies
onder die naam Heléne Roux: -
1983 - Kamp F51 (Tafelberg Uitgewers)
- 1984
- Salakwanda die Towenaar (Tafelberg Uitgewers)
- 1989
- Anderkant die Berge (Daan Retief Uitgewers)
(Ook vertaal - Beyond
the Mountains) - 1990
- Eendag was daar ‘n oorlog (Tafelberg Uitgewers)
(Finalis - een van
10 - vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur vir daardie jaar) - 2001
- Monsterduiwe (LAPA Uitgewers)
|