| |
Louise
Prinsloo (gebore Malherbe) het die eerste lewenslig aanskou op 4 Julie 1946. Die
plek Johannesburg... Vir haar stories ontdek sy allerhande interessante plekke
en spoke. |  |
|
1964:
Matrikuleer aan Helpmekaar Hoër Meisieskool.
1967:
Ontvang 'n diploma in Primêre Onderwys van Normaalkollege
met lof.
1974 Tree op 30 Maart 1974 in die huwelik met Daan Prinsloo.
1974: Diploma in dramakuns by die Akademie vir Dramakuns olv Aletta
Gericke.
1974 - 1977: Boekvoorlesings vir Siembamba. Vrouerubriek. Vertolkings
in radiodramas en jeugverhale.
1978
- 1983: Skryf vir Transwêreld Radio: Verwerk die Ou Testament
en Handelinge van die Apostels in dramavorm. Skryf 'n radiodrama:
Saulus van Tarsus en verwerk die boek Die Hand wat die
Spykers ingeslaan het deur J. Fletcher-Rey.
1981-1983: TV-tekste vir TV 1: Ligstraaltjies. Doen vertaalwerk
vir Boeke-ateljee.
1982-1983: Skryf die Dertien Apostels van Jesus met Paulus
as die dertiende apostel vir Louise Smit-produksies.
TV3 1983-1985: Die Lizettereeks uitgegee deur Waterkant-uitgewers
Lizette en die Silwerbeker. Lizette en die Kapokkies. Lizette
en die Tandmuis
1984: Wanneer dit Moeilik gaan - bemoediging in krisistye
uitgegee deur NG Kerkboekhandel na aanleiding van haar derde dogter
wat met 'n genetiese beensiekte, Osteogenese Imperfecta, gebore
is.
1990: Miempie uitgegee deur Daan Retief-uitgewers. Mimi
- die vertaling van Miempie.
1991 - 1994: Doen navorsing oor spoke voordat sy die jeugreeks
Gedaantes en Geraamtes uitgegee deur Human en Rousseau
begin skryf.
1994:
Stig Laerskool Lynnwood Jong Skrywers Vereniging (LLJSV) ‘n Informele
skryfklub. Eerste storieboek: Spooknag by Kimberley word gebind.
1995:
Die Geheim van Groukatlaagte (ATKV-toekenning vir beste jeuglektuur
10-12jaar)
1995: Die Stem in die Trommel
1996:
Skaduwee op Siwet en Droomkamer op Donkerhoek
1996:
LLJSV 2de storieboek: Moord in Murasielaan
1997: Die Osirisraaisel
1997: By die Lêplek van die Leeus - 'n jeugroman-
uitgegee deur JL van Schaik. Een resensent het onder meer in RAPPORT
geskryf: "By die Lêplek van die Leeus is 'n pioniersverhaal
waarin uiteenlopende en botsende kulture in Suid-Afrika armdruk,
mekaar uitvoel en selfs vind. Louise Prinsloo slaag daarin om
'n belangrike en leesbare boek met warm, menslike karakters te
skep."
1997:
LLJSV 3de storieboek: Moord in die lang gras
1998: Skimme van Gister. 6de titel in die Gedaantes en
Geraamtes-reeks.
1998:
LLJSV: 4de storieboek: Kaptein Patrana en die Spookskip
1999:
Dwaalgees van Duiwelskantoor- 7de titel in die spookstoriereeks.
1999:
LLJSV: 5de storieboek: Nag van Afrekening
1999:
By die Lęplek van die Leeus word deur Nanette Lötter van
Bloemfontein Onderwyskolle vertaal as deel van haar M-verhandeling.
In the Lion’s Den besorg vir haar onderskeiding.
2001:
LLJSV: 7de boek Frimmels en Frommels
2001:
Radio drama vir RSG: 'n Gehoorstel vir Ta' Koba
2002: LLJSV: 8ste boek: Annerlike Goeters
2003: By die Lęplek van die Leeus word herdruk
2003:
Spookhuis by die See. 8ste titel in die reeks Gedaantes
en Geraamtes
2003: LLJSV 9de boek: Die Ruimte-avontuur
2004:
Radio drama vir RSG: Gekruisde lyne
2004:
Spookhuis by die See word benoem vir die MER-prys vir jeuglektuur
2004: LLJSV 10de boek: Die Geheime Trommel
2005: LLJSV 11de boek: Die Tempel van Ra
2006: LLJSV 12de boek: Muismoles en ander verhale
2007: Gedaantes en Geraamtes Omnibus 1: Human en Rousseau
2007: Oupa Daan laat sy kierie staan : LUX VERBI BM
Laerskool Lynnwood se Jong Skrywers het baie goed presteer tydens
die Waterberg Afrikaanse Kunsfees - 13 goud; 7 silwer en 1 rooi
sertifikaat ontvang. Die Jong Skrywers het ook in 2004 hul 10de
boek met hul eie stories gepubliseer onder die titel Die Geheime
Trommel en ander verhale. Altesaam 45 leerders van gr 1 - 7 het
stories, rympies of gediggies geskryf.
Louise
skryf ook sketse en artikels vir tydskrifte.
Louise
en Daan het drie dogters. Stefanie, Elmarie en Marelise. Hulle
woon in Pretoria. Louise is 'n administratiewe sekretaresse by
Laerskool Lynnwood.
|
| (Inligting
verskaf deur Louise Prinsloo, Februarie 2000. Bygewerk November 2007)
|
 |
|