| |
Marlene
le Roux skryf kortverhale, vervolgverhale, spanningsverhale, jeugverhale. Die
Vlindervanger was ook 'n radiodrama en 'n film. |  |
|
Gebore en getoë
in Bloemfontein. Getroud met 'n man wat aan die akademie verbonde was en deesdae
afgetree is. Ons het drie kinders en vyf kleinkinders en woon steeds in Bloemfontein.
Ek het in tydskrifte begin skryf, eers kortverhale en later vervolgverhale. Vyf
van die ses spanningsverhale was aanvanklik vervolgverhale in die Sarie. My eerste
boek, Die Vlindervanger is as radiodrama verwerk en ook verfilm.
Publikasies - Die
Vlindervanger (Tafelberg-Uitgewers) 1973
- Piroop
is Rooi (Tafelberg-Uitgewers) 1974
- Die
Turkse Pyl (Tafelberg-Uitgewers) 1975
- Valke
oor Delphi (Tafelberg-Uitgewers) 1978
- Alles
op die Spel (Tafelberg-Uitgewers) 1979
[Dit het die eerste prys in 'n
jeugverhaalwedstryd wat deur die tydskrif Sarie en Tafelberg-uitgewers uitgeskryf
was, verower en het eers as vervolgverhaal in die tydskrif verskyn voor dit in
boekvorm uitgegee is.] - Die
Vonds (Tafelberg-Uitgewers) 1980
- Blomme
in die Ryp (Tafelberg-Uitgewers) 1982
- Wagkamer
(Human
en Rousseau) 1985
- Die
Koms van die Fluitspeler (J.P. van der Walt-Uitgewers) 1989
[Naaswenner-Volkskasbankprys] -
'n Uil op die Voëlhok
(J.P van der Walt) 1991 [ Volkskasbankprys]
- Die
Prys van 'n Witkruis
(Tafelberg-Uitgewers) 1991
- Groen
is die Kleur van Genade (J.P. van der Walt) 1993 [Volkskasbankprys]
- Sterling
(Tafelberg-Uitgewers) 1994 [ATKV-Toekenning]
- Fokus
op Stella (Tafelberg-Uitgewers) 1996
- Die
Pasaangeër
(J.P van der Walt) 1999
| | (Inligting
verskaf deur Marlene le Roux, Maart 2000) |
 |
|