|
Ek
is op Potchefstroom gebore - altans - my lyf is daar gebore en het
daar grootgeword. Mens se kop/siel/gees - dit of wat jou ook al
uniek jy maak, swerf mos maar orals rond - deur al die boeke wat
jy lees - deur al die mense se lewens wat jy ken en ontmoet en van
hoor, deur alles wat met jou gebeur en wat jy laat gebeur, waar
jy is en nie is nie.
Ek
het op Potch tale geswot en 'n onderwysdiploma en gaan skoolhou.
Hoofsaaklik Latyn gegee, maar ook Engels. Ek is getroud, het drie
kinders gehad en is geskei. Soms word wat lyk soos 'n doodloopstraat
'n baldadige hartpad. Ek begin daar êrens by 40 jaar skryf
- wat ek nog altyd wou doen en te bang was om te probeer. (Eers
swot ek Sielkunde - want sê nou ek kan nie skryf nie? Is ek
nou mal om te dink ek kan skryf 'n lewe maak?)
My
kinders en kleinkind (gebore: 1974, 1976 ,1978 en 2004) is vir my
'n heerlikheid. Augustinus het gesê die liefde is soos 'n
klip: dit hou jou op die grond. Kinders is soos klippe. Hulle hou
jou op die grond, anker jou in die lewe self. Dis ook een van die
redes waarom ek hoofsaaklik vir kinders geskryf het en nog skryf.
Kinders is plat op die aarde, nie êrens op 'n plek waar hulle
dink hulle behoort te wees nie, en hulle weet nog dat hulle vlerke
het. Ons is aardsgebonde, maar ook onbeperk, dink ek.
Ek
het 'n wye verskeidenheid goed geskryf. Meeste is gepubliseer, maar
ek het ook 'n laai vol van daai soort skryfsels wat mens nie mee
raad het nie en ook nie wil laat gaan nie.
Curriculum
vitae? Die verloop van 'n lewe? Met die klem op loop. Ons reis deur
'n lewe en boeke is net reisjoernale van plekke waar ons was en
wat ons deel met ander medereisigers.
Skoolopleiding
Laerskool
Mooirivier en Hoërskool Gimnasium op Potchefstroom
Akademiese
kwalifikasies
- 1969:
BA (cum laude) Hoofvakke: Engels en Latyn Potchefstroomse Universiteit
-
1970: Universiteitsonderwysdiploma (cum laude) Potchefstroomse
Universiteit
-
1988-1990: Sielkunde I, II en III (cum laude) UNISA
-
1991: Honneurs Sielkunde (cum laude) RAU
Onderwyservaring
1971-1972:
Hoërskool Gimnasium, Potchefstroom (Latyn & Engels)
1973: Hoërskool Fakkel, Johannesburg (Latyn & Engels)
1974: Hoërskool Randburg, Randburg (Engels) (een kwartaal)
Privaat Engels- en Latynklasse
Huidige
beroep
Professionele
Skrywer. Ek werk tans (Nov. 2004) aan die draaiboeke vir 'n storiereeks
vir kinders, Dokotela Papalela , vir SABC 2 in opdrag van Sonneblom
Films en in samewerking met Katinka Heyns, Tobie Cronje en Piet
Grobler.
Skryfkursusse
Korrespondensie-Skryfkursus
In
Februarie 2000 het ek 'n skryfkursus gekonseptualiseer vir aspirant-skrywers
in alle genres. Die kursus het sentreer rondom die maak van 'n storiekern
wat aangepas kan word om aan die vereistes van enige genre, hetsy
prenteboeke, jeugverhale, draaiboeke of watter genre ookal te voldoen
Die
Korrespondensie-Skryfkursus (via e-pos, faks of slakkepos) het beskik
oor verskeie modules wat studente teen hulle eie pas kon voltooi.
Studente het persoonlike terugvoering en aanmoediging na die voltooiing
van werkopdragte gekry.
Dit
was uiters prakties en gemik daarop om iemand aan die skryf te kry
en aan die skryf te hou. Dit het ook geleentheid vir selfontwikkeling
en die ervaring van kreatiewe skryf as selfterapie gebied.
Een-
of Tweedagse-storiemaakwerkswinkels
Gedurende
2000-2001 het ek ook persoonlike en interaktiewe storiemaakwerkswinkels
vir Afrikaanse en Engelse aspirant skrywers regoor die land aangebied.
Hierdie werkswinkels het gekonsentreer op die kern van die inhoud
van die Korrespondensieskryfkursus, naamlik dat die skrywer gesien
word as die bron van sy/haar eie stories en daarom het dit ook moontlikhede
tot selfverkenning en die ervaring van die terapeutiese waarde van
skryf gebied.
Die
terugvoering van persone wat die kursus en die werkswinkels meegeloop
het, was besonder positief.
In 2003 loop my ervarings van skryf en die deel daarvan met ander
via die internetkursus en die werkswinkels uit op die publikasie
van Eendag was daar 'n storie - 'n praktiese storiemaakkursus(Tafelberg)
In 2009 publiseer ek Die land van stories - 'n praktiese storiemaakkursus
- Vir almal met 'n liefde vir stories wat die nuwe en verbeterde
weergawe is van my skryfervaring.
Vertaalwerk
1998:
Die GRAFFIX-reeks (3 boeke) vertaal uit Engels in Afrikaans vir
Human & Rousseau
Uitkomsgebaseerde
Studiehandleidings
2001:
Die verwerking van volwasse beroepsgerigte studiemateriaal vir The
Learning Network.
Publikasies
- 1990:
Die wind sal weet (Tafelberg) Vier bydraes vir drama- en
prosabundel vir Graad 7
-
1992: Jy en die draakakkedis (J.L. van Schaik) Kies-jou-eie-avontuur
vir kinders 8-10 jaar
-
1992: You and the dinosaur (J.L. van Schaik) Vertaling
van Jy en die draakakkedis
-
1993: Jy en Hercules (J.L. van Schaik) Kies-jou-eie-avontuur
vir kinders 8-10 jaar
-
1994: The Friendly Elephant (Hodder & Stoughton) Deel
van die Fountain Series
-
1994: Daar's 'n spook in my kas (Human & Rousseau)
Vir kinders 6- 8 jaar
-
1994: Nicola B: Streng Privaat (Tafelberg) Tienerboek
-
1994: Jy en Toetenkat (J.L. van Schaik) Kies-jou-eie-avontuur
vir kinders 8-10 jaar
-
1994: Anderkantland (Tafelberg) Tienerboek
-
1994: Van die banke op die planke (Kagiso) Een bydrae in
dramabundel vir kinders
-
1995: 'n Haas moet doen wat 'n haas moet doen (Human &
Rousseau) Vir kinders 8-12 jaar
-
1996: Tersia Thom 1: Vriend of vyand (Tafelberg) Eerste
boek in speurreeks vir tieners
-
1996: Tersia Thom 2: Die Donkerhoek-driehoek (Tafelberg)
-
1996: Tersia Thom 3: Skerwe in drome (Tafelberg)
-
1996: My naam is Alexander en wat daarvan? (Kagiso) Tienerboek
-
1996: In die tyd van die Esob (Tafelberg) Tienerboek
-
1997: Op die spoor van die Lesea-vanger (Juta) Kies-jou-eie-
avontuur - deel van STERREEKS, Graad 3
-
1997: Droomvangers (Human & Rousseau) Tienerboek
-
1998: Tersia Thom 4: Bloed is die kleur van ivoor (Tafelberg)
-
1998: Maar my magtig, Moesoek (Tafelberg) Tienerboek
-
1999: Perfectly Me (Cambridge University Press) Cambridge
Life Skills Project - Picture Book.
-
1999: Vonkfiksie (Human & Rousseau) - twee bydraes
-
2000: Die Balkieboek (Human & Rousseau) Vir kinders
3- 99
-
2000: Babelela (LAPA) Volkleurprenteboek
-
2000: Anderekantland (Koninklijk Instituut voor de Tropen)
Nederlandse vertaling van Anderkantland
-
2001: In die tyd van die Esob - 'n Gids (Tafelberg) Uitkomsgebaseerde
werkboek
-
2001: Lisa het 'n plan (LAPA) Volkleurprenteboek
- 2003:
Eendag was daar 'n storie! - 'n Praktiese Storiemaakkursus
(Tafelberg) Skryfhandleiding
-
2003: Ek is Simon (Tafelberg) Volkleurprenteboek
-
2003: I am Simon (Tafelberg)
-
2003: Skilpad sonder 'n dop (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige
Uitgewers)
Tortoise without a Head
Die eensame draak (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige Uitgewers)
The Lonely Dragon
Daar's 'n spook in my kas (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige
Uitgewers)
My Cupboard is Haunted
(Laasgenoemde is n verwerking van Daar's 'n spook in my kas
wat in 1994 by Human & Rousseau verskyn het, en tans uit druk
is.)
Bogenoemde drie titels verskyn as sg. "Big Books" vir
gebruik in
skole: Graad 1, 2 en 3) Van elke titel is ook "Small Books"
beskikbaar.
-
2003: Jamie en Sebastiaan (LAPA) Avontuurstories vir kinders
6- 10
-
2004: Balkie en die Kleurdief (Human & Rousseau) 'n
Anderste
Prenteboek vir mense 3-99
-
2004: Die Hart van Zeebak (Tafelberg) Jeugboek
-
2004: Diep, diep in 'n donker bos (LAPA) ('n Babalela -"opvolg")
-
2004: Afrika Vertel (Nasou-Via Afrika Opvoedkundige Uitgewers)
Oorvertelling van Afrika Legendes) Algemene Leesboek Graad 4-7
-
2004: Balkie en die son se slaapplek (Best Books) 'n Lees-,
Leer- en Taalreis. (Graad 4)
Balkie and the Sun's Resting Place (Best Books) Reading,
Learning and Enjoying Language (Grade 4)
Balkie en die woeste virus (Best Books) 'n Lees-, Leer-
en
Taalreis. (Graad 5)
Balkie and the Vicious Virus (Best Books) Reading, Learning
and Enjoying Language (Grade 5)
Balkie en die lugrowers (Best Books) 'n Lees-, Leer- en
Taalreis. (Graad 6)
Balkie and the Pirates of the Sky (Best Books) Reading,
Learning and Enjoying Language (Grade 6)
- 2007: Jy en die dinosourus (LAPA)
- 2007: Jy en Hercules (LAPA)
- 2007: Jy en Toetenkat (LAPA)
- 2008: Jamie en Sebastiaan en die storiemol (LAPA) saam
met Martie Kruger
- 2008: Lisa het 'n plan (LAPA)
- 2008/2009: Loebi-leesreeks (www.loebi.co.za)
- 2009: Vandag is nie gister nie - 'n spanningsverhaal vir
volwasse lesers
- 2009: Die land van stories - 'n praktiese storiemaakkursus
- Vir almal met 'n liefde vir stories
- 2009: Los ons uit! (LAPA)
- 2009: Emma en die Bleg. (LAPA)
Stories
en sketse
Verskeie
kortverhale en artikels vir tydskrifte asook sketse vir radio.
TV-draaiboeke
- 3-UP:
Program vir kinders 3-8; 26 programme, uitgesaai op e-TV van Februarie
tot Julie 1999. - Draaiboeke vir gedeelte van die programme asook
die "skakels".
- Thysie
Kwadraat: Volwasse drama; beplande produksiedatum: 2002.
- Balkie:
Kinderreeks in 13 episodes vir SABC2. Datum van produksie moet
nog bepaal word.
- A
Child of Africa: (werkstitel) Kinderreeks in 13 episodes in
opdrag van Sonneblom Films geskryf. Produksie moontlikhede word
nog ontgin.
Rubrieke
Maandelikse kinderstorie (Balkie) in rooirose (Januarie 1993 -
Desember 2005)
Weeklikse
kinderstorie (Jamie en
Sebastiaan) in vrouekeur (sedert April
2000)
Maandelikse storie (Kanja die Derde) in rooirose, saam met Martie
Kruger en Heidi Fivaz (illustrasies) (Januarie 2006 - April 2008)
Toekennings
1986:
Die groot slang en die ongehoorsame kind. 'n Toneelstuk gebaseer
op 'n Tsonga-legende (gepubliseer in Van die banke op die planke:
1994) Sebokeng Onderwyskollege, Vanderbijlpark wen met die opvoering
van hierdie toneelstuk die ATKV se ATO'86 kompetisie (Afrikaanse
Toneel vir Onderwyskolleges)
1989:
Moditjhaba (in Engels) (ongepubliseer) Deur Via Afrika- uitgewers
bekroon as die beste oorspronklike toneelstuk op die Interkollege-Dramafees
te Vanderbijlpark
1994:
Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur vir Anderkantland
1996:
ATKV-kinderboektoekenning (1994) vir Daar's 'n spook in my kas
(kategorie: 6-7 jaar)
1996:
ATKV-kinderboektoekenning (1994) vir Jy en Toetenkat (kategorie:
8-9 jaar)
1996:
C.P. Hoogenhout-medalje vir Anderkantland (Beste kinderboek
in 1994-1995)
1996:
Sanlamprys vir Jeuglektuur vir In die tyd van die Esob
1998:
In die tyd van die Esob word verkies vir die Ererol van IBBY
(International Board on Books for Young People) en verteenwoordig
Suid-Afrika by 'n Internasionale Simposium vir Jeugboeke in Indië
1999:
Naaswenner in Vonkfiksiekompetisie van DE KAT/ Human & Rousseau
2001:
Alba Bouwerprys vir Kinderlektuur (toegeken deur die Akademie vir
Kuns en Wetenskap) vir Die Balkieboek (Beste boek vir kinders
7-12: 1998-2000)
2002:
ATKV- kinderboektoekenning (2000) vir Die Balkieboek
(kategorie: 6-7 jaar)
2003:
Tienie Holloway Medalje vir Kleuterliteratuur (toegeken deur die
Akademie vir Kuns en Wetenskap) vir Babalela en
Lisa het 'n plan.
2004:
M.E.R Prys vir Kinderliteratuur vir Ek is Simon
2006: Tienie Holloway Medalje vir Kleuterliteratuur vir Diep,
diep in 'n donker bos
|