Francois
Bloemhof
Francois
skryf 'n groot verskeidenheid boeke en het reeds verskeie toekennings vir sy werk
ontvang. Hy was verhaleredakteur van die Sarie en het Woorde Wat Wip
in die Jong Burger hanteer.
Marianna
Brandt
Marianna Brandt hanteer Haasbekkies.
Haar stories vir jonger kinders word wyd voorgeskryf. Sy was redakteur van Haasbekkie,
'n tydskrif vir jong lesers.
Anneretha
Combrink
Anneretha
Combrink is 'n nagraadse student in Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit. Sy
lewer bydraes vir Kuier by en Resensies.
Miemie
du Plessis
Miemie
is kinderboekuitgewer by LAPA-Uitgewers en was vroeër verbonde aan die Provinsiale
Biblioteekdiens
van Gauteng.
Sy verskaf inligting oor boeke en leeslyste.
Jaco
Jacobs
Jaco
is 'n skrywer van jeugboeke en kinderboekuitgewer by LAPA-Uitgewers. Hy lewer
veral bydraes vir Kuier
by en Grilgrot.
Martie
Preller
Martie
is die skepper van Balkie en is ook betrokke
by skryfkompetisies
en skryfopleiding op Storiewerf. Sy is
'n voltydse skrywer wat reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang het.
Maritha
Snyman
Maritha
Snyman is die Direkteur van LAPA Uitgewers en buitengewone professor
in die Departement Inligtingkunde aan die Universiteit van Pretoria.
Sy is 'n jeugboekskrywer en resensent en verskaf bydraes vir
resensies.
Fanie
Viljoen
Fanie
is 'n bekroonde jeugboekskrywer asook illustreerder. Hy lewer
veral bydraes in Grilgrot.