2011-12

grootmense
werfjoernaal

resensies
skrywers
skakels
leeslyste
nostalgie
dinkskrum
helpmekaar
hulpbronne

navrae
werkplaas

vanwaar gehasi?
werfkaart

boeksoek

soek

posbus


na jongklomp
 
 

Soek jy 'n boek? Dalk kan iemand help...

Ek wil baie graag 'n Afrikaanse of Engelse weergawe van die kinderboek Die Trompette en die Grompette / The Grumpets in Trumpet Land weer in die hande kry - Sal boek en posgeld betaal. Rosemaryn de Jager e-pos blomie@gmail.com (met een M) of 071-1095824 - het hom jare gelede voos geleen in die plaaslike biblioteek. (2011-12-07)

Ek soek Hapoor en Slurpie deur Cecilia Olivier sal bly wees as iemand dit dalk het of kan se waar ek dit kan kry. Dankie Marlene de Bruyn e-pos marlenedebruyn@yahoo.com (2011-12-07)

Kan iemand my dalk help? My broer se seuntjie is vreeslik lief vir skaak en lees en ek het gewonder of daar enige skaak storieboeke beskikbaar is...nie boeke wat mens leer hoe om skaak te speel nie? Vriendelike groete Judith e-pos gigglyclick@msn.com (2011-12-07)

Ek is opsoek na enige Ena Murray se Omnibusse. Kontak my op 084 523 6339 - Maria e-pos marian@labco.co.za (2011-12-07)

Ek is besig om New Zealand toe te immigreer, en het baie Afrikaanse storieboeke wat verkoop moet word vir baie goedkoop. Skakel my by (017) 632 4673 -- Jacky e-pos jackyarlar@gmail.com (2011-12-07)

Kan iemand asb help ek opsoek na Karen Kingsbury boeke verkieslik in Afrikaans. Kontak my asb chantelljvr@hotmail.com (2011-12-07)

Ek is op soek na die boek: Boet en Saartjie en dan ook Sus en Daan. Kan iemand my help asb. Afrikaanse boeke asb... Dankie Christa Le Roux 082 490 8038 e-pos gwmccs@wam.co.za (2011-12-07)

Ek is op soek na die boek reeks Mank Mannetjie deur Casper H. Marais (1951) As iemand dit beskikbaar het, kan hulle my kontak op 083-655-0908. Markus. Groete Markus Leibbrandt e-pos markusl@absa.co.za

Ek het baie Wille Martin boeke en 'n klomp Elmar Steyn asook baie Ena Murray. 1 van haar boeke het hulle op die buite blad gedruk eva Murry het dit geskryf inplaas van Ena Murry. Dit is Die geheim van Hercule Cordier uitgegee 1970. As iemand belangstel sal ek vir hulle die lys stuur. Groete Corrie. e-pos corrieheer@webmail.co.za (2011-12-07)

Ek is opsoek na 'n "outydse" leesboek (nie "storieboek") om die gr 4's wat sukkel om te lees, te help. Ek ken al hierdie mooi wenke van grafiese voorstellings, blokkies-maak van verskillende kleure, flitskaarte, indril van basiese klank, bou van sinne met woorde wat op flitskaart verskyn, ensovoorts. Wat ek soek, is 'n paar titels van leesboeke wat ons nog "in ons dae" geken het om te leer lees! Groete Susan Geyer Laerskool Pietersburg-Oos e-pos susan@afrihost.co.za (2011-11-11)

Ek is op soek na: 1. Die verhaal van die drie bome deur Angela Elwell Hunt, wat 1990 deur Tafelberg uitgegee is. ISBN 978 062 402 9038 2. Bolliger, M . Die kinderbrug. Vertaal deur Freda Linde. Dankie. Leone Tiemensma e-pos leonet@mgi.ac.za /0828246290 (2011-11-11)

Ek is opsoek na Rook en Oker, Kantelson en die oorspronklike Versamelde werke van Ingrid Jonker. Ek sal dit baie waardeer indien iemand my kan inlig waar ek dit kan bekom. My e-posadres is: nansie@telkomsa.net. (2011-11-11)

Ek is op soek na The War for Africa deur Fred Bridgland. Baie dankie. jjvdc@aol.com (2011-11-11)

Ek is opsoek na die volgende boeke van Sarah du Pisanie: Die Woestynplantjie, 'n Nooi vir Omdraaikans, As die sweep klap, Liefde per dosyn, Die Lospry,s Soentjies van Lani, Emma, Waar die Suiderkruis hang. Ek kort net die agt om my versameling te voltooi. Sunel Krüger epos sunel.kruger@ymail.com (2011-11-11)

Ek doen graag navraag oor my boek 4x4 kamp en vakansiegids vir die hele gesin. Ek verstaan dit is reeds uit druk by NB uitgewers maar wil graag uitvind of daar nog kopieë êrens beskikbaar is asb aangesien ek dringend opsoek is na 'n paar van die Afrikaanse of Engelse weergawe (4x4 camping and holiday guide for the whole family) Baie dankie Karin van Staden e-pos Karin.VanStaden@ul.ac.za (2011-11-11)

Ek is op soek na 'n afrikaanse sagteband boek wat ek as kind gelees het - die titel is Misdaad en wetenskap. Ek kan nie die skrywer onthou nie, een van die karakters in die boek se naam was Clem as ek reg onthou. Handel oor 'n bende wat allerlei wetenskaplike truuks uitvoer vir hul skelmstreke, proefnemings met konyne en dan op mense toepas, geldvervalsing ens. Groete - Andre e-pos online2515386@telkomsa.net (2011-11-11)

My kopie van Alba Bouwer se "Katrientjie van Keerweder" is gesteel en ek wil bitter graag weer 'n kopie bekom, al is dit tweedehands. Kan jy dalk help, asseblief? Mariaan Burger e-pos mariaanbr2@telkomsa.net (2011-10-10)

Ek is op soek na kunsboeke oor Irma Stern, J.H. Pierneef en Maggie Laubser, asook boeke oor en deur Johannes Meintjes. Sal vir die boeke en posgeld betaal. Skakel Neels by neels@maroelaboeke.co.za (2011-10-10)

Kan iemand my dalk help met die volgende drie Konsalikboeke. Liefde in die etensuur , Ek erken , Die Dodelike huwelik. Ek het ook duplikate. George Kellerman e-pos mwgeorgek@mweb.co.za (2011-10-10)

Ek is op soek na die reeks van Laura Ingalls Wilder in Afrikaans of Engels. Kan iemand dalk help. Diana Scheepers (e-pos) trevor@hsvallei.co.za Baie dankie! (2011-10-10)

Ek is op soek na twee boeke: 1. Twee mossies vir 'n stuiwer deur WA Hickey 2. Huisgenoot Wenresepte 6 Kan iemand help asb? Groete 086 641 4430 marthina01@telkomsa.net (2011-10-10)

Ek is op soek na GELOFTE LAND en BEDOELDE LAND geskryf deur FA Venter. Byvoorbaat dank Marlene Fourie e-pos marleneswork@gmail.com

Ek is op soek na `n "SUS en DAAN" boek wat jare trug in die skool gebruik is as `n leesboek vir Sub a/Graad 1. Groete Johann A Kruger e-pos Johann.Kruger@sasol.com (2011-10-10)

Ek soek na fotoverhale Afrikaans of Engels. Byvoorbeeld Mark Condor, Tessa, Man sonder naam en baie ander. Ek het heelwat Ruiter in Swart, Swart Luiperd, Grensvegter, Verdwaalde harte ens, wat ek weer in ruil kan aanbied. epos my by 27796243341@vodamail.co.za of bel of sms saans Koos by 0933274269. (2011-10-10)

Baie jare terug was ek gelukkig genoeg om storie-man op kasset te besit. Net nou die dag het ek aan 'n gedig gedink wat in die reeks was: Die Tweebeenvlieg van Koekenaap. Dit lyk nie of dit tans in die reeks op CD is nie en ek het gewonder of julle my miskein meer inligting kan gee oor die stuk soos bv die Skrywer. Ek sal dit opreg waardeer as julle enige inligting kan verskaf. Groete G van Zyl e-pos gerry@jaffamusic.co.za (2011-10-10)

Ek is op soek na twee boeke van Jochem van Bruggen. Die Damwal (1945) en Ampie: Die trilogie (Ongeveer 1965) jhengelbrecht@telkomsa.net Tel: 0763 923923 Johan (2011-10-10)

Ons is dringend opsoek na Huisgenoot Wenresepte (vanaf Volume 1 en verder). Ons sal u vergoed asook die nodige posgeld betaal. vstraatenr@gmail.com Vriendelike Groete Retha Van Straaten (2011-10-10)

Ek het begin om die Ena Murray sagteband omnibusse te versamel. As iemand enige dubbels het wat hulle graag wil verkoop kan hulle my asb. kontak. Dorothy de Bruyn. Epos: angeleyes@telkomsa.net (2011-10-10)

Ek wil weet of iemand dalk enige samesprake het met bekende sprokies as tema (Drie varkies, Rooikappie, Goue lokkies, ens) wat gemoderniseer is? Ons is betrokke by 'n Laerskool en bied klasse in die middae vir die kinders aan. Ons drama groep wil graag vir die eindjaar konsert iets ouliks opvoer, en het gedink aan sprokies. Sal waardeer indien iemand my van hulp kan wees. groete Marietha kultuurklub@absamail.co.za (2011-08-20)

Ek neem jaarliks deel aan die Paarl Eisteddfod kunswedstryd. 'n Jaar gelede het daar 'n meisie in ons groep vir "Tip" deur Saartjie Botha voorgedra en ek sal dit graag volgende jaar wil voordra, maar kry dit nêrens nie. Kan iemand help? Anmari Claassen e-pos wilmi@mxit.im (2011-08-20)

Ek is op soek na 'n Tarzan boek, ek dink dit was in Afrikaans, wat in die laat 70s uitgegee was. Die boek se buite harde blad (voor en agter) was so borrie geel, en in groen font middel die titel. Effe groter as A4, en so 3-4cm dik gewees, alles in vol kleur. Skryf aan Michael op mikeemans@yahoo.com (2011-08-20)

Ek is opsoek enige graad een leesboeke Die ou Mossie en baas Piet pierewiet leesboeke BAIE DRINGEND!! Marius Swanepoel Kemptonpark Mjswanepoel@telkomsa.net 083 292 3174 (2011-08-20)

Ek is op soek na Elsabe Steenberg se Boom bomer boomste asook Promenadedek en Daar was tien van Konsalik. Voorbaat dank Biola e-pos biolasystem@gmail.com (2011-08-20)

Ek is op soek na die Afrikaanse/Engelse Tarzan reeks sagtebandboeke van Edgar Rice Burroughs. Hestie Swanepoel: epos: hestie.swanepoel@gmail.com of 0724610156 (2011-08-09)

Ek soek die boek DIE DERTIENDE DISSIPEL deur Morkel van Tonder wat uit druk is. Ek het dit gehad, uitgeleen aan iemand en net nooit weer teruggekry nie. Kontak my asb by Barnard.Aniki@gmail.com of sms 079 416 0102. Baie dankie, Aniki van der Zandt (2011-08-09)

Ek soek ‘n boek met die naam: Die meisies van Maasdorp. Dit is die eerste een in die reeks, en ek wil verkieslik die jongste weergawe. albert@actgroup.co.za (2011-08-09)

Ek is op soek na Wenresepte 3, geskryf deur Annette Human. Waar kan mens die boeke kry, of is dit uit druk uit. Groete Cahrlene Clarke e-pos 15301125@sun.ac.za (2011-08-09)

Benodig Konsalik: Die dodelike huwelik; Die lewende dooies van Nonghai; Die liefde van Francesco Corani; Die losprys is die dood; Die man wat sy lewe vergeet het; Die seerower van Altum Ha; Die sterre moet nog skyn; Die woestyndokter; Engeltjies sonder vlerke; Komeet van die dood; Liefde agter n masker; Liefde in die etensuur; Liefde in die loopgraaf; 'n Kosak word getem; Nagte langs die Nyl; Oorlogsvoering op die sewe palms; Operasie dolfyn; Pad van verskrikking; Promenadedek; Terreur aan boord; Toe bly daar 'n rooi seil oor; Vloek van die smarag; Vreemde wêreld. Te koop of te ruil vir ander titels waarvan ek duplikate het. faniemarais@discoverymail.co.za. (2011-08-09)

Ek soek ‘n Afrikaanse boek re die storie/sprokie/legende van skaak. Vriendelike groete Engela e-pos Engeladut@telkomsa.net 0832906002 (2011-08-09)

Ek is op soek na kort toneelstukkies/eenbedrywe wat spesiaal geskryf is vir laerskoolkinders van 12/13 jaar oud. Is daar dalk iemand wat my kan help? Kontak Marietjie by mdiener@lantic.net of skakel 0823282526 (2011-07-18)

Ek is op soek na drie boeke. Fort van die kappiedraers asook Die Suidwestertjie deur Sarah DuPissani en Die Uile omnibus nr. 1 deur Cor Dirks. My sel nr. is 0847083952 en my e-pos is Alberts.wilna@gmail.co.za. (2011-07-06)

Ek soek Kom ons skryf 'n draaiboek deur H Human 1989. Johan Genis e-pos hanrigen@gmail.com (2011-07-06)

Ek is dringend op soek na boeke deur Johannes Meintjes. Indien u van sy boeke beskikbaar het, en daarvan afstand wil doen, skakel Neels asseblief by: neels@maroelaboeke.co.za of 084 4495 963 (2011-07-06)

Ek is op soek na Ena Murray se Omnibus 7, Malva in Vinkelstraat en Martelmars van die Noodlot/Dood. Skakel my op 0838617221 of epos erica.engelbrecht@standardbank.co.za (2011-07-06)

Ek is op soek na boeke wat ek as kind gelees het. Dit is Luister stories vir almal, Human & Roussouw uitgewers 1986 en Van der Walt se Towersprokies 1982. My nommer is 0824422606 Baie dankie, Chris Oosthuysen e-pos admin@compu-net.co.za (2011-07-06)

Ek lees al die Maasdorp en Keurboslaan reekse vandat ek 7 jaar oud is tot vandag op 53. Ek het altwee reekse jare gelede vir my aangekoop.
Nadat ons 3 jaar gelede na Gauteng verhuis het het al my boeke verlore geraak. Watter groot ramp. Ek het intussen die nuut herskryfde reekse aangekoop, maar dit lees glad nie so lekker soos die oues nie. Waar kan ek nog van die oorspronklike boeke koop? Ek is so hartseer soos 'n kind oor my boeke. Ek wil dit so graag vir my kleinkinders bewaar. Ek gee nie om as die boeke nie meer in perfekte toestand is nie, solank dit net die oorspronlike ou reekse is.
Hoop om gou van julle te hoor. Groete. Eleen Blaeser. e-pos eleen_b@hotmail.com (2011-07-06)

Ek sou baie graag weer 'n kinderboek wil vind wat ek in die sestigerjare gehad het, ek dink dit was Afrikaans maar waarskynlik 'n vertaling. Die omslag het ten minste een groen horisontale band gehad en 'n kleur-illustrasie met 'n olifant - ek dink hy was die hoofkarakter van die storie. 'n Geklede, regoplopende, pratende olifant. Ek dink hy het formele drag, soos 'n sirkusbaas of 'n 'butler' gedra met 'n swart broek en iewers rooi en wit strepies. Die storie het oor hom en stoute kabouters of elwe gegaan. In een van die illustrasies het die stoute kabouters hom gejaag of gevolg en so agter rotse uitgeloer; een van die kabouters het toe ook versteen en net soos die klippe op die rotsrantjie gelyk. Ek onthou dit baie beter as wat ek dit hier beskryf. Joanne Lombard e-pos joanne.lombard@up.ac.za (2011-07-06)

Kan enige iemand my dalk help met die kinderboekie Die Oempel Doempels van Amper Stamper Land of dalk weet iemand wie dit geskryf het. Groete Alba Pretorius Sel 083 255 2362 e-pos DLMallochBrown@york.co.za (2011-06-05)

Ek is op soek na die agt Rooi Ridder-boekies wat deur Leopold Vermeiren geskryf is en wat in die 1960's in Afrikaans uitgegee is. Sal vir boeke en die posgeld betaal. Skakel Neels by neels@maroelaboeke.co.za of 084 4495 963 (2011-06-05)

Ek soek nog steeds na die boekie Die Grys Adelaar wat ek as kind so ± 100 jaar gelede gelees het. Kan iemand dalk help? Estelle Oelofsen e-pos estelle@oelofsen.co.za 083 231 1150 (2011-05-22)

Ek is asseblief opsoek na Huisgenoot Wenresepte no 6. Ek sal jou vergoed vir die boek. Indien iemand my kan help, kan ek in kantoorure by die volgende nommer geskakel word 012 432 7218 of jy kan my kontak op my e-pos adres: suuz.era@gmail.com Byvoorbaat baie dankie, Susan. (2011-05-22)

Ek is op soek na die oorspronklike Keurboslaan-reeks, soos dit gedruk is voor hulle die boeke verkort en saam gevoeg het. As iemand my dalk kan help, kontak asseblief Uda van Oostrum by uda@oostrum.org. (2011-05-22)

Ek is op soek na `n baie spesiale boek vir my ma. Sy het dit gelees toe sy op laerskool was en soek die boek al `n lang tyd! Dit is DIE GEHEIM VAN DIE PERS BLOM van Magdalena Petronella Maritz . Dit is uitgegee in 1960, As enige iemand my dalk kan help dit opspoor sal ek baie dankbaar wees! Lorianne Vorster 0823518647 avataar21@yahoo.com. (2011-05-22)

Ek is opsoek na Ena Murray Omnibus 2. Behalwe vir hierdie boek het ek die hele reeks. Dankie, Cindy van Schalkwyk e-pos cindy.vanschalkwyk@drpractice.co.za 0827734430 (2011-05-22)

Ek is op soek na Suid-Afrika- Raar maar waar deur Rob Marsh. Dit is uit druk en ek wil dit baie graag hê. Ek woon aan die Oos-Rand. Kontak asseblief Elize van Wyk by elizevanwyk1@mweb.co.za (2011-06-05)

Ek is op soek na BIELIEBALIES deur DOLF VAN COLLER as iemand my kan help asseblief. andreserf@gmail.com (2011-06-05)

Andre van den Berg is opsoek na die boeke: Ware Suid-Afrikaanse Moordverhale van Johann van der Post gepubliseer in 1948. Kan u hom dalk skakel by: 018 2971460 of 083 324 1460. (2011-05-22)

Ek is op soek na die Jeugland skoolboekies wat ek in 1979 op skool gebruik het onthou en van die boekies se name was Bennie en sy maats deur Hester Heese. olgabotes@telkomsa.net of 0725442057 (2011-05-22)

Baie dankie ek het al heelwat ou boeke bekom deur Helpmekaar nadat ek vir hulp aangeklop het. Ek kort nog net een boek wat ek glad nie kan opspoor nie - dit is 'n baie ou boek geskryf deur J van Elders - Die Waternimf. Dalk kan Helpmekaar my hierdie keer weer verras! Vriendelike groete Elsie S Smit e-pos locketts3@tiscali.co.za (2011-04-10)

Ek is opsoek na twee boeke van Marijke Greeff (1) Seerower vir Shakira en (2) Markies vir Melasanda. Indien jy my kan help kan jy my kontak by : finance@voortrekkerpmb.co.za - Dankie Mia (2011-04-10)

Ek soek al jare na die KLEIN VERSEBOEK en of JEUG VERSEBOEK deur DJ Opperman. Groete, Anton vd Westhuizen e-pos antonvdw@telkomsa.net (2011-04-10)

Ek is op soek na 'n Vriend vir altyd - honderde hondestories deur Hennie van Deventer. Carmen Schoeman e-pos johanns@telkomsa.net (2011-04-10)

Ek wil baie graag Avontuur op mars (Empie Maritz) weer kry. Ons bly in Australie, so die biblioteke het nie 'n groot verskeidenheid Afrikaanse boeke nie. Ek sal verkies as ek dit as 'n e-boek kan kry, anders sal ek 'n boek ook neem. Lizette e-pos f.vdwalt@hotmail.com (2011-04-10)

Ek is baie dringend opsoek na die boek O, togga ‘n gogga (Phillip de Vos). Ek het oral gesoek en kry dit net mooi nêrens nie. Ek is ‘n onderwyseres en wil dit gebruik vir my spreekkoor. Kan iemand help? Groete RIKA 083 377 1057 hoek.rika2@gmail.com

Ek is op soek na 'n kinderboek wat ek in die vroeg sewentigs, moontlik so vroeg as 1969 gelees het: Die kamma storieboek van Helene de Klerk. Kontak my asb. by henriette.coetzer@gmail.com as u kan help. (2011-02-15)

Ek is opsoek na 'n boek te koop met verskillende Afrikaanse monoloë in. My kind is 14 - iets wat by haar ouderdom pas. Groete Juanita Oosthuizen e-pos mwheels@lantic.net (2011-02-15)

Ons soek na Wouter Snouter deur Elsa Niemeyer (dis gediggies) en Sangiro se Uit Oerwoud en Vlakte. As enige iemand dit het en nie meer wil hê nie, sal ons dit graag wil koop. Baie graag asseblief! Kontak vir my, Huibrecht by habyjansen@iafrica.com of vir Marta by zacswall@mweb.co.za Baie dankie by voorbaat. (2011-02-15)

Ek is op soek na die boek Ogus, die storie van 'n mak Bobbejaan van S Nienaber (1954) Enige hulp om 'n eksemplaar te kry sal waardeer word. Baie dankie - Cheryl du Preez 072 026 8049 dpreezce@eskom.co.za (2011-02-15)

Ek soek na die boek: Malisel en die tweeling. So in 1960 uitgegee. Ek het geen ander besonderhede oor die boek. Cobie by cobie.coetzee@gmail.com (2011-02-15)

Ek is dringend op soek na Baas en Mossie leesboekies. Ek het leer lees met hierdie boekies, en wil dit graag vir my dogtertjie van 4 aankoop. As iemand my kan help. my email adres is: verstesu@eskom.co.za Groete Susan Verster (2011-02-15)

Ek is op soek na die Maasdorp-reeks kinderboeke. Ek weet ongelukkig nie wie die skrywer is nie, maar die karakters was o.a. Kobie en Breggie. Hulle was in die koshuis en het allerlei avonture beleef. Ek is nie seker hoeveel boeke daar in die reeks was nie, maar het vele daarvan self as kind gelees. Ek sal dit graag vir my dogtertjie wil bekom. Carina Vermaak e-pos tcv@absamail.co.za (2011-02-15)

Ek is opsoek na die reeks van 24 Boeke: Ontdek die Bybel (Daan Retief Uitgewers 1987) ISBN 0 7959 1285 4 (STEL) Verwerk deur Etienne Dahler, Redakteur Dawid van Lill. Vertaler Libby Retief. …of enige een of meer van die reeks indien beskikbaar. Baie dankie, Ridri DeBeer e-pos ridri@telkomsa.net (2011-02-15)

Ek soek ‘n boek. Sal iemand my asseblief help om Die Swartwitpens geskryf deur H.J. Vermaas in die hande te kan kry. Baie dankie solank susan.coetzee@telkomsa.net 071 912 7746 (2011-02-15)

Ek het my altyd verlustig in my Jakkals en Wolf plate en het gewonder of die lekker-luister stories dalk op CD beskikbaar is. Kan julle my dalk help? Ronel van der Merwe e-pos r.v.d.merwe@hillebrandgroup.com (2011-02-15)

Ek is op soek na Huisgenoot Wenresepte no's 3, 6, 7 Ek is ook op soek na Dine van Zyl se resepteboeke. Haar Potjiekos boek en ook eninge ander ene. My sel no. is 0823249511 en e-pos is franciscov@telkomsa.net Ek sal veegoed vir die boek en ook die posgeld. By voorbaat dankie vir u hulp Jean (2011-02-15)

Ek is op soek na die volgende Ena Murray boeke en sal dit waardeer as eimand my kan help om dit te bekom. Die Kluisenaar van Abendruhe, Twee Paaie na Khuana, Soekers na die son, Wanneer die Nuwe Dag Breek, Die Meisenaar Kliniek, Dr. Julene, Dae van ons Nietigheid, Liefste Koos Maddie. Dankie by voorbaat. heg@telkomsa.net (2011-02-15)

Ek is opsoek na Jakkals en Wolf CD's. Kan enige iemand my dalk help daarmee? Byvoorbaat dankie, Isabel du Plessis e-pos isabellabok@gmail.com (2010-12-30)

Ek is op soek na die volgende boek: Vrywillig vir Europa deur Saint-Loup, Boek Mosaiek, Johannesburg, 1966, soos vertaal uit die Frans deur Myron Kok. Sal baie dankbaar wees as iemand kan help. Ek betaal goed. Ek is 'n Franse versamelaar. Baie dankie! Kontak Jacques-Emmanuel, e-pos: jacquesemm@yahoo.fr (2010-12-30)

Ek weet nie wat die boek se naam is nie. Dis 'n kinderboek, iets van 'die mooiste feeverhale'. Die buiteblad is groen (of blou), met die mooiste illustrasies op. Een van die illustrasies wat prominent is, is 'n groot geel drakie, wat sit soos 'n buha standbeeldjie, en hy glimlag. Jammer dat my geheue so vaag is, maar dit was baie lank terug. Die illustrasies in die boek is nie soos vandag se boeke nie, dit was soos om na 'n kunswerk te kyk. As iemand my kan help of in die regte rigting wys sal ek dit baie waardeer. Dankie. Tanya. e-pos whillow78@gmail.com (2010-12-30)

Ek is op soek na die agt Rooi Ridder-boekies wat deur Leopold Vermeiren geskryf is en wat in die 1960's in Afrikaans uitgegee is. Sal vir boeke en die posgeld betaal. Skakel Neels by neels@maroelaboeke.co.za of 084 4495 963 (2010-12-21)

Ek soek die volgende boeke asb: Boela van die blouwater – Chris Barnard, Chriskras - ‘n tweede keur – Chris Barnard, Die avonture van kaptein Elias Sonnenschein-Karl Kielblock. JoBarnard@justice.gov.za (2010-12-21)

Ek is op soek na die Kinders van die Wereld reeks, as iemand vir my kan se of jy nog die reeks te koop kry, hulle kan my skakel 0832805732. Dankie Kathleen Kruger e-pos kathleenk@maxtsolutions.com (2010-12-21)

Ek is op soek na 'n boek Vrywillig vir Europa van Saint-loup. Baie dankie Cobus Venter. e-pos jacquie.venter@btconnect.com (2010-12-21)

Hiermee doen ons navraag oor 'n boek wat ons baie graag wil bekom nl Die Bybel en my gemoed. Ons verneem hy is uit druk uit is daar nie iemand wat dalk ekstra boeke beskikbaar het nie. Byvoorbaat dank Annamari e-pos annamari.henning@telkomsa.net (2010-12-21)

Ek is op soek na September deur Ettie Bierman. Waar kan ek dit te koop kry of bestel? Liza de Beer e-pos liza.securelogistics@vodamail.co.za (2010-12-21)

Ek is opsoek na die oorspronklike Boet en Saartjie boeke en ook Sus en Daan – kan iemand dalk help? Surene Bruwer e-pos admin@route62.co.za (2010-12-21)

Ek soek na die volgende twee boeke (Afrikaans vertaalde weergawes) Die bere gaan see toe en/of Heuning lekker heuning deur Stanley en Jan Berenstein. Willemien Hart. E-pos hartw@mweb.co.za, sel 0824680915 (2010-12-21)

Ek is op soek na 'n boek van Tryna du Toit Net soos 'n arend Dankie Marilese Greyling e-pos Marilese.Greyling@KIOLTD.COM (2010-12-21)

Ek is op soek na die twee woordeboeke: Mediese Woordeboek (Oxford) (ISBN 0-195-78089-2) en Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme (Brink en medewerkers) (ISBN 0-625-01478-2). Dan is ek ook op soek na die boek Sonoog van Rudolf Erasmus. As daar dalk iemand is wat kan help met die Corfu Trilogy van Gerald Durrell (ISBN 9780141028415) kan dit ook help. Baie dankie Carla van Wyk (née Myburgh) carlapple@gmail.com (2010-12-21)

Ek is op soek na boeke van Sarah du Pisanie. Kort ongeveer 10 om die reeks te voltooi. Kontak my asb met titels wat u het, prys ens by franbeza@telkomsa.net Baie dankie, Bets (2010-11-08)

Op soek na die volgende twee boeke, geskryf deur Dawid van Lill. Het oral op internet gesnuffel, kry niks! Titel: Die Groot familievasvraboek (Jaar 1998) Titel: Fassinerende Feite (Jaar ?) Dankie Lynette Geldenhuys e-pos geldenhuysgesin@gmail.com (2010-11-08)

Ek soek 'n boek, Heinz G Konsalik se ‘Dooie duikers deel nie.’ Ek soek 2 kopie, Asseblief as iemand kan help sal dit wonderlik wees. Groete Pierre Wheeler Cell: 072 736 8608 Tell: 016 454 2400 Email: pierre@bikefin.co.za (2010-11-08)

Ek is op soek na `n boek geskryf deur Lindeque de Beer: Dwalers, verhale oor spoke in1997 uitgegee. rusty.vodamail.co.za@vodamail.co.za (2010-11-08)

Ek is op soek na die DVD van die 1973 rolprent Die Sersant en die Tiger Moth. Koos Roets was die regiseur van hierdie prent. Laat weet asseblief n e-pos adres arnofaber@vodamail.co.za. (2010-11-08)

Ek is opsoek na n ou ou boek met die naam Pagal. Ek weet nie wie die skryver is nie. Riana Nienaber e-pos riana.nienaber@cadiz.co.za (2010-11-08)

Ek is reeds in besit van 3 van die 4 volkleur, A4 grootte Ruiter in Swart fotoverhale wat in 1967 gepubliseer is. As iemand dalk nr 34 in die reeks het asook enige van die volkleur fotoverhale van Saal 10, Beau Brummell en Sister Louise wat in dieselfde jaar vervaardig is, kontak my asb by selfoonnommer 083 442 4511. Dankie. Sven. e-pos Sven.Barsby@capetown.gov.za (2010-11-08)

Ek is op soek na die volgende boek: The Lizards of South Africa deur Vivian FitzSimons. Bereid om vir boek en posgeld te betaal. My selfoonnommer is: 084 4495 963 Baie dankie Neels Loubser e-pos neels@maroelaboeke.co.za
Maroela Boeke en Tierberg Boeke www.maroelaboeke.co.za www.tierbergboeke.co.za +27 (021)913-1713 +27 084 4495 963 (2010-11-08)

Ek is op soek na ‘n Bruid vir die Leeu geskryf deur Susan Conradie. Indien enige iemand my kan help kontak my asseblief by cminnaar@lantic.net (2010-11-08)

Wie kan Help? Ek is op soek Ladybird Selfleesreeks Vlak 1 storieboekies. Van die titlels is Die Rooi Hennetjie, Drie Rammetjies, Die Yslike groot Raap, Slim masjiene, Ongewone plante,. Sus en Daan storieboekies het ons in Graad 1 gelees. Sal baie dankbaar wees as iemand kan help. Dankie Mare e-pos locums@telkomsa.net (2010-11-08)

Ek is op soek na 'n Pronk uitgawe in die SWART LUIPERD reeks no 48: MONSTERS VAN DIE MOERASSE asook nrs 3,4 (Pionier Uitgewers) in die OLOFF DIE SEEROWER reeks. Sal koop of ruil (Ek het baie Swart Luiperd dubbels). Lukie Carelsen 083 4472063 of lukie.carelsen@yahoo.com. (2010-11-08)

Ek is op soek na die Lafras Kuypereeks deur Karl Kielblock. Ek het net Lafras Kuyper die kononier, Hirondelle en Frankryk. My tel nr: 0828591519. epos: abel@prothesis.co.za (2010-11-08)

Ek is op soek na die vier boeke van FA Venter; Geknelde Land, Offerland, Gelofte Land, Bedoelde Land Is daar dalk iemand wat al vier of een van hulle wil verkoop? Dankie A Goosen e-pos momgoose@limpopo.co.za (2010-11-08)

Ek is op soek na Pieter Pieterse se 1989 boek Elkeen se paleis Kontak my asb by louis@auditpartners.co.za. (2010-11-08)

Ek is opsoek na die boek Twee vir 'n Stuiwer deur AW Hickey en ook enige boeke van Karen Kingsbury en Francine Rivers. Indien iemand my kan help kontak my asseblief op nitabeukes@gmail.com Baie dankie - Juanita Beukes (2010-09-10)

Ek soek die volgende televisieprogramme uit my kinderdae: Dawie die Kabouter Klaus en Danny (nie seker of dit die program se naam was nie, Moemin, Pokkel die Eekhoring, Heidi (Die televisie-uitsendings, want ek onthou dele daaruit wat nie in die drie flieks voorkom nie), Trompie en die boksombende, Brakkenjan. Kontak my asseblief by dawierotteveel@gmail.com Hartlike dank, Dawie Rotteveel. (2010-09-10)

Ek is ook op soek na Pofmuis en Stertjie en Mossie en Baas. Dit was ook my leesboeke op laerskool en sal vreeslik graag hierdie twee boekies wil bekom. Sal dit waardeer indien iemand dalk kan help. Byvoorbaat dankie. Annetjie Pottage Epos: annetjie@lombardifoods.co.za (2010-09-10)

Ons is `n Internasionale skool wat Afrikaans al drie jaar in die skool aanbied. Ongelukkig is ons kinders nie op standaard nie. Ek het groot geword met Boet en Saartjie en sal dit graag in die skool wil inbring om kinders te help met hul Afrikaans. Ongelukkig verkies ons skool die Oxford Afrikaans leesreeks. Ek wil weet of iemand saam stem dat Boet en Saartjie `n beter keuse is om in die skool te implementeer? Kan iemand dalk help. Kerryn van Schalkwyk (kerryn.vanschalkwyk@iesedu.com) (2010-09-10)

Ek is op soek na Huisgenoot Wenresepte 3. Ek woon in Rustenburg. Groete, Elize Stols E-pos estols@xstrata.co.za (2010-09-10)

Ek is opsoek na Konsalik se boeke. Ek kort nog net 11 om my versameling vol te maak. Die boeke is: 1- Die dodelike huwelik, 2- Die huwelik van Helmuth Wegener, 3- Die odesa dosier, 4- Die seerower van Altan Ha, 5- Dooie duikers deel, 6- Ek eis die doodstraf, 7- Ek erken, 8- Engeltjies sonder vlerke, 9- Gewaande paradys, 10- Lelie van die nyl, 11- Liefde in die etensuur. Baie dankie: E-mail - jacobusp@groupofhope.co.za of 0829284149. (2010-09-10)

Ek is op soek na 'n boekie met die titel [die naam van die mossie] die stasiemossie. Ek kan nie onthou wie die skrywer was nie.ook enige Kadet-boeke. Christa e-pos fweidemann@telkomsa.net (2010-09-10)

Ek is op soek na die Lafras Kuypereeks deur Karl Kielblock. Ek het net Lafras Kuyper die konnonier. My kontak nommers is Cell: 0844156299 en huis: (016)4291788. My e-pos is jacquesdebeer091@gmail.com. Dankie Jacques. (2010-09-10)

Ek is op soek na die 1950 Afrikaanse Pers boekhandel publikasie van Tarzan en die Goue Leeu en Tarzan en die Leeuman. Ek sal R150 (posgeld ingesluit) betaal vir elk van hierdie boeke. Kontak my by jhneethling@talk21.com of 0721605333. Dankie. Henoch Neethling (2010-09-10)

Ik woon in Nederland en ben op zoek naar Tarzanverhalen in het Afrikaans. Bij mijn weten zijn er drie keer boeken van Edgar Rice Burroughs in het Afrikaans verschenen en wel in 1947 tot 1950 twintig titels met dust wrap (stofjas), in 1976 een titel (Tarzan keer terug), ook met stofjas en in 1983 tot 1985 12 titels als pocket in sagteband. Omdat ik nog begin en om verzendkosten te besparen zoek ik zoveel mogelijk titels tegelijk in goede originele staat (met stofjas, geen bibliotheekboeken). Verder zoek ik alle mogelijke informatie over deze uitgaven en de uitgeverijen, zoals fondslijsten, facturen, oplagecijfers enzovoort. Marten Jonker, Lelystad, Nederland. e-pos Tarzan@edgarriceburroughs.nl

Ek is die skoolhoof by Woelwater Pre Primere skool. Ons hou elke jaar 'n kleuterkonsert vir die ouers en dit het nogal 'n groot geleentheid geraak, verlede jaar ongeveer 500 toeskouers gehad. Ek is op soek na nuwe idees, ons doen gewoonlik iets met 'n lewenles in die storielyn of n kersspel. Is daar dalk n boek wat ek kan bestel? Baie dankie vir u hulp, Celia v d Merwe e-pos celiavdm@polka.co.za

Ek is op soek na goeie gebruikte Afrikaanse kinder CD’s en DVD’s … die verskeidenheid op die winkelrakke is maar karig. Pretoria omgewing of landswyd. Baie dankie! Francois 082 8008 741 devilliers.fs@gmail.com

Ek soek Hapoor en Slurpie deur Cecilia Olivier. Linda Spangenberg e-pos crocuta@mweb.co.za

Ek is op soek na die volgende : Die Uile-reeks geskryf Cor Dirks; die versameling stories oor Bollie en sy maats wat in die tagtigerjare in die Huisgenoot verskyn het; Fanie en Melanie wat ook in die Huisgenoot se middelblad verskyn het; Rooi kanarie hoepelbeen geskryf deur Elsabe Steenberg; die hele reeks van Trompie, die hele reeks van Saartjie, ‘n DVD van Mielie Malie Maantuig (TV reeks wat in die negentiger jare gewys het). Stuur asb. vir my ‘n e-pos as u inligting het na jmretief@iinet.net.au Baie dankie.

Ek is op soek na 'n kleuter storiebundel met 'n klomp verhale in. Ek kan nie die naam onthou nie, maar die eerste storie was oor juffrou muis met prentjies in van haar huis, 'n groot diamantring ens. Daar was ook n storie in oor n papa en seun indiane die Grote sou 'n groot vis vang, en die kleintjie 'n klein vis. Ook 'n storie van 'n seuntjie wat dokter toe moet gaan vir n ondersoek, en nog vele meer. Ek weet dit is maar min, maar ek het die boek besit toe ek vyf jaar oud was in 1970! Is daar dalk iewers iemand wat my n uitgewer of die boek se naam kan gee? Elsje de Bruyn e-pos Elsje@reliancepoultry.co.za

Ek is op soek na boeke van die skrywer J V Elders.Dit is baie ou boeke en is baie skaars.Die Waternimf en Skaakmat is twee van die titels. Hoop daar is iemand wat nog van die ou boeke besit. Groete Elsie Smit e-pos locketts3@tiscali.co.za

Goeie dag, ek wil baie graag Ruiter in swart boeke vir my pa se verjaarsdag koop. Hy verjaar vroeg in Augustus. As daar enige iemand is wat kan help sal ek dit opreg wardeer. Willie du Plessis. My kontaknommer is 0744900974 en my epos is williedp@mweb.co.za. (2010-06-30)

Ik zoek de volgende boeken door W. van der Heide: - Avonture in die Stille Suidsee - Drie Seuns op 'n Onbewoonde Eiland - Die Stryd om die Goudskip Met vriendelijke groet, Marten van Dalen e-pos info@vdp.biz (2010-06-30)

As kind het ek die boeke van Daan Retief Uitgewers gelees en vreeslik geniet. 'n Uitstaande boek was getiteld Die man met die vodde. Ek sal graag hierdie boek vir my seun wil kry want hy is ook vreeslik avontuurlustig. Kan u my moonlik adviseur waar om te begin soek? Groetnis Blackie Swarts e-pos glswarts@telkomsa.net (2010-06-30)

Ek wil graag hoor of enige iemand dalk boeke van Leon Van Nierop het. Ek sal dit baie waardeer as julle my kan laat weet sodat ons kan reël hoe die boeke by my in Thabazimbi kan kom of hoeveel posgeld ek moet betaal. Ek is bereid om vir die boeke ook te betaal. Verder is ek besig om 'n tipe van leesbiblioteek by my te vestig so saam met my teetuin, die boekwinkel en die gastehuis. Daarvoor sal tweedehandse storieboeke wat mense nie meer wil hê nie, goed te pas te kom. Die mense gaan na die teetuin toe kom, 'n boek uitneem en in die teetuin sit en lees. Wanneer hulle klaar gelees het, gaan die boek terug biblioteek toe totdat hulle dit op 'n volgende keer verder kom lees. Groete Luitjé Sel: 083 725 6574 Epos: luitjemulder@absamail.co.za (2010-06-30)

Ek is opsoek na Ingrid Jonker se Rook & Oker en Ontvlugting. Kontak my asb, op tvldir@mweb.co.za (2010-06-30)

Is the Matewis en Meraai series available on DVD, and if so where can I hire it ir buy it Thank you, Heather email her@iafrica.com (2010-06-30)

Ek het nog 'n klompie afrikaanse sagteband storieverhale. Verskeie boeke van die SA Polisie reeks, Swerwer Speurder reeks, Temmers van die Woestyn reeks en enkeles van ander reekse. Kontak my gerus vir 'n lys van al die boeke. Pieter Haasbroek, e-mail: Pieter_hb@hotmail.com Sel: 079 507 4779 en Werk: 021 - 887 4690 (2010-06-30)

My seun praat van 'n boek Kiek en Koebaai. Is daar so 'n boek? Laat weet asb, asook soortgelyke boeke. Hy is 12 jaar oud en is glad nie 'n leser nie. Dit is dus vir my fantasties as 'n sê hy wil 'n boek lees. Marietjie Basson 0835640396 e-pos marietjie@annexkloofwines.co.za (2010-06-30)

Ek soek die volgende Konsalik boeke. Ek kort die drie boeke dan het ek die volledige Konsalik reeks. Liefde in die etensuur, Liefde laat alle blomme bloei, Maskers van die liefde. Ek het verskeie ander Konsalik dubbels, wat ek kan ruil of verkoop. Al my Konsalik boeke het nie al die stofomlae nie, kan iemand my help om dit te kry asb ? Baie dankie Coenraad 0829483995 e-pos oud-volkies@absamail.co.za (2010-06-30)

Ek is op soek na die volgende boeke wat deur Helene Roux geskryf is: 1. Eendag was daar oorlog - Helene Roux (ook Lien Roux-de Jager) 2. Anderkant die berge - Helene Roux (ook Lien Roux-de Jager) Ek sien op julle webwerf dat sy inligting rakende haar agtergrond ens. verskaf het. Ek soek regtig ernstig na hierdie twee boeke. Ek het haar nuutste boek "Emma se oorlog" verskriklik geniet. Is daar dalk 'n moontlikheid om dit op te spoor? Groete Danette e-pos Danna.Smith@resbank.co.za (2010-06-30)

Ek is op soek na die Neels Holgerson. Die Storieeeks of selfs die boeke ook! Sal dit waardeer as iemand kan help of vir my se waar ek dit kan kry? Baie dankie vir die moeite! Alisia Martins 082 817 3964 E-mail:alisia@isoleso.co.za (2010-06-30)

Ek is op soek na die volgende kinderoeke (dit is glo uitdruk uit): Titel van boeke: 1: Potjie en Pretoria (ISBN nommer: 1770072500) ; 2: Potjie en Kimberley (ISBN nommer is: 1770072519) Skrywer: Lynn Bedford Hall Uitgewer: Struik Publishers (Pty) Ltd Datum uitgegee: 28 September 2005 Baie dankie! Johan van Greunen 084 910 1177 086 570 4896 johanvg@lantic.net (2010-06-30)

Ek is op soek na die boek Soek soek opsoek deur Elsabe Steenberg. Dit was my gunsteling boek toe ek klein was en wil dit graag vir my seuntjie kry. Kontak Noelani by 082 775 4983 e-pos Noelani.VanDenBerg@up.ac.za (2010-06-30)

Ek is ook op soek na Pofmuis en Stertjie en Mossie en Baas. Dit was ook my leesboeke op laerskool en sal vreeslik graag hierdie twee boekies wil aankoop indien iemand dalk kan help. Ek sal dit ongelooflik waardeer. Byvoorbaat dankie. Groete Caroline Deyzel Tel : +27 (0) 12 674 7215 Fax: +27 (0) 12 674 7359 Email : carolinede@absa.co.za (2010-06-30)

As kind in die 60's het ek 'n storie gelees oor 1. Hasie en die teerpop en 2. Hok lai. As iemand dalk kan help met afskrifte. Dit is baie kort stories. Hierdie boeke is nie meer in een van ons plaaslike biblioteke nie. Dankie Angie epos:angiefinlayson@telkomsa.net (2010-06-30)

Ek is op soek na ‘n boek van Douwlina Grobbelaar, getiteld: O, Om Ma te wees . Indien enige iemand my kan help om ‘n kopie hiervan in die hande te kry sal ek baie dankbaar wees. Ek is bereid om enige kostes daaraan verbonde te dra. Kontak my by cvanw@lantic.net . Baie dankie! Corniëtte van Wyk (2010-06-30)

Ek soek na Die wêreld oor Sutherland en die Roggeveld ter ere van N.P. van Wyk Louw deur Karel Schoeman uitgegee in 1986. Antoinette Lombard e-pos antoinette@databuild.co.za 082 4460699 (2010-06-30)

Ek is op soek na die boek, Dokter in die huis deur dr. Jan van Elfen. Kan julle my help asseblief. Baie dankie Linza Jacobs e-pos linza@iway.na (2010-06-30)

Ek soek Dr Jenny Sutcliffe se boek - The Body Maintenance Manual - of in Afrikaans Hou jou Liggaam Soepel & Sterk met ISBN no: 0 624 03744 4 Mari van Hoof e-pos petervh@mweb.co.za Cell: 084 855 3733 (2010-06-30)

Ek is opsoek na "Ponie op die vlakte" in die Klein Kadet Reeks asook W.O Kühn se "Die Nagvlieërs", Andre van der Merwe se "Slawe van die Marsmanne" en AG le Roux se Avontuur in die Wildernis. Kontak Marius op marius.fourie@za.pwc.com 083 298 3230 (2010-06-30)

Ek is op soek na die volgende Ena Murray boeke. Is daar miskien iemand wat kan help? Die Meissnier Kliniek en Doktor Julene (omnibus 37), Die Dae van ons Nietigheid (omnibus 40), Keurkring van die Hart (omnibus 38), Die Kluisenaar van Abendruhe (omnibus 4), Huise van Klei & Soekers na die Son (omnibus 33), Waneer die Nuwe Dag Breek (omnibus 36), Twee Paaie na Khuana (omnibus 22), Soos ons ook Vergewe, Liefste Koos. Maddie. e-pos heg@telkomsa.net (2010-06-30)

Ek is op soek na die volgende Ena Murray sagteband omnibusse:1, 2, 3, 4, 6, 7 en 10. Ek is besig om die boeke te versamel. Kontak my by ilsiecoetzee@gmail.com Dankie (2010-06-30)

Ek is asb opsoek na die volgende boeke.
MAAGD VAN DIE SEE - PRONK
no 2 Skat onder die palms , 7 Seerowers vel die vonnis.
RAMALA - PIONIER
no 6 Die gevaarlike spoor, 28 Bondgenoot van die nag, 30 Die lokval.
Ruiter die baasspeurderreeks -ALEXANDER MOOLMAN -no 4 Die bose geeste.
MANKMANNETJIE REEKS no 3,4,6. -CASPER H MARAIS.
SWERWERSPEURDER REEKS -PRONK
no 1 Ruiter in die woud, 3 Met n druppel wyn, 14 Kiem van die dood.
WOESTEWESTE REEKS -LAURIE KOGH - MIMOSA UITGEWERS
Koning van die woeste weste, Man met die silwer ster.
ANTON DE WET REEKS - FRANS GERICKE
Die sluipende dood, Die mynramp, Grynsende skedels, Kettings van die Kremlin.
PERDEDIEF REEKS -JOOP LE ROUX
Basjan Taaiman, Dawerende Hoewe, Veerowers van Arendsnes, Bloedspoor.
WATERLELIE REEKS -VERSKEIE SKRYWERS no 3,4,6,8,12,13,14,15,16,18,19,21,,,,,,,,,,,,
Byvoorbaat dank
JAN NELL
0837922623
jannell@telkomsa.net (2010-06-30)

Ek het in graad 2 op laerskool boekies gelees oor muise wat onder die grond in tonnels gebly het en graag vetkoek geeet het. As ek reg onthou was dit Pofmuis. Waar kan mens hierdie ou boekies in die hande kry? Surette Warnich e-pos warnis@unisa.ac.za (2010-04-05)

Ek is graag opsoek na die ou Baas en Mossie, Sus en Daan boeke asook ou Afrikaanse laerskool lees en leer boek van die 1960 tot 1970s (Die Boekies se omslag het gewoonlik twee kleure gehad, wit onder en ander kleur bo) Kontak my asb by 0825543010 of , clemonskoch@gmail.com (2010-04-05)

Ek soek asb F.A. Venter se boeke oor die Groot Trek daar is vier van hulle. Geknelde land, Offerland, Gelofteland en Bedoelde land. Kontak my gerus. Nickdreyer7@gmail.com

Ons is op soek na hierdie boekies vir 'n leesreeks vir ons Graad 5 - 7 Afrikaans Tweede Taal leerders. Die boekies is oorspronklik deur Tafelberg Uitgewers uitgegee. Ek het hulle gekontak en die boekies is nie meer in druk nie. Die boekies het eerste verskyn in 1959, daar is geen ISBN nommers. Die reeks bestaan uit 6 boekies: Boek 1 - Huppelkind Boek 2 - Huppel maak 'n plan Boek 3 - Wip - Huppel - Wip Boek 4 - Vrolike Huppelkind Boek 5 - Huppel by die Water Boek 6 - Huppel verjaar. Baie dankie Lenie e-pos primary@tompeo.co.za (2010-04-05)

Ek soek asb. na die volgende boeke:- Ware Suid Afrikaanse Moordverhale (Johan van der Post), Suid Afrikaanse Moordverhale (Johan van der Post), Te laat vir trane (Benjamin Bennet), Die bewyse was dodelik (Benjamin Bennet). Ek is ook besig met ons De Jager familieregister en sal enigiets wat moontlik daarmee kan help baie waardeer. Dit lyk my ons familie kom uit die Bethal Morgenzon omgewing. Is bereid om te koop. Indien u kan help kontak my asb. by frikdej@telkomsa.net (2010-04-05)

Ek is opsoek na die volgende ou boeke 1. Die Bieliebalies van Dolf van Coller 2. Die Serfonteinkinders van Theunis Krogh 3. Die Boggelman van Boskloof deur Nellie Botha 4. Die Skimme van Seesonderend van Nellie Botha 5. Die Eenoogverkenner van A. du Biel 6. Kringloop van die Lewe van Susanna M. Lingua 7. Takbokkop se Speuders van Ben Conradie 8. Dieprivier se Monster van Ben Conradie 9. Die Heks van die Hooimied, 'n ou kinderstorie. Ek dink die skrywer was Lulu Latsky maar is nie seker nie 10. Wierook en Mirre - Skrywer onbekend. Speel af in die volstruisveer-tydperk 11. Die Waternimf - J van Elders Enigiemand wat kan help, kan my kontak by annettekotze@gmail.com (2010-04-05)

Ek soek na die boek Die arkbouer geskryf deur ADRIAAN SNYMAN. Anton hcut@telkomsa.net of hcrop@telkomsa.net (2010-04-05)

Ek het 'n reeks bybelboeke wat in 1969 uitgegee is. Die Bybel vir ons kinders reeks 1 - 40. Geskryf deur Dr J L de Villiers en Mev Helene de Villiers en uitgegee deur Human en Rousseau. Ek het die volledige reeks gehad, maar van die boeke het weggeraak met 'n trek. Ek is op soek na die volgende nommers: 2 - 8 -13 - 19 - 21 - 30 - 33 - 34 - 35 - 36 - 38 Ria Viljoen e-pos riaviljoen@vodamail.co.za (2010-03-14)

Ek is op soek na die Swart Luiperd reeks (Pronk Uitgewers) en Rooi Jan (APB/Pronk Uitgewers) asook die jeugtydskrif Patrys. Ek het duplikate van Swart Luiperd en Rooi Jan en sal dit ruil vir boekies wat ek kort. Sal ook betaal vir die boekies wat ek kort. Lukie Carelsen 083 4472063 of epos lukie.carelsen@yahoo.com (2010-03-14)

Ek is op soek na ‘n rolprent van die sestiger jare. Die naam is Debbie, die twee hoofrolspelers was Leon le Roux wat vir ‘n dokter geswot het en Suzaan van Oudshoorn wat ‘n student was en swanger geraak het en haar baba vir aanneming gegee het. Ek weet nie wie het die rolprent gemaak nie. Ek wal baie bly wees as iemand vir my kan help! Baie dankie Ronel Loock e-pos Ronelloock@gmail.com (2010-03-14)

Ek is op soek na die Wielie Walie reeks, asook die Kinders van die Wereld reeks. Kontak my asseblief by dirksmith@westnet.com.au. (2010-03-14)

Ek soek na die boek van die lewe van Ge Korsten Beeld van 'n tenoor-fotoboek deur Sebastian Pistor. Anton e-pos hcut@telkomsa.net (2010-03-14)

Ek is op soek na 'n boek wat ek op laerskool tussen 1987 en 1993 gelees het. Die boek het gehandel oor monsters en gediertes. Dit was 'n kleinerige hardeband boekie met 'n "Loch Ness" tipe monster wat afkyk op 'n ou wat visvang in 'n klein bootjie op die omslag. Ek is ook op soek na die volgende boeke: 1. Enige boek uit die Fritz Deelman reeks deur Leon Rousseau wat in of die laat 1950's of die laat 1970's uitgegee is. Die boek moet sy oorspronklike stofomslag he. 2. Enige of alle van die volgende boeke deur Douglas Hill (in Afrikaans vertaal deur Jan Schaafsma in die 1980's): Die Jagter; Krygsheer van die Woesteny; Vreemdeling Vesting; Die Legioensoldaat; Slagvleuel oor Veynaa; Dag van die Sterrewind; Planeet van die Krygsheer. 3. Kies jou eie avontuur-reeks, 1982-1983: Die Geheim van Burgershof ( vertaal deur Annatjie Louw); Met 'n Ballon oor die Sahara (vertaal deur Awie Bosman); Jou Kodenaam is Jona (vertaal deur Lillian Erwee) Avonture onder die See (vertaal deur Johnita le Roux); Die verlore Juwele van Nabooti (vertaal deur Lillian Erwee); Die Geheim van die Majas (vertaal deur Carol v/d Merwe). Kontak my by herholdtrobertson@bigpond.com of +61 44 8951328. (2010-03-14)

Ek wonder of julle my dalk kan help, ek is opsoek na 'n groot foto van hom en dan wil ek weet wie het Dr. Konrad in die swart en wit boekies gespeel. Baie dankie, Ivandrie e-pos wannie@worldonline.co.za (2010-03-14)

Ek is opsoek na Ena Murray se Omnibus 2 en 34. Kontak my asseblief by zinto@mweb.co.za. (2010-03-14)

Ons het 'n boekklub gestig vir 'n groep tuisskool kinders om 'n liefde vir boeke te skep. Ons wil graag 'n toneelstuk met hulle opvoer en weet nie waar om te soek vir 'n toneelstuk vir sowat 8-10 kinders tussen die ouderdomme 5 - 9. Baie dankie Gerna de Bruin e-pos frandebruin@lantic.net (2010-02-21)

Ek is op soek na toneelstukke vir laerskole. Kan u dalk help asseblief? Groete Susan e-pos boesan@vodamail.co.za (2010-02-21)

Ek is op soek na moderne, eietydse toneelstukke in Afrikaans wat deur laerskoolkinders opgevoer kan word. Ek kan geen sulke bundels opspoor nie. Kontak asseblief Elize van Wyk by elizevanwyk1@mweb.co.za (2010-02-21)

Is daar 'n manier waarop 'n mens 'n eksemplaar van Marietjie de Jongh se "Braam en die Engel" in die hande kan kry? Ek wil dit graag aan 'n Duitser stuur wat besig is om Afrikaans onder die knie te kry. Groete Prof Ernst Kotzé e-pos ernst.somerstrand@gmail.com (2010-02-13)

Ek woon in Holland. Ek het in RSA geleer om te lees met Baas en Mossie. Ek wil graag 1 of meer hiervan koop. Wie help my? Erik. lichte1-t@telfort.nl (2010-02-13)

Gesoek: Die Buiter deur Gerrie Radloff. Enige toestand. L. Swanevelder. e-pos swanel@eskom.co.za (2010-02-13)

Ek soek ‘n boek met die naam : Die mooiste plek. Ek weet ongelukkig nie wie die skrywer is nie, maar dis defnitief ‘n vertaling. Ek het dit in die 70’s gelees. Dit gaan oor ‘n seun en sy donkie wat saam met ‘n sirkus reis. Enige inligting sal waardeer word! koen@mweb.co.za Gerda Koen (2010-02-13)

Ek is op soek na die volgende boek LAFRAS CUYPER IN VENESIË deur Karl Kielblock. Dankie Andries Trahms adtrahms@gmail.com 0824517482 (2010-02-13)

Howzit from a Rooinek in Rome - I am looking for any of the photo-storybooks (fotoverhale) which were (somewhat) popular in South Africa during the 70s and 80s (for example, Tessa, Ruiter in Swart etc). If you have any laying around in a box in the gargage (and which are in reasonably good condition), I'd be happy to discuss perhaps purchasing them off you (including paying for the postage) - depending on the "theme". I am particularly interested in the Tessa series (my Italian wife does not believe South Africans could produce a photo-storybook of a woman in a bikini running around the bush fighting terrorists and I'd like to give her proof...! Frankly, it does have to be seen to be believed!!). To discuss offers and details, I can be contacted on: myayryky@hotmail.com. Baie dankie! Mark Bennett (2010-02-13)

Ek is dringend op soek na Die wit kraai van A de Villiers. Indien enige iemand weet waar ek dit kan kry, kontak my asb. Groete Unica Meyer e-pos unica.meyer@gmail.com 076 144 3234 (2010-02-13)

EK soek `n boek wat Douw Steyn uitgegee het in 1980 met die title “God se plan met Suid Afrika”( Tanya Trust) My besonderhede: Louis Blaauw Epos: louisblaauw@cwnet.co.za Sel: +27723295883. (2010-02-13)

Ek soek na n storieboek van die skrywer M Strydom. Die titel is Vierde suster. Sal so bly wees as iemand my dalk kan help. engelag@gmail.com (2010-02-13)

Ek besit heelwat Afrikaanse hardeband storieverhale, met skrywers soos PH Nortje, Fanus Rautenbach, FA Venter, Gerrie Radloff, Mikro, Cor Dirks, Braam le Roux, PJ Schoeman, Johan vd Post, CF Beyers Boshoff, R. Hendriks, Meiring Fouche en vele meer. Kontak my gerus vir 'n lys van al die boeke. Pieter Haasbroek, e-mail: Pieter_hb@hotmail.com Sel: 079 507 4779 en Werk: 021 - 887 4690 (2010-02-13)

I have a book "Pat's Kitchen Helper" by Pat Barton. ISBN 0 7981 3531 X published in 1996 by Human & Rosseau (Pty) Ltd I am looking for more copies of this book - PLEASE help. It is one of the most useful books I have bought myself. Thanking you in anticipation Sue Fitzpatrick e-mail geosue@telkomsa.net (2010-02-13)

Ek het nog 'n klompie afrikaanse sagteband storieverhale beskikbaar, van verskeie ou reekse soos SA Polisie, Ramala, Temmers van die woestyn reeks en andere. Kontak my gerus vir 'n lys van boeke met elk se prys. Pieter_hb@hotmail.com en sel: 079 507 4779 (2010-02-13)

Ek is op soek na die volgende boeke van JOHAN van der POST 1.Die Maltese Kruis 2.Die vyand in ons midde 3.S A Moordverhale no 5. 4.Die duiwel koop n siel 5.Telg van die duiwel 6.Die vloek van satan 7.Hulle bemin haar kruis 8.Beaclerk Upington advokaat 9.Wee haar liefde 10.Die vloek van Jasa 11.Die hart van Jesebel 12.Agter die masker 13.Op die spoor van die rampokkers 14.Hy was my broer. ADRIAAN ROODT 1.Beskermer van die berge 2.Wrede hartstog 3.Kom wees my beminde 4.Lelie straat 24 5.Die bleek man. DONALD FOUCHE 1.Ek hou van n man 2.Huis van mismaaktheid. 0837922623 jan.nell@absamail.co.za (2010-02-13)

Ek is opsoek na die boekies getiteld "Fantastiese verhale uit die Griekse mitologie" deur Pat Postner. Ek het op die Kalahari webwerf gesoek maar hulle het dit nie. Enige idee waar ek dalk die boekies kan opspoor? Byvoorbaat dankie Adriana Vorster e-pos merrik@cyberserv.co.za (2010-02-13)

Ek soek: Wenresepte 3 Sal julle vergoed vir boek en posgeld. Amari Augustyn sel 0823495779 amari@whalemail.co.za (2010-02-13)

Dringend op soek na Valkuns van Steve Hofmeyer om te koop al is dit tweedehands Groete Johanna e-pos pottie@kingsley.co.za (2010-02-13)

Ek is dringend op soek na die kinderboek: Fransina vark en die Dagbreek Hotel, skrywer Mari Groenewald. Ek hoop iemand kan my help. Kontak my gerus by anriham@yahoo.com of 082 899 9350 (2010-02-13)

Kan iemand dalk help ons soek na die boeke van Rodney Seale Dankie Anton en Zelda 0829517036 caa1@telkomsa.net (2010-02-13)

Ek is op soek na ou Suid-Afrikaanse geskiedenis boeke en Afrikaanse helde boeke. Ek is ook op soek na die reeks tydskrifte wat in die 60/70/80's te koop was. Ek weet nie wat die tydskrif se naam was nie, maar soos ek van my pa kan aflei het dit gegaan oor die kinderbendes se wapen en wat dit beteken, ens. Ek wil graag vir my pa die tydskrifte kry as geskenk. Marietjie Scholtz e-pos marietjie0310@gmail.com (2010-02-13)

Kan iemand dalk help ons soek na die volgende reeks boeke Die vistermanne van J A Luckhoff. Dankie Anton en Zelda 0829517036 caa1@telkomsa.net (2010-02-13)

 

Soek jy 'n boek?

Dalk kan iemand help om dit op te spoor.
Stuur die besonderhede na helpmekaar (helpmekaar@storiewerf.co.za).
Laat weet asseblief as die soektog suksesvol was sodat die boodskap weer verwyder kan word.

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2011