|
Carina Diedericks-Hugo
Carina
is 'n uitgewer en is self 'n jeugboekskrywer. Sy het reeds
talle kreatiewe skryfwerkswinkels aangebied by o.a. kolleges
en skole. Sy tree gereed op as spreker en beoordelaar. Vir
nadere inligting kontak haar by diecarina@hotmail.com of 084
359 1072. Meer oor
Carina.
 
Miemie du Plessis
Miemie
is die kinder- en jeugboekuitgewer by LAPA Uitgewers.
Een van
haar take is om die lees van kinder- en jeugboeke te bevorder.
Sy praat gereeld met ouers/onderwysers/bibliotekarisse oor
die belangrikheid van lees en hoe kinders se belangstelling
in lees geprikkel kan word. Sy bring hulle ook op hoogte van
die beste kinder- en jeugboeke wat tans op die mark beskikbaar
is en voorsien hulle van leeslyste vir spesifieke ouderdomsgroepe.
Miemie
is beskikbaar om as spreker op te tree in Pretoria, Johannesburg
en enige ander plekke in en rondom Gauteng.
Kontak
vir Miemie by (012) 401-0700
e-pos: miemied@atkv.org.za
 
Franci Greyling
Franci
Greyling is 'n dosent in Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit. Sy kan genader
word om werkswinkels en kort skryfkursusse aan te bied. Meer
oor Franci. franci@storiewerf.co.za  
Aldré Lategan
Aldré
is verbonde aan die uitgewer Human & Rousseau waar sy verantwoordelik is vir
kinder- en jeugboeke. Sy kan gekontak word om per geleentheid as spreker op te
tree. alategan@humanrousseau.com
 
Janie Oosthuysen
Janie
Oosthuysen is 'n skrywer en vertaler van kinderboeke. Sy bied
'n afstandkursus vir die skryf van kinderboeke aan.
Die kursus word per e-pos aangebied en strek oor tien maande
en nege modules. Elke module lei tot 'n werkstuk wat verband
hou met die module en met die student se storie. Navrae kan
gerig word aan Janie Oosthuysen by janie@skryfgeheime.co.za
www.skryfgeheime.co.za
 
Mia Oosthuizen
Mia Oosthuizen spesialeer in kinderliteratuur. Sy woon in die Kaap en is beskikbaar vir enige vryskutwerk, resensies en dies meer. Kontak haar by (s) 072 242 3523, (h) 021 976 0462, (epos) mia.stander@gmail.com of miaoosthuizen@gmail.com.
 
Louise Prinsloo
Louise
Prinsloo is 'n skrywer van spookstories. Sy woon in Pretoria en is beskikbaar
om gedurende skoolvakansies te gesels oor spookstories, haar eie skryfwerk en
skryfwenke. Meer oor Louise. Kontak
haar by daanprin@iafrica.com  
Lien Roux-de Jager
Lien
is 'n skrywer van jeugboeke. Sy is beskikbaar om in Pretoria en omgewing oor haar
eie skryfwerk en skryfwenke te gesels. Meer
oor Lien. Kontak
haar gerus by jolien@mweb.co.za  
Riana Scheepers
Dr. Riana
Scheepers is die hoof is van die Stellenbosch Skool vir
Skryfkuns en Kreatiewe Denke. Vir verdere besonderhede
oor kursusse, inhoud, tydsduur en tariewe kontak haar per
e-pos: rianas@mweb.co.za. (Meer
oor die kursus in skryfkuns en kreatiewe denke) Meer
oor Riana.
 
Solet Scheeres
Solet
bied drie keer 'n week 'n Afrikaanse storie-uurtjie by haar huis in VictoryPark,
Johannesburg aan. Die groepe wissel van kleuters tot graad 0-3 kinders. By die
storie-uurtjies vertel sy stories, lees stories voor uit boeke en lees gedigte.
Daar is ook tyd vir vryspel en sosialisering in haar tuin na die tyd. Sy gee ook
handige wenke aan ma's om hulle kinders aan te moedig om te lees. Die
doel van die storie-uurtjies is legio maar hier is 'n paar redes waarom jy jou
kind moet bring: om die wonderwêreld van stories en gedigte te ontsluit,
om luistervermoë te ontwikkel, om 'n liefde vir lees te kweek, om te help
met taalontwikkeling; en om verbeelding te stimuleer ensovoorts. Die Storie-uur
is die een plek waar daar geen eise aan jou kind gestel gaan word om te presteer
nie - jou kind kan net ontspan en vreeslik geniet! Solet
is ook beskikbaar om by ouerleidinggroepe en leeskringe oor kinderliteratuur en
die bevordering van lees te praat. Solet was 7 jaar lank verbonde aan die SAUK
waar sy hoofsaaklik programme oor lees en boeke aangebied en vervaardig het.
Sy skryf deesdae en het o.a. 'n jeugreeks, Klub 17, die lig laat sien. Solet is
beskikbaar om as spreker op te tree in Pretoria, Johannesburg en enige ander plekke
in en rondom Gauteng. Meer oor Solet.
Kontak haar gerus by Scheeres@iafrica.com of 011-888-7139 of 082 680-9060
 
Betsie van der Westhuizen Betsie
van der Westhuizen is 'n dosent aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.
Sy geniet navorsing oor die verbande tussen Afrikaanse en Nederlandse kleuter-,
kinder- en jeugliteratuur, asook taaletiek en die bevordering van kleuter-, kinder-
en jeugliteratuur in Suid-Afrika as multitalige land. Kontakbesonderhede:
Betsie van der Westhuizen Vakgroep Afrikaans en Nederlands Skool
vir Tale Fakulteit Lettere en Wysbegeerte Noordwes-Universiteit
Potchefstroom-kampus Potchefstroom 2520 Tel.: 018 2991491 Faks:
018 2991562 E-pos: afnesvdw@puknet.puk.ac.za  
NALN
Vir
inligting oor Afrikaanse skrywers kontak NALN - die Nasionale Afrikaanse Letterkundige
Museum in Bloemfontein. Hulle kan help met navrae oor letterkunde, musiek en toneel.
Kontakbesonderhede: Tel: 051 405-4034. Privaatsak X20543, Bloemfontein,
9300. E-pos: naln@sac.fs.gov.za  
Skryfkursusse
Wil
jy graag skryf? Die ATKV-Skryfskool by die Noordwes-Universiteit
(PUK)
is net die plek om by aan te klop. Die Skryfskool bied 'n
wye verskeidenheid kursusse aan. Kontak: Kobie van Aswegen
(018 299-1783) Lees
meer.
Skryfkuns
as graadvak. Het jy geweet
dat Skryfkuns as 'n vak by die Noordwes-Universiteit (PUK) aangebied word?
Lees meer hieroor.
Volg
'n kursus in skryfkuns en kreatiewe denke
aangebied deur dr Riana Scheepers, bekende en bekroonde skrywer
in Afrikaans. Die klasse word aangebied in die historiese
opstal op De Compagnie, Wamakersvallei, Wellington. Lees
alles hieroor.
Janie
Oosthuysen bied 'n afstandkursus vir die skryf van kinderboeke
aan. Die kursus word per e-pos aangebied
en strek oor tien maande en nege modules. Elke module lei
tot 'n werkstuk wat verband hou met die module en met die
student se storie. Navrae kan gerig word aan Janie Oosthuysen
by janie@skryfgeheime.co.za
www.skryfgeheime.co.za
'n
Halwegstasie vir kunstenaars. Skrywers en kunstenaars van alle soorte word
genooi om te kom arbei/oorbly in die Sir Laurens van der Post Kunstenaarshuis
op Philippolis wat onlangs geopen is. Meer
oor dié opwindende projek.  
E-poslyste
en verenigings vir boekmense
E-poslys
vir Kinderlektuur. Belangstellende in kinderlektuur word genooi om aan te
sluit by 'n besprekingsgroep. Die administrasie word gedoen deur die Sentrum van
die Boek in Kaapstad. Skryf aan cln@nlsa.ac.za
om by die poslys aan te sluit. E-poslys
vir boekmense. Die doel van dié groep van Die Sentrum van die Boek
is boekmense by mekaar uit te bring. Om by die groep in te skakel, stuur 'n epos
aan books@nlsa.ac.za en vra om aan te sluit (subscribe). Die kontakpersoon is
Colleen Higgs. Suid-Afrikaanse
tak van die SCBWI gestig. The South African Branch of the SCBWI (Society of
Children's Book Writers and Illustrators) is up and running. Marjorie van Heerden
puts the objectives and strategies of the South African branch in perspective.
Besonderhede in Dinkskrum.
Stuur
'n e-pos aan die volgende adresse en vra om op hul verspreidingslyste geplaas
te word: SCBWI
nuusbrief: list@scbwi.za.org Books
nuusbrief: books@nlsa.ac.za CLN
nuusbrief cln@nlsa.ac.za The
Write Company info@thewriteco.co.za Velletjies
nuusbrief bentakom@absamail.co.za Booknews
info@booknews.co.za  
Is
jy 'n skrywer of kenner? Kontak
Storiewerf om jou besonderhede op hulpbronne beskikbaar te stel. hulpbronne@storiewerf.co.za
|