Hoofstuk
2 Petri haal sy hande van die sleutelbord af. Iets pla.
Bianca moes al lankal by die huis gewees het … Hy
bestudeer die skerm voor hom. 'n Sin wat in neongroen gloei, trek sy aandag: Riglyne
vir hoofstuk 2. Hy kies dit. 'n
Skermpie verskyn in die een hoek. Dis soos 'n rolprent wat afspeel: Bianca
kom by sy kamer in. Sy raak aan die muis by sy rekenaar. Skielik gaan al die ligte
uit. Die skerm begin gloei en die volgende oomblik verdwyn sy, deur die skerm!
Bianca sit binne-in 'n webwerf: www.mafia.com. Petri
bewe van kop tot tone. Vervaard begin hy tik. Die
rekenaar kry weer lewe. Woordeloos kyk Petri hoe die muis vanself begin beweeg.
Hy gril hom morsdood. Een van die sinne wat hy getik het, word geonderstreep.
Ná hy die formule klaar ingetik het, begin die rekenaar bewe. Dan
kry Petri 'n snaakse gevoel, byna asof hy in 'n miljoen stukkies opgebreek word
en in die lug dryf. "Oef!"
Hy maak hard met moeder aarde kennis. Half bedwelmd kom hy orent. Goeie genade!
Aan sy regterkant loop daar 'n glasmuur. Hy kan sy kamer deur die glas sien ...
Hy is binne-in die rekenaar! Kalm
bly. Dis tog wat hy ingetik het. Hy kyk om hom heen. Oral staan hoë geboue. Die
lug is 'n snaakse grys en hy kan geen teken van son sien nie. Bianca is hier êrens.
Hy weet dit. Hy
staan nog so, toe 'n swart motor langs hom stilhou. 'n Man in 'n swart pak spring
uit. Hy het 'n sonbril op en het 'n geweer in die hand. "You,
boy!" sê hy en wink Petri nader. "Oor
my dooie liggaam!" roep Petri uit. "Don't
you understand me? Come here." Petri
staan vasgenael en kyk hoe die man naderstap. "Where is it?" vra die man in sy
gesig. Sy asem ruik na sigarette. Dan
tref iets die man met 'n vreeslike vaart. Hy verloor sy balans en slaan neer.
Iemand gryp Petri aan sy kraag en sleep hom saam. Eers
'n paar blokke verder kom hy agter wie dit is. "Bianca!" "Bly
stil en hardloop, Petri. As hulle ons nou kry, is ons so goed as dood!" In die
hardloop verduidelik sy: "Dis die mafia. Hulle soek ons bloed." "Wag
nou. Die mafia? Ons bloed? Wat máák ons hier?" Sy
tweelingsuster hyg na haar asem. "Dis jou simpel rekenaar se skuld. Maak leeg
jou sakke." Hy
frons, maar gehoorsaam. Tien pakkies wit poeier val uit. "Wat? Hoe op aarde -"
"Dis
dwelms, boetie. Jy het dit so ingetik." "Ek
het nie!" "Jy
het ingetik: Petri gaan haal Bianca in die webwerf, maar daar loop hulle hulle
in groot moeilikheid vas. Gelukkig weet hulle hoe om uit te kom. Jy
het so min detail gegee, die rekenaar het self besluit wat ons 'moeilikheid' gaan
wees." Sy staan hom hande op die heup en aankyk. "Kom. Ons moet wegkruip."
"Jammer,"
sê hy. "Ek het nie gedink nie." "Jammer gaan ons nêrens kry nie. Ek sal jou later
alles vertel. Nou moet ons eers …" Daar
is die gebrul van 'n enjin. Dis die swart motor en dit skree tot stilstand langs
hulle. Die man spring uit. "Now you are both dead meat," grinnik hy. Wat het hy
in sy hand - 'n spuitnaald? |