2 Marius
skuif stadig vorentoe
Hy weet nie of hy té na aan die rekenaar moet
kom nie. Nie nadat die muis netnou uit sy hande geruk is nie. Netnou gebeur daar
nog iets as hy aan die sleutelbord vat. Maar Erik het nou al drie keer gevra of
hy hom sal help. Miskien moet ek net vinnig die antwoord tik, besluit Marius.
En dan sit ek die rekenaar af.
Hy
sit sy vingers op die sleutelbord en tik vinnig:
Toe,
skielik, breek daar 'n aaklike skree-geluid uit die rekenaar los. Marius val agteroor
op sy stoel. Sy hart jaag in sy borskas. Sy rekenaarskerm begin sommer vanself
in die rondte te tol, maar knoop dit self vas in die kragkabel. Die skree-geluid
verander nou in 'n onaardse brul wat deur die vloer beweeg en die lessenaar laat
ruk.
Toe
is dit stil. Nie 'n geluid kan meer gehoor word nie.
Marius
sit versteen. Hy was nog nooit so bang in sy lewe nie. En asof dit nie genoeg
is nie, hoor hy nou iets buite sy kamervenster
Hy kyk na regs en sien dat
die wêreld buite in 'n digte mis gehul is. Marius weet nie wat dit kan beteken
nie, maar hy kry 'n gevoel dat dit niks goeds kan wees nie.
Hy
moet hulp gaan soek
Dadelik!
|