|
Die speurder staan by die hek terwyl tant Ella die stoep afvee.
Sy loer onder haar hand deur met die besem in die ander. "Goeie
more, mevrou," sê die speurder met verdwaasde uitdrukking
op sy gesig.
"Van
der Leq," sê tant Ella, "en wat bring u vanmôre
hier en met u Sondagpak op 'n Dinsdagoggend."
Die
speurder kyk na haar met 'n kalm gesig. "Ek is meneer van Rooi
en ek is hier om die dood van Kêns Atta te ondersoek."
Ella
se gesig is onmiddellik spierwit. "O, kom binne, meneer van
Rooi." Sy lei hom na die sitkamer waar sy vir hom 'n koppie
tee aanbied.
"Rooibos,
asseblief."
Sy
loop uit kombuis toe en kom uit met 'n skinkbord met twee koppies
en 'n ketel.
"Ek
verstaan Kêns Atta was u dogter."
'n
Doodse stilte heers vir 'n kort oomblik.
"Ek
verstaan ook dat sy per ongeluk omgestamp is deur 'n pers bakkie
naby die Dooie Vallei."
Ella
kyk nou op. "Pers is my gunsteling kleur," sug sy dramaties.
"Dit is wat Atta altyd gesê het." Sy kyk na meneer
Van Rooi met trane in haar oë en prewel met 'n bewerige stem.
"Ek glo nie vir een oomblik dat sy per ongeluk omgestamp is
nie - sy is omgestamp en daar is oor en oor bo-oor haar gery. Daar
is baie merke op die pad, maar haar lyk is nooit gevind nie."
Die tweede week is verby en meneer van Rooi het al vir almal ondervra
en het minder inligting gekry as waarop hy gehoop het.
"Het
meneer al vir tant Sinty ondervra? Sy kan glo spoke sien,"
sê mevrou Pandoor.
"Mevrou,
ek kan vir u stories vertel van daai Dooie Vallei, wat my moeder
in haar graf sal laat omdraai," sê tant Sinty later.
"Ek weet dat daar 'n getroude paartjie met 'n pers bakkie verongeluk
het toe hulle iemand omgestamp het en toe af in die vallei gery
het en almal wat daar vermis word verdwyn sonder 'n spoor.
*
"Mamma, wat het die speurder toe gedoen?" vra die dogtertjie
terwyl haar ma die storie van die Dooie Vallei vertel.
"Wel,
my kind, hy wou toe nie vir tant Sinty glo nie en het toe self gaan
kyk wat hy daar kan kry as bewyse. Na verneem het die volgende met
hom gebeur. Hy het met groot oë gekyk toe twee skerp ligte
na hom toe kom. Hy het ook net verdwyn. . ."
Die
kind kyk na haar ma met groot oë en vra: "Wat het toe
gebeur, mamma? Ek kan nie wag nie."
Haar
ma vertel verder met opwinding in haar oë. "Wel, nadat
tant Sinty vir hom gesê het dat niemand ooit weer daar gevind
is nie, besluit die speurder om weg te spring en rol toe af in die
Dooie Vallei en bevind homself toe in 'n grot wat nooit in die dag
gesien was nie. Meneer van Rooi het toe besluit om die grot te ondersoek
en omdat sy flits 'n bietjie swak was het dit maar stadig gegaan.
Toe meneer Van Rooi water sien drup besef hy eers dat hy ondergronds
was en besluit toe om verder in te gaan. Hy hoor toe stemme en.
. ."
"-
en toe, mamma?" vra die dogter.
"Die
volgende dag kom meneer Van Rooi op die plaas aan met al die mense
wie verdwyn het. Vanaf meneer Bossie, tannie Pillie tot by Kêns
Atta en hy het toe uitgevind dat Mal Stompie, die man wat glad nie
mal is nie, agter alles gesit het. Hy het tronk toe gegaan daarvoor,
maar baie mense sweer tot vandag nog dat hulle die pers bakkie sien
ry by die Dooie Vallei en hulle sweer dat hulle iemand hoor skree
en dan is die bakkie weg. Tot 'n volgende keer. . ."
|