|
Esther Brink kyk na haar groot liefde en nuwe man. Hy glimlag vir
haar. Hulle is oppad na hul nuwe huis. Paul het die huis as 'n verrassing
gekoop, so sy gaan dit nou vir die eerste keer sien.
"Hier
is ons," fluister hy. Die huis het baie verander vandat sy
dit laas gesien het, maar sy herken dit dadelik.
"Paul!
Dis die huis waarin ons gebly het voor my ma-hulle verdwyn het!"
roep sy. Sy was maar vier jaar oud toe haar ma en pa saam gaan eet
het. Hulle het nie weer terug gekom nie. Niemand het hulle ooit
weer gesien nie. Sy is groot gemaak deur die buurvrou, Josephine.
Hulle het getrek na 'n ander buurt toe.
Sy
kyk op na die ou huis. Sy onthou hoe hulle vir dae lank na haar
ouers gesoek het. Skielik gaan daar 'n koue rilling teen haar nek
af. Verbeel sy haar, of is daar iemand in die venster? Sy knip haar
oë. Dit moes seker die lig gewees het.
"Esther,
is jy ernstig? Ons het hier langsaan gebly, voor... toemaar. Ons
het ook op 'n stadium langsaan gebly," sê Paul, alles
in een asem.
Sy
draai om. Sy besef dat sy nog nooit vir Paul se ma-hulle ontmoet
het nie. Nie eers by hul troue nie. Sy maak haar mond oop, maar
besluit om stil te bly. Hulle gaan in. Die binnekant is presies
soos sy dit onthou. Selfs die vuurherd. Sy krap in haar handsak,
en kry die enigste foto wat sy van haar ma en pa het uit. Sy sit
dit op die vuurherd.
*
Sy en Paul het min meubels, so hulle pak gou alles uit. Teen aandete
(pizza), gaan lê hulle op hul bed. "Paul, ek is mal oor
hierdie huis," sê sy vir hom.
"Ek
ook!" verklaar hy. Sy hou sy hande vas. Sy is gewoond daaraan
dat hulle so koud soos ys is. Paul raak aan die slaap. Esther is
net op die punt om dieselfde te doen, toe sy voetstappe hoor. Sy
stap in die gang af, en hoor geluide wat uit haar ou kamer uit kom.
Sy luister by die deur.
"Haar
ma en pa is weg... Nou vir die laaste skuldige."
Esther
wil omdraai, maar sy stamp die deur oop. Sy sien die mens wat praat.
Dis Josephine.
"Jy,"
rasper Josephine. Josephine lewe nog, dis duidelik. Ester het gewonder
wat het geword van haar toe sy weggeloop het van die huis af.
"Jy
moet betaal." Sy kom nader. "Jy weet ek het hier langs
jou ma-hulle gebly," fluister Josephine toe sy vir Esther plat
teen die muur druk. "Een aand het ek en my seuntjie buite gesit.
Hy het sy bal in die straat in gegooi. Hy hardloop toe om die bal
te kry, en toe jaag jou ma-hulle oor hom," rasper die vrou.
Sy lig 'n mes op. "My seun was dadelik weg. Ek het jou ma-hulle
gekry om in my huis in te gaan. Daar het ek hulle vermoor. Ek het
hulle, daar ander kant in die woud begrawe."
"Het
jy 'n seun gehad?" wurg Ester dit uit.
"Ja,
sy naam was Paul. Paul Brink," fluister Josephine vir Esther
se lewelose liggaam. Die bloed vlek die houtvloer waar Esther as
kind saam met haar ma en pa gesit het...
|